Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding & Burgerskap (SSLEOB)

Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding & Burgerskap (SSLEOB)

Die doel van die Sentrum vir Studenteleierskap, Ervaringgerigte Opvoeding & Burgerskap (SSLEOB) is om te verseker dat die Universiteit Stellenbosch (US) omvattende en samehorige leierskapservaring vir studente bied deur die ontwikkeling van graduandi-eienskappe. Die SSLEOB bestaan uit die:

Adres:
Bosman Straat 9, Stellenbosch
E-pos:
csleec@sun.ac.za
Tel:
021 808 9798
Webtuiste:
www.sun.ac.za/csleec
Adres:
Bosmanstraat 9,Stellenbosch
E-pos:
csleec@sun.ac.za
Tel:
021 808 9798
Webblad:
www.sun.ac.za/csleec

 

empty

empty tag

Wat is die funksie van die Verenigingskomitee?

Die Verenigingskomitee is ’n organisasie wat deur studente bedryf word en wat al die geregistreerde verenigings op Stellenbosch-kampus verteenwoordig. Dié verenigings behoort tot 5 hoofkategorieë:

  • Sosiale impak
  • Kultuur, stokperdjies en sport
  • Religie en spiritualiteit
  • Akademie
  • Nasionaliteit en politiek
Is daar ledegeld of ’n registrasiefooi gekoppel aan die Verenigingskomitee?

Elke individuele vereniging het sy eie registrasiefooi wat gevorder sal word van ’n student of op die student se rekening geplaas sal word, sou ’n student besluit om by ’n vereniging aan te sluit. 

Kan ek by meer as een vereniging aansluit?

Ja, studente word toegelaat om te behoort aan soveel verenigings as wat hulle wil, maar sal ’n registrasiefooi moet betaal vir elke individuele vereniging waarby hulle kies om aan te sluit. 

Kan ek as eerstejaar aan die Universiteit my verkiesbaar stel vir die Verenigingskomitee?

Die Verenigingskomitee bestaan uit al die voorsitters van die verskillende verenigings wat geregistreer is by die Verenigingskomitee. Jy sal dus deel moet wees van ’n geregistreerde vereniging om verkiesbaar te wees vir die Verenigingskomitee.

Wie kan ek kontak vir meer inligting oor die Verenigingskomitee?

Jy kan die voorsitter van die Tygerberg Verenigingskomitee per e-pos kontak by twicomb@sun.ac.za of   scexec20212022@stellenbosch.onmicrosoft.com

Afrikaans