Natuurwetenskappe

Die Departement Chemie en Polimeerwetenskap bied ’n BSc Chemie-graadprogram aan wat uit drie strome bestaan, waarvan jy een kies:

Die stroom Chemie en Polimeerwetenskap kombineer al die hoofstroommodules met keusemodules in toegepaste chemie (insluitend polimeerwetenskap), fisika, wiskunde, geologie, en toegepaste wiskunde. Dit maak voorsiening vir 'n hoofvak in Chemie en 'n ander vak van jou keuse.

Die stroom Chemiese Biologie Die stroom Chemiese Biologie kombineer hoofstroom-chemiemodules met biochemie en mikrobiologie. Dit maak voorsiening vir 'n hoofvak in Chemie en Biochemie.

Die stroom Toegepaste en Volhoubare Chemie kombineer die hoofstroom-chemiemodules met toegepaste chemiemodules, byvoorbeeld polimeerwetenskap, medisinale chemie en groenchemie.

empty

empty tag

Wat is Chemie?

Chemie is 'n oorkoepelende dissipline met die primêre fokus op die bestudering van materie. Dit behels 'n begrip van die samestelling, struktuur en eienskappe van ALLE materie. Die ganse heelal bestaan uit materie en bevat lewende en lewelose materiaal. Die veranderinge wat materie ondergaan, staan bekend as 'n chemiese reaksie.

Wat doen chemici?

Chemici bestudeer:

  • Die struktuur en eienskappe van materie.
  • Hoe die komponente van materie herrangskik word om nuwe materie te vorm wat heeltemal verskillende eienskappe het.
  • Prosesse waardeur molekules met mekaar verbind en reageer, en hoe vinnig hierdie prosesse plaasvind.
Wat is die verband tussen chemie en die ander wetenskappe?

Chemie word as die "sentrale wetenskap" beskou, aangesien baie van die ander wetenskaplike vakgebiede afhanklik is van chemie. Gekwalifiseerde chemici benodig 'n mate van praktiese kennis van verskeie ander wetenskaplike vakgebiede. Studente wat die chemieprogram volg, moet dus vir modules in wiskunde en fisika, met keusevakke soos biologie of geo-omgewingswetenskap. Aangesien chemici rekenaarvaardig moet wees, is verpligte modules in rekenaargeletterdheid noodsaaklik..

Wat is die verskillende strome in die BSc Chemie-graadprogram by die Universiteit Stellenbosch?

Die Departement Chemie en Polimeerwetenskap bied ’n BSc Chemie-graadprogram aan wat uit drie strome bestaan, waarvan jy een kies:

Die stroom Chemie en Polimeerwetenskap kombineer al die hoofstroommodules met keusemodules in toegepaste chemie (insluitend polimeerwetenskap), fisika, wiskunde, geologie, en toegepaste wiskunde. Dit maak voorsiening vir 'n hoofvak in Chemie en 'n ander vak van jou keuse.

Die stroom Chemiese Biologie Die stroom Chemiese Biologie kombineer hoofstroom-chemiemodules met biochemie en mikrobiologie. Dit maak voorsiening vir 'n hoofvak in Chemie en Biochemie.

Die stroom Toegepaste en Volhoubare Chemie kombineer die hoofstroom-chemiemodules met toegepaste chemiemodules, byvoorbeeld polimeerwetenskap, medisinale chemie en groenchemie.

Wat is die verskil tussen Biochemie en Chemiese Biologie?

In chemiese biologie val die klem op die gebruik van chemie om biologiese probleme te verstaan. Chemiese biologie behels hoofsaaklik die interaksie van relatief klein molekules met biologiese stelsels. Daarenteen is Biochemie die studie van chemiese reaksies binne-in lewende stelsels. Hierdie reaksies behels meestal groot makromolekules soos DNA, proteïene, ensieme, ens.

Wat is die verskil tussen Chemie en Chemiese Ingenieurswese?

Chemici neig om fundamentele chemiese prosesse te bestudeer wat normaalweg op laboratoriumskaal uitgevoer word. Chemiese ingenieurs daarenteen pas chemiese kennis toe om prosesse te ontwikkel waarmee chemikalieë en 'n verskeidenheid materiale op groot skaal vervaardig kan word. Hulle ontwerp en bedryf groot chemiese aanlegte vir die vervaardiging van noodsaaklike chemiese produkte. 'n Chemiese ingenieur sal wiskundige en fisiese konsepte gebruik om reaktore op groot skaal te bedryf en in stand te hou om groot hoeveelhede produkte te produseer. In die ontwerp van nuwe chemiese prosesse sal chemiese ingenieurs nou saamwerk met die chemici, waar laasgenoemde die chemiese reaksie op molekulêre vlak verstaan, terwyl die ingenieur sy / haar kennis sal gebruik om te verseker dat die produksie van die chemiese produk optimaal en veilig kan plaasvind.

Watter nagraadse programme kan gevolg word na voltooiing van 'n BSc-graadprogram met enige van die Chemie-strome?

Na die verwerwing van 'n BSc in Chemie, kan jy ʼn HonsBSc in Chemie doen. Die Departement Chemie en Polimeerwetenskap bied twee Honneursprogramme aan: 'n Honneurs in Chemie; of ’n Honneurs in Polimeerwetenskap. Vir albei hierdie kursusse is die minimum toelatingsvereiste ʼn gemiddeld van 60% in al vier die kernmodules op derdejaarsvlak, nl. analitiese, fisiese, organiese en anorganiese chemie.

Vir gevorderde opleiding, kan jy die Honneurs opvolg met ’n MSc- of PhD- graad. Baie chemie-graduandi met MSc- en PhD-grade wat in industrie werk, kry beter geleenthede vir beroepsbevordering en beland dikwels in die senior bestuur van die maatskappy of ander topstrukture van die onderneming.

Wat is die loopbaanmoontlikhede vir chemici?

Chemie-graduandi is gewoonlik toegerus met 'n verskeidenheid vaardighede wat baie gewild is in 'n wye verskeidenheid sektore in verskillende poste.

Sommige betrekkings wat chemie-graduandi kan vul, sluit in:

  • Analitiese chemikus
  • Forensiese wetenskaplike en toksikoloog
  • Myntegnoloog
  • Metallurg
  • Farmakoloog
  • Omgewingskonsultant
  • Waterbehandelingstegnoloë
  • Wetenskapskrywer vir tydskrifte en koerante
Vir enige van die Chemie-strome, watter Wiskunde-module moet ek in die eerstejaar doen?

Jy word aangeraai om Wiskunde 114 te neem, en nie Wiskunde (Bio) nie, aangesien eersgenoemde ‘n vereiste vir 2de en 3de jaar Chemie is.

As ek oorspronklik nie van plan was om ʼn graad in Chemie te studeer nie (maar ingeskryf is vir ʼn ander BSc in die Fakulteit Natuurwetenskappe), en na die 1ste jaar besef dat Chemie eintlik die vak is wat ek wil volg, kan ek dan in die 2de jaar met Chemie voortgaan?

Daar is baie studente wat die 1ste jaar BSc begin en nie seker is oor die rigting wat hulle wil volg nie. Sommige van hulle het voortgegaan en as leiers in ‘n chemiese loopbaan geëindig, alhoewel hulle nie oorspronklik chemie wou studeer nie. Hier op Stellenbosch is jou 1ste jaarskurrikulum so gestruktureer dat jy dan met Chemie kan voortgaan, selfs al was Chemie nie jou oorspronklike keuse nie. Eerstejaarstudente se ervaring met praktika, tutoriale, die lesinginhoud en hul dosente maak hulle so opgewonde oor Chemie dat hulle wil voortgaan om in hierdie rigting studeer. Jy sou dus geen tyd verloor het nie, op voorwaarde dat jy wel Wiskunde 114 en 144 moes gevolg het nie, aangesien dit ʼn vereiste is. Jy moet egter ʼn amptelike versoek rig om van stroom te verander. Die Fakulteit Natuurwetenskappe se Akademiese Komitee moet hierdie versoek goedkeur

As ek as 1ste jaar vir ʼn BSc Chemie ingeskryf is, maar nog nie seker is watter chemiestroom ek hoop om te volg nie, kan ek verander na die een wat ek in die 2de jaar wil volg?

Ja, die 1ste jaar is 'n algemene program en in die 2de jaar volg jy eintlik die stroom wat jy gekies het. Jy moet egter ʼn amptelike versoek rig om van stroom te verander. Die Fakulteit Natuurwetenskappe se Akademiese Komitee moet hierdie versoek goedkeur.

Afrikaans