Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

BSc in Dieetkunde Hierdie program lei dieetkundiges op, wat oor die wetenskaplike kennis, vaardighede en gesindhede beskik om selfstandig te kan funksioneer op die gebied van terapeutiese voeding, gemeenskapsvoeding en voedseldiensbestuur.

Die opleiding van dieetkundiges

Die program duur vier jaar en word vanaf die eerste studiejaar op die Tygerberg-kampus aangebied. Kyk ons Jaarboek vir die leerplan. Jaarboek vir die leerplan.

Eerste jaar: Chemie vir Gesondheidswetenskappe, Lewensvorme en -funksies van Kliniese Belang, Voeding, Voedsel, Geneeskundige Mikrobiologie, Fisiologiese Biochemie, Anatomie en Gesondheid in Konteks.

Tweede jaar: Fisiologie, Sielkunde vir Gesondheidswetenskappe, Gemeenskapsvoeding, Voedselproduksie en -sisteme, Toegepaste Voedselwetenskap, Terapeutiese Voeding, Voeding in die Lewensiklus, Etiek en Menseregte, Voedingstatusbepaling en Praktykopleiding.

Derde jaar: Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding, Bestuursbeginsels, Navorsingsmetodologie, Biostatistiek en Epidemiologie, Etiek en Menseregte, en Praktykopleiding.

Vierde jaar: Voedseldiensbestuur, Terapeutiese Voeding, Gemeenskapsvoeding, 34 weke van internskap (wat ten minste ses weke by die Ukwanda Landelike Kliniese Skool insluit) en ’n navorsingsprojek.

Na afloop van hierdie vierjarige program volg ’n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Dieetkundige by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Afgestudeerdes het verskeie beroepskeuses in terapeutiese dieetkunde, gemeenskapsvoeding en die voedsel en farmaseutiese industrie. Hulle kan ook werk as navorsers, as dosente in die akademie, of as voedingskonsultante in privaat praktyke. Vir meer inligting oor die velde waarin dieetkundiges hoofsaaklik werksaam is, besoek gerus die webwerf. van die Assosiasie van Dieetkunde in Suid-Afrika (ADSA).

x

Afrikaans