Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

As deel van die program BCom Bestuurswetenskappe, bied die Departement Ondernemingsbestuur die volgende fokusareas aan: Entrepreneurskap en Innovasiebestuur, Finansiële Bestuur, Finansiële Beplanning, Beleggingsbestuur en Bemarkingsbestuur. Die Departement is ook die tuiste van die gewilde program BCom (Internasionale Besigheid).

Toelatingsvereistes

  • ’n Nasionale Senior Sertifikaat-gemiddelde van minstens 60% (Lewensoriëntering uitgesluit)
  • Wiskunde ten minste 50%
  • Een van die volgende: Afrikaans Huistaal 50% of Engels Huistaal 50% of Afrikaans Eerste Addisionele Taal 60% of Engels Eerste Addisionele Taal 60%

Keuring en taal van onderrig

Aansoekers sal oorweeg word vir voorlopige keuring tot die BCom (Bestuurswetenskappe) (Verlengdekurrikulumprogram) indien hulle aan die VKP se toelatingsvereistes voldoen. Verder sal studente voorkeur kry as hulle voldoen aan die sosio-ekonomiese status (SES) vereistes van die Universiteit se toelatingsbeleid en die SES-vlak wat deur die Fakulteit bepaal word. Die Universiteit bepaal alle aansoekers se SES-tellings, en finale toelating hang af van die beskikbare plekke.

Voorlopige keuring beteken dat die Universiteit jou toelaat op grond van jou graad 11-punte op voorwaarde dat jy met jou matriekuitslae aan die minimum vereistes voldoen.

Vir meer inligting, stuur asseblief 'n e-pos aan die fakulteit (emsinfo@sun.ac.za).

Vir meer inligting oor die fakulteit se onderrigtaal, sien asseblief die fakulteit se Taalimplementeringsplan

Oor die program

Die hoofstroomprogram BCom (Bestuurswetenskappe) se kurrikulum word verleng om studente van belangrike vaardighede en kennis te voorsien sodat hulle met sukses op universiteit kan studeer. Die program voeg waarde toe tot – en bou voort op – studente se talente en sterkpunte om hul intellektuele, loopbaan- en persoonlike aspirasies te verwesenlik.

Hoe werk dit?

Die kurrikulum van die BCom (Bestuurswetenskappe)-hoofstroomprogram neem drie jaar om te voltooi. Die BCom (Bestuurswetenskappe) (VKP) word uitgebrei deur die eerstejaar-kernmodules oor twee jaar aan te bied, wat een jaar tot die program se duur toevoeg.

In die VKP se eerste studiejaar dek jy van die kurrikulum se eerstejaarsmodules plus bykomende voorbereidende modules. Die voorbereidende modules versterk jou akademiese grondslag. Daar word dus van studente verwag om die voorbereidende modules te slaag voordat hulle na die volgende studiejaar voortgaan.

Die res van die eerstejaarsmodules word in die tweede studiejaar aangebied. Na hierdie jaar het jy die eerste jaar van die hoofstroom BCom (Bestuurswetenskappe)-kurrikulum voltooi. Jy kan nou die werklading van die volgende jare met selfvertroue hanteer en kan voortgaan met die hoofstroom tweede- en derdejaarkurrikulum.

Ná vier jaar se studie verwerf studente wat hierdie program suksesvol voltooi, 'n volle en gelyke BCom (Bestuurswetenskappe)-graad.

Lees (klik hier) meer oor die program en wat oudstudente daaroor te sê het hier in Afrikaans (klik hier) en hier in isiXhosa (klik hier).

Om die kurrikulum van die BCom (Bestuurswetenskappe) (Verlengde Kurrikulumprogram ) (ook bekend as 'n Verlengde Graadprogram) te sien, raadpleeg ons Jaarboek, bladsy 83.

Hoe word 'n mens tot die program toegelaat?

Jy kan direk aansoek doen vir die BCom (Bestuurswetenskappe) (KP). Jy sal vir die verlengde program oorweeg word as jy aan die VKP-toelatingsvereistes voldoen.

Watter beroepe kan ek met hierdie kwalifikasie beoefen?

Hierdie program is vir studente wat ’n loopbaan in ’n bestuursveldwil volg. Daar is 'n verskeidenheid fokusareas wat grootliks jou uiteindelike loopbaan sal bepaal. ‘n Fokusarea is nie ‘n program nie, maar sy voorgestelde modulekombinasie is ‘n aanbeveling om student te help om op ‘n loopbaan voor te berei. Raadpleeg die Jaarboek (bladsy 32 - 42).

Afrikaans