Natuurwetenskappe

Aardwetenskappe is die studie van die soliede massas op aarde - die vastelande en seebodem, berggordels en vulkane, aardbewings, minerale neerslae en fossiele – die aarde se water - oseane, mere, riviere en grondwater - en die aarde se atmosfeer. Dit is gebaseer op die natuurwetenskappe en op waarnemings in die veld en die laboratorium. Die Departement Aardwetenskappe in Stellenbosch bied 'n verskeidenheid van hierdie studierigtings aan en ons program is breed onderverdeel in 'n Omgewingsstroom (water en atmosfeer) en 'n Toegepaste stroom (vaste aarde). Studie word afgesluit met 'n BSc (Honneurs), Magister in die Natuurwetenskap of Doktorsgraad, wat lei tot 'n wye verskeidenheid latere indiensnemings, nasionaal en internasionaal, op die gebied van mynbou en eksplorasie, omgewingsbestuur en hidrologie, die akademie of die regering.

empty

empty tag

Wat is Aardwetenskappe?

Aardwetenskappe is deel van jou daaglikse lewe: die gebruik van skoon water soggens, die volmaak van jou motor by die vulstasie, die bewondering van diamante in die juwelierswinkelvenster ... Aardwetenskappe is 'n multidissiplinêre veld wat Geologie (en die litosfeer) met aspekte van die hidrosfeer (varswater, grondwater, oseaan), die atmosfeer en die antroposfeer (ons mense), kombineer. In wese poog Aardwetenskappe om die sleutelprobleme van die Aarde te verstaan, wat die evaluering van die kors, rotsformasies of seebodem vir ekonomiese doeleindes insluit, sowel as die evaluering van skoonmaakprosedures vir gevaarlike afval en begrip van klimaatsverandering.

Is daar baie veldekskursies?

Ja, die BSc Aardwetenskappe-kurrikulum bied 'n wye verskeidenheid veldvaardigheidsmodules aan vanaf die eerste jaar tot op Honneursvlak. In die veld leer die student hoe om gesteentes en geologiese strukture te identifiseer, hoe om met kaarte te werk, om ertsafsettings te herken, en verbeter hul begrip van die natuurlike omgewing en die moderne mens se impak. Volg die skakel hieronder vir verdere inligting, terugvoer en foto's van studente: https://www.sun.ac.za/english/faculty/science/earthsciences/prospective-students/undergraduate-programme/field-tripsste year through to Honours. In the field, the student learn how to identify rocks and geological structures, work with maps, recognise ore deposits, improve their understanding of the natural environment and modern human impact. For more information, student feedback and photos go to: https://www.sun.ac.za/english/faculty/science/earthsciences/prospective-students/undergraduate-programme/field-trips

Is beurse beskikbaar?

Ja, beurse is beskikbaar uit 'n aantal bronne vir voor-, sowel as nagraadse studies. Beurse is beskikbaar by die Nasionale Navorsingstigting (NNS), die industrie (word sterk aanbeveel omdat dit dikwels direk tot 'n werk lei), semistaatsinstellings soos die Raad vir Geowetenskap, die Universiteit Stellenbosch, die Fakulteit Natuurwetenskappe, en die Departement. Vir inligting op ons webwerf: https://www.sun.ac.za/english/faculty/science/earthsciences/bursaries-opportunities/bursaries

Wat is die toelatingsvereistes om vir 'n BSc Aardwetenskappe in te skryf?

Gaan na die US webwerf:

http://www.sun.ac.za/english/maties/what-can-i-study/undergraduates

Klik op ‘Natuurwetenskappe’. Klik dan deur na die ‘Programme in die Fisiese Wetenskappe’ in die regterkant se kieslys en dan op ‘BSc in Aardwetenskappe’.

Of raadpleeg die 2021 Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5)

http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/2021-Science.pdf

Wat is die onderrigtaal in Aardwetenskappe by die Universiteit Stellenbosch?

Engels, maar eksamens en opdragte kan in Afrikaans of Engels afgehandel word

Kan jy vir my 'n prentjie skets van hoe ’n tipiese dag van ’n student in Aardwetenskappe lyk?

Die studie van Aardwetenskappe benodig toewyding. Jy sal daagliks lesings, sowel as praktikaklasse hê waarin jy sal leer om met die gesteentes, karate, mikroskope, watermonsters en spesifieke rekenaarprogramme te werk. Op veldekskursies sal jy die geleentheid kry om dit wat jy in die klaskamer geleer het, toe te pas: bv. die neem van rots- en watermonsters, die opstel van kaarte en die identifisering van geologiese strukture in die natuur. In jou eerste jaar is jou vakke meer algemeen, bv. Geo-omgewingsveldvaardighede, Wiskunde, Chemie. Soos jy vorder, word die vakke meer spesifiek, bv. Sedimentologie, Hidrogeologie, Struktuurgeologie. Daar sal van jou verwag word om selfstudie te doen, vasvrae te voltooi en opstelle en veldverslae te skryf. Jou werk sal geassesseer word deur middel van toetse, eksamens, mondelinge en aanbiedings.

Hoe is die BSc Aardwetenskappe-program saamgestel of waar kan ek die inligting kry?

Gaan na die US webwerf

http://www.sun.ac.za/english/maties/what-can-i-study/undergraduates

Klik op 'Natuurwetenskappe'. Klik dan deur na die ‘Programme in die Fisiese Wetenskappe’ in die regterkant se kieslys en dan 'BSc in Aardwetenskappe'.

En ons webwerf (http://www.sun.ac.za/english/faculty/science/earthsciences/Pages/Course-structure.aspx)

Die kurrikulum, sowel as die module-inhoude is beskikbaar in die 2021 Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5)

http://www.sun.ac.za/afrikaans/Documents/Yearbooks/Current/2021-Science.pdf

Watter raad sou huidige studente my gee?

hier volg 'n paar opmerkings van ons huidige groep studente:

  • Waardeer die veldekskursies, want dit sal van jou beste studenteherinneringe.
  • Wees ontvanklik oor Aardwetenskappe; as jy aan die begin 'n bietjie verlore voel, druk deur, die vakke word interessanter en meer gefokus soos wat jy ‘n beter begrip van die veld ontwikkel.
  • Dosente is nie so skrikwekkend soos wat hulle lyk nie, hulle is eintlik heel toeganklik. Moenie bang wees om vrae en vir raad te vra nie.
  • Moenie opgee nie, byt vas, want die lig aan die einde van die tonnel is baie helder.
  • Om 'n buitelugmens te wees, is 'n groot pluspunt, want jy gaan op veldekskursies waar jy kampeer en baie stap.
  • Geniet jou BSc-jare, want die tyd gaan baie vinnig verby.
Watter toekomstige loopbane is daar?

Dit is baie divers en wissel van die ontginning van minerale en mynwese in kleiner junior ondernemings, tot konsultasiewerk of werk vir groot mynhuise. Hidrogeologie (grondwater-eksplorasie) en die omgewingsektor, hoofsaaklik in konsultasiewerk op nasionale en internasionale vlak, of mynhuise, maar ook munisipaliteite of semistaatsinstellings. Akademia: onderrig en navorsing. Versekeringsmaatskappye, banke en beleggingshuise wat met groot databasisse, kommoditeite en handel te doen het. Dis maar net 'n paar.

Waar kan ek werk? Hoe sal my toekomstige werksomgewing waarskynlik lyk?

Dit sal van jou loopbaankeuse afhang. Werk kan veldgeoriënteerd wees, dikwels in afgeleë gebiede of vanaf 'n sentrale basis. Die werksbasis is baie dikwels in groter stede (Kaapstad, Johannesburg, Port Elizabeth, Durban, ens.) met werknemers wat vlieg of pendel na onderskeie terreine. As jy meer analitiese werk doen, sal jy in ’n laboratorium werk. Uiteraard is daar 'n komponent van kantoorwerk wat die skryf van verslae, digitalisering en rekenaarmodellering behels. Hier is 'n lys van enkele plekke waar van ons onlangse graduandi werk:

  • Eksplorasie & Mynwese :TECT Geological Consulting, Remote Exploration Services, Minrom Consulting, SRK Consulting, Anglo American, Glencore, South32, IMDH, Vedanta Resources, Black mountain, BHP, Royal Bafokeng Platinum, ExxonMobil, Burgundy Diamond Mines, Longford Exploration
  • Omgewingskonsultasie-ondernemings: IBIS, AECOM, STM Environmental, SLR Consulting
  • Ingenieursgeologie: kerngeotegniese konsultante
  • Hidrologie; Grondwater- en Aardwetenskappe (GEOSS), Umvoto, Aurecon, WE Consult, WISA
  • Akademie en Navorsing: Universiteite; navorsingsinstitute soos WNNR, NECSA of semistaatsinstellings soos die Departement van Water & Sanitatise, Raad vir Geowetenskap, Geologiese Opname van Namibië
Watter beginsalaris kan ek verwag?

Vir studente met ’n BSc Aardwetenskappe-graad, ongeveer R 25 000 – R 30 000 per maand, afhangend van waar jy jou bevind en die posbeskrywing, en aansienlik hoër as jy buite SA werk. Salarisse word hoër namate jou ervaring toeneem, R 40 000 – R 80 000 met vyf jaar ondervinding, maar hang weer af van waar jy jou bevind, jou kwalifikasies en waar jy in jou loopbaan is. Die geleenthede is eindeloos

Kan ek aansoek doen vir werk oorsee?

Ja, al ons nagraadse grade (Honneurs, MSc en PhD), word internasionaal erken. Ons nagraadse studente kry gereeld werk in ander Afrika-lande, Europa, die Amerikas of Australië.

Hoe lyk die arbeidsmark?

Werksgeleenthedemark vir gegradueerdes in Suid-Afrika is steeds 'n bietjie gedemp, maar dit is duidelik dat dit na 'n stil tydperk (2012-2018) opwaarts neig. Oor die algemeen word geologie en geochemie, (albei met hulle onderskeie subdissiplines), gelys as 'skaars vaardighede'. Dit beteken dat daar op die middel- en langtermyn 'n tekort is, gegewe Suid-Afrika se groot behoefte aan aardwetenskaplikes in verskillende vakgebiede. Na drie tot vyf jaar se werkondervinding is dit maklik om werk te kry. In eksplorasie en mynbou is die meeste beskikbare werk kontrakwerk (6 maande tot 3-5 jaar). Vaste langtermynposte is skaars en gewoonlik slegs op senior vlak beskikbaar. Konsultasiemaatskappye neem ook mense op junior vlak (met ’n BSc- of HonsBSc-graad) op ’n permanente basis in diens, gewoonlik na 'n internskap of proeftydperk. Die verskeidenheid projekte vereis 'n goeie mate van aanpasbaarheid en buigsaamheid in die meeste werksgeleenthede.

Afrikaans