AgriWetenskappe

Elsenburg Landbou Opleidingsinstituut is geleë naby Stellenbosch in die Wes-Kaap, met ‘n baie trotse geskiedenis. Elsenburg, soos dit bekend staan, is in 1898 gestig en bied ‘n B.Landbou graad aan in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch, ‘n Diploma in Landbou en ‘n Leerlingskapprogram. Kort kursusse wat strek tussen twee tot tien dae word ook aangebied. Met die B.Landbou graad het die studente die keuse tussen die volgende vakrigtings; Plantproduksie, Diereproduksie, Plant- en Diereproduksie, Keldertegnologie – en bestuur, Voorligting en Plantproduksie en Voorligting en Diereproduksie. Tydens die Diploma in Landbou kan die studente kies tussen Diereproduksie, Plantproduksie, Plant-en Diereproduksie en Keldertegnologie. Die Leerlingskapprogram bied ‘n keuse tussen Plantproduksie of Diereproduksie.

empty

empty tag

Wanneer open aansoeke?

Aansoeke open op 1 April.

Aansoeke vir die diploma program, perdestudies en leerlingskapprogram sluit 30 Junie.
Aansoeke vir die BAgric graadprogram sluit 31 Julie.

Wat is die benaderde koste per jaar?

Afhangende van watter modules en kwalifikasie jy volg, is die koste ongeveer R70 000 tot R76 000 per jaar.

Is daar koshuis akkommodasie?

Ja, ons het akkommodasie vir 305 studente. In totaal het ons ongeveer 555 ingeskrewe studente op kampus.

Afrikaans