Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Ons breë graadprogramme verskaf ’n uitstekende grondslag in ekonomiese, bestuurs- en wiskundige wetenskappe, asook ’n wye verskeidenheid beroepsfokusse. Ons bied ook programme aan wat jou vir professionele registrasie of sertifisering voorberei, en twee programme wat op regsgeleerdheid toegespits is. Indien jy verdere/ander vrae het, stuur asb. 'n e pos aan ons by emsinfo@sun.ac.za.

empty

empty tag

Watter programme bied die Fakulteit aan?

Die Fakulteit bied die volgende programme aan:

Voorgraadse Diplomaprogramme : Diploma in Volhoubare Ontwikkeling

Broad degree programmes with various career focuses: BCom (Management Sciences); BCom (Economic Sciences); BCom (Mathematical Sciences); BCom (International Business); B Data Science; BCom (Management Sciences) Extended Degree Programme

Graadprogramme vir professionele registrasie: BCom (Aktuariële Wetenskap); BCom (Bedryfsielkunde); BCom (Bestuursrekeningkunde); BCom (Finansiële Rekeningkunde); BRek

Graadprogramme met ʾn regsfokus: BCom (Regsgeleerdheid) en BRekLLB

Ek is onseker oor watter van die algemene BCom-programme ek moet kies.

Indien jy onseker is, kies die algemene opsie vir BCom (Bestuurswetenskappe). Jy kan dan in jou tweede jaar ʾn fokusarea kies.

Ek het Wiskundige Geletterdheid. Kan ek by die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe studeer?

Die Fakulteit het slegs een program wat Wiskunde OF Wiskundige Geletterdheid vereis, naamlik die Diploma in Volhoubare Ontwikkeling. Alle graadprogramme vereis Wiskunde.

Kan ek vir die verlengde program BCom (Bestuurswetenskappe) aansoek doen?

Jy sal vir die verlengde program oorweeg word indien jy aan die toelatingsvereistes daarvan voldoen. Voorkeur word gegee aan kandidate wat voldoen aan US se toelatingsbeleidvereistes vir sosio-ekonomiese status (SES) en die SES-vlak soos deur die Fakulteit bepaal. US bepaal alle kandidate se SES-punte en toelating is onderhewig aan beskikbaarheid van plekke.

Afrikaans