AgriWetenskappe

Toe die Universiteit Stellenbosch amptelik in 1918 gestig is, was Landbou een van die eerste vier fakulteite en het van meet af ’n onuitwisbare bydrae tot landbou-onderrig en -navorsing in Suid-Afrika gelewer. Vandag is die Fakulteit die leier in landboustudies op die Afrika-kontinent en tel onder die Top 50 wêreldwyd op dié gebied. Die Fakulteit word nasionaal en internasionaal erken en geag vir die gehalte van opleiding en uitstekende navorsingsuitsette wat gelewer word, asook as konsultant in die landbou- en bosboubedryf.

Die Fakulteit AgriWetenskappe bied verskeie programme aan wat strek oor 11 studievelde – opwindende programme wat lei tot soortgelyke opwindende en uitdagende beroepe in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld.

Ons nooi jou graag uit om verder te lees, te kyk en ondersoek in te stel en deel te raak van die wonderwêreld van die toegepaste wetenskappe – dié omgewing waar kundigheid nodig is en waar geleenthede groot is.

N.S. En as jy dalk dink ons lei net boere op…. dan eers moet jy hierdie platform benut. Ons lei inderwaarheid wetenskaplikes op – kundiges wat bloot werk binne die breër landbou sektore.

x

x

x

x

x

x

x

empty

empty tag

Hoekom moet ek AgriWetenskappe as studieveld oorweeg?

AgriWetenskappe is wetenskap in die praktyk!

AgriWetenskappe bied 'n enorme aantal opwindende programme aan waarin jy jou wetenskaplike kennis op werklike probleme van die lewe toepas. Die navorsing wat ons doen en die oplossings wat ons vind, het 'n direkte invloed en impak op iedere nasie, op elke mens en op elke lewende organisme op hierdie aarde.

 Daar is ook 'n reuse-tekort op die meeste terreine van die toegepaste wetenskappe, wat beteken dat daar talle geleenthede en 'n wye verskeidenheid uitdagende beroepe is om te volg. Indien jy kies om AgriWetenskappe te studeer, word jy deel van 'n span kundiges wat hoogs gekwalifiseerd is, en in Suid-Afrika, Afrika en die res van die wêreld in aanvraag en uiters gesog is.

Sal ek ’n boer word indien ek AgriWetenskappe studeer?

Beslis nie! Jy kan natuurlik boer indien dit jou keuse is, maar in die Fakulteit lei ons wetenskaplikes op. Jou kennis en vaardighede sal jou in staat stel om binne die breër landbousektor te werk. Dit kan uiteraard samewerking met boere insluit, maar dit behels voorwaar 'n veel wyer verskeidenheid loopbaangeleenthede as bloot net boerdery.

Sal ek ’n kakiebroek en tweekleurige hemp dra indien ek AgriWetenskappe studeer?

Indien dit jou styl is, ja, maar oor die algemeen nee – 'n besliste nee! Die outydse ingesteldheid van denke, naamlik dat landbou net boerdery, grondeienaarskap, die verrig van handearbeid en die dra van spesifieke kleredrag behels, kan nie verder van die waarheid verwyder wees nie.

Hoe verskil 'n BSc-graad van 'n BScAgric-graad?

Met 'n BScAgric-graad pas jy basiese wetenskaplike kennis op werklike probleme en uitdagings waarmee die wêreld te kampe het, toe. Jy begin met basiese vakke soos Chemie, Fisika, Wiskunde en Biologie in jou eerste studiejaar (soortgelyk aan BSc-studente), maar wanneer jy voortgaan met jou 2de, 3de en 4de studiejaar, pas jy die wetenskap toe op gebiede wat nie net 'n impak op mense het nie, maar ook op lede van die diere- en planteryk.

Jy sal nie net suiwer wetenskap bestudeer nie, maar jy pas jou wetenskap in die praktyk toe – of dit nou is om nuwe voedselprodukte te ontwikkel; om plante wat bestand is teen droogte te skep; om die grond waarin ons voedsel laat groei (en waarmee ons diere voed), te verbeter; om wyses te vind waarmee plantsiektes bekamp kan word; of om oplossings te vind vir toenemende kommer oor voedselvolhoubaarheid, en selfs om sakebeginsels beter te begryp en te verstaan.

 Wanneer jy jou graad behaal het, is jy nie net met die suiwer wetenskap van jou vakgebied toegerus nie, maar ook met wetenskaplike en navorsingskennis, asook vaardighede, wat jy onmiddellik binne verskillende werksomgewings sal kan toepas.

Sal ek ná my studie kan werk vind?

Daar is talle en uiteenlopende geleenthede binne die toegepaste wetenskappe, wat gewoonlik as skaars vaardigheidsomgewings beskou word. En onthou, geleenthede is beslis nie net tot Suid-Afrika beperk nie.

Word die programme in AgiWetenskappe internasionaal erken?

Die Universiteit Stellenbosch geniet internasionale erkenning as uitnemende onderriginstansie en het verbintenisse met meer as 100 instansies wêreldwyd. Ons programme open beslis internasionale deure vir ons studente, want vele afgestudeerde AgriWetenskap-studente beklee beroepe in talle lande. Onthou net dat elke land egter sy eie vereistes het ten opsigte van akkreditasie.

Kan ek AgriWetenskappe met Wiskunde Geletterdheid doen?

Om vir programme in die Fakulteit AgriWetenskappe oorweeg te word, geld die vereiste dat studente Wiskunde en Fisiese Wetenskap (met Chemie en Fisika) tot op matriekvlak neem. Studente met Wiskundige Geletterheid kan om programme aansoek doen by die Elsenburg Landbou Opleidingsinstituut, wat 10km buite Stellenbosh geleë is. (besoek Elsenburg se webblad - (klik hier)).

Word daar van my verwag om die Nasionale Normtoetse (NNTs) skryf?

Indien jy om 'n program in die Fakulteit AgriWetenskappe aansoek doen, hoef slegs studente wat die kurrikulum van die School of Tomorrow volg die NNTs te skryf.

Wanneer maak aansoeke oop?

Aansoeke vir die 2023 akademiese jaar open op 4 April 2022. Aansoeke sluit op 31 Julie 2022. Doen elektronies aansoek by www.maties.com.

Wanneer sal ek weet of my aansoek suksesvol was?

Die Toelatingskantoor sal jou aansoek evalueer en jou so gou moontlik 'n voorwaardelike aanbod laat toekom. Jy moet hierdie voorwaardelike aanbod aanvaar om jou plek in die program te verseker. Nadat jou finale matriekuitslae bekend geword het, sal die Fakulteit weer na jou aansoek kyk en indien jy aan die minimum vereistes voldoen, sal jy 'n finale aanbod ontvang wat jy binne 'n vasgestelde tyd moet aanvaar.

Wat is my keuses indien ek oor al die vereiste vakke beskik, maar een of meer van hulle nie aan die minimum vereiste voldoen nie?

Indien dit die geval is, e-pos asseblief die Fakulteit by agric@sun.ac.za 'n Opsie wat moontlik vir jou beskikbaar is, kan die Verlengde Graadprogram wees (kyk hieronder).

Wat is die Verlengde Graadprogram (VGP)?

Die VGP is 'n alternatiewe roete wat jy kan kies om toegang tot die Universiteit te verkry in geval jy nie aan die minimum vereistes voldoen nie. Dit behels 'n bykomende studiejaar waartydens studente addisionele akademiese ondersteuning ontvang ter voorbereiding vir spesifieke hoofstroomvakke en vir universiteitstudie oor die algemeen.

Enige student wat tot 'n hoofstroomprogram toegelaat word, kan om toelating tot 'n relevante VGP aansoek doen. Afhangende van skooluitslae, kan die Fakulteit die student aanraai, of vereis, dat sy/hy die VGP-roete volg. 'n Maksimum van 50 studente per jaar word vir die VGP-programme gekeur. Voorkeur word aan aansoekers uit agtergestelde sosio-ekonomiese en skoolagtergronde verleen.

Voornemende studente wat 'n voorwaardelike aanbod vir hoofstroomprogramme ontvang op grond van hulle graad 11-uitslae, maar wie se finale NSS-, of IEB-uitslae, nie aan die minimum vereistes van die betrokke program voldoen nie, kan om 'n oorplasing na 'n VGP aansoek doen.

Wat het ek nodig om vir die VGP te kwalifiseer?

Voornemende studente geniet oorweging om toelating tot ’n VGP indien hulle in een van die volgende kategorieë val:

 

VGP in die programme wat lei tot:

BScAgric
BScBosb
BSc Bewaringsekologie
BAgric (Agri-besigheidsbestuur):

VGP BScAgric (Plant en Grondwetenskappe) met Grondkunde en Chemie

VGP BScBosb (Hout- en Houtprodukkunde)

KATEGORIE 1 

Gemiddeld ≥55%

Gemiddeld ≥55% 

Gemiddeld ≥55% 

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes 

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes

KATEGORIE 2 

Wiskunde 4 (55% – 59.9%) 

Wiskunde 5 (60% – 69.9%) 

Wiskunde 5 (60% – 69.9%)

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes 

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes

KATEGORIE 3 

Fisiese Wetenskappe (45% – 49.9%) 

Fisiese Wetenskappe (45% – 49.9%) 

Fisiese Wetenskappe (55% – 59.9%)

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes 

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes

Voldoen aan AL die ander toelatingsvereistes

Afrikaans