Opvoedkunde

Een van die hooffokusse van die Fakulteit is onderwysersopleiding. Dit word, onder andere, bereik deur ons twee B.Ed.-programme:

B.Ed. Grondslagfase-onderwys: Die hoofdoel van hierdie vierjaarprogram is om onderwysers vir die Grondslagfase (graad R tot 3) op te lei wat leerders sal kan voorberei om aan die kenmerkende vereistes van ons tyd te voldoen.

B.Ed. Intermediêre Fase-onderwys: Tydens hierdie vierjaarprogram word jy opgelei om 'n onderwyser van leerders in die Intermediêre Fase te wees met die bevoegdheid om twee intermediêre skoolvakke en twee tale te onderrig. Die program dek die teorie en praktyk van al die leerprogramme van graad 4 tot 6.

Fakulteit Opvoedkunde bied verskeie nagraadse programme:

  • Nagraadse Onderwyssertifikaat (NOS)
  • BEd Honneurs
  • MEd Opvoedkundige Sielkunde
  • MEd Opvoedkundige Ondersteuning
  • Meesters- en Doktorsgraad programme
Afrikaans