Natuurwetenskappe

Hierdie program fokus op die diversiteit, oorsprong en funksie van organismes in verhouding tot hul omgewing. Jy sal die prosesse leer verstaan wat die ekologie van ons natuursisteme onderlê. Dit bied ’n oorsig oor diere en plante, ekologie, evolusie, biologiese veranderinge op ’n globale skaal, en herstelmeganismes, wat beteken dat jy ook die prosesse onderliggend tot historiese en huidige gebeure wat ons natuurlike lewe beïnvloed, sal begryp. Terselfdertyd sal jy ook jou kritiese denkvermoë en navorsingsvaardighede ontwikkel. Dit word hoofsaaklik deur die Departement Plant- en Dierkunde aangebied.

empty

empty tag

Watter vakke het ek nodig om aansoek te doen vir ‘n graad in biodiversiteit en ekologie?

Wiskunde en Fisiese Wetenskappe is verpligtend. . Lewenswetenskappe is nie verpligtend nie, maar dit wel aanbeveel word.

Wat is die toegangsvereistes?

Bo alles moet jy 'n gemiddelde prestasiepunt van minstens 65% hê. Hierdie gemiddeld word bereken sónder Lewensoriëntering. (Vir al jou ander vakke moet jou gemiddeld minstens 65% wees). Hierbenewens is daar ook spesifieke vereistes vir spesifieke vakke. As ons byvoorbeeld na Wiskunde kyk, moet jy 'n minimum van 60% hê. Jy moet 'n minimum van 50% vir Fisiese Wetenskappe hê, sowel as vir een van jou tale, en 'n minimum van 50% vir een ander toelatingsvak. Dit kan Lewenswetenskape (dit is die aanbevole vak) wees, maar dit kan ook Geografie, Geskiedenis of enige ander vak wees.

Kan ek 'n gespesialiseerde nagraadse graad met my BSc BDE behaal?

Onvoorwaardelik, ja!

Sal my graad internasionaal erken word?

Ja. 'n Aantal van ons studente gaan ook oorsee nadat hulle hulle studies by ons voltooi het om daar te gaan werk.

Watter salaris kan ek verwag om te verdien?

Wel, dit hang werklik af van waar jy eindig. Iemand met 'n BSc sal minder verdien as iemand met 'n meestersgraad, en sal op hulle beurt weer minder verdien as iemand met 'n PhD.

Afrikaans