AgriWetenskappe
Bewaringsekologie en Entomologie streef daarna om 'n gesonde biologiese netwerk te verseker om die welvaart van die ganse ekostelsel te waarborg wat wêreldwyd toenemend onder druk is. Kwessies soos besoedeling, klimaatsverandering en uitwissing van spesies word 'n groot bekommernis. Die kombinasie van Bewaringsekologie en Entomologie bring 'n aansienlike hoeveelheid onderrig- en navorsingskundigheid saam op die snelgroeiende en belangrike terreine van bewaring en volhoubare produksie in benutte landskappe. Ons ekonomie, gemeenskap en lewensbestaan hang af van hoe ons na ons riviere, berge, woude en vleilande omsien.
Sedert die program se ontstaan in 2002 het die departement talle van Suid-Afrika se voorste veldekoloë, insekplaagbestuurders, navorsers, rentmeesterskapkoördineerders en omgewingsbeamptes opgelewer – om maar net enkeles te noem.
x