AgriWetenskappe

Bewaringsekologie en Entomologie streef daarna om 'n gesonde biologiese netwerk te verseker om die welvaart van die ganse ekostelsel te waarborg wat wêreldwyd toenemend onder druk is. Kwessies soos besoedeling, klimaatsverandering en uitwissing van spesies word 'n groot bekommernis. Die kombinasie van Bewaringsekologie en Entomologie bring 'n aansienlike hoeveelheid onderrig- en navorsingskundigheid saam op die snelgroeiende en belangrike terreine van bewaring en volhoubare produksie in benutte landskappe. Ons ekonomie, gemeenskap en lewensbestaan hang af van hoe ons na ons riviere, berge, woude en vleilande omsien.

Sedert die program se ontstaan in 2002 het die departement talle van Suid-Afrika se voorste veldekoloë, insekplaagbestuurders, navorsers, rentmeesterskapkoördineerders en omgewingsbeamptes opgelewer – om maar net enkeles te noem.

empty

empty tag

Hoe pas die Bewaringsekologie-program in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie in?

Die Bewaringsekologie-program vorm die kern van die voorgraadse opleidingsinisiatiewe in die Departement Bewaringsekologie en Entomologie. Dis spesifiek ontwikkel om die toekomstige geslag bewaringspraktisyns op te lei. Met die voltooiing van die Bewaringsekologie-program ontvang jy die BSc Bewaringsekologie-graad.

Het ek Fisiese Wetenskap in Graad 12 nodig om BSc Bewaringsekologie te studeer?

Ja, jy moet Wiskunde en Fisiese Wetenskappe op matriekvlak slaag.

Kan ek BSc Bewaringsekologie studeer as ek Wiskundige Geletterdheid op skool het?

Nee, ongelukkig benodig jy suiwer Wiskunde.

Wat is die toelatingsvereistes (d.w.s. skoolvakke en toepaslike grade) vir die Bewaringsekologie-program?

60% gemiddeld vir die NSS, 50% vir Engels of Afrikaans, 60% vir Wiskunde en 50% vir Fisiese Wetenskappe. Let asseblief daarop dat daar net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar is, en deur te voldoen aan die vereistes, waarborg ongelukkig nie ‘n plek in die program nie.

Hoeveel jaar is die BSc Bewaringekologie-program?

Die program duur vier jaar.

Wat is die vereistes as ek nie die NSS-kurrikulum volg nie?

Universiteitsvrystelling met Wiskunde, Fisiese Wetenskappe (beide Fisika en Chemie).

Wat is die werksgeleenthede met ‘n BSc Bewaringsekologie-graad?

Werksgeleenthede is redelik uiteenlopend. Kyk asseblief na die Bewaringsekologie-programaanbieding en ook na die Alumni-profielbladsye vir voorbeelde.

Kan ek na suksesvolle voltooiing van ʼn BScBewaringsekologie direk vir 'n MSc registreer?

Ja, in beginsel kan jy wel, maar afhangende van die akademiese instelling waar jy beplan om te registreer, is daar moontlik minimum vereiste/s vir jou finalejaarvakke.

Sluit die BSc Bewaringsekologie-program veldwerk in?

Ja, vanaf die 2de jaar sal jy geleidelik meer tyd in die veld deurbringr. Velduitstappies vind hoofsaaklik tydens die 3-uur praktiese sessies plaas. In die 4de jaar word daar van jou verwag om 'n mini-navorsingsprojek uit te voer wat veldwerk kan insluit (afhangende van die tipe projek wat jy kies).

Wat is die verskil tussen die programme vir Biodiversiteit en Ekologie (BDE) en Bewaringsekologie?

Kyk gerus asseblief na die Bewaringsekologie-programaanbieding. Die verskil word in dié aanbieding verduidelik. In kort –die BDE program is erg teoreties en in diepte op Plant- en Dierkundige konsepte gefokus, wyl Bewaringsekologie dieselde basis het, maar die kennis gebruik om die bewaring van spesies en ekostelsels op ʼn meer praktiese wyse toe te pas.

Kan ek tussen die twee bogenoemde programme oorskakel as ek van plan verander?

Ja, mits daar plek in die nuwe program is. Ook, let op programbotsings, want daar is enkele verskille. Die beste tyd vir ʼn programverandering sal vroeg (binne die eerste twee weke) in die 1ste jaar of na die voltooiing van die 1ste jaar wees, aangesien die twee programme dan net met een module verskil (in BDE word Fisika op 1e jaarsvlak aangebied; in BScBewEkol Geo-omgewingswetenskap).

Afrikaans