Ingenieurswese

Die Fakulteit Ingenieurswese is een van die Universiteit Stellenbosch se vlagskipfakulteite en is een van die grootste produsente van topgehalte-ingenieurs in Suid-Afrika. Die wêreldgehalte-ingenieurs wat ons voortbring, dra by tot die ekonomiese ontwikkeling van die land en verbeter burgers se lewensgehalte. Boonop voeg ons uitstekende navorsings- en konsultasiedienste waarde tot die bedryf toe en vul dit ons finansieringstrome aanmerklik aan.

x

x

Wie kan ek kontak indien ek belangstel om by die Fakulteit Ingenieurswese in te skryf?

Klik asseblief HIER om toegang te verkry tot die kontakbesonderhede van ons personeellede in die Dekaansafdeling by die Fakulteit Ingenieurswese. Klik ook gerus op die onderstaande skakels om bykomende inligting te verkry rakende ons vyf departemente:

Wat is die onderrigtaal vir die BIng-graadprogram?

Alle voorgraadse programme is toeganklik vir studente wat op skool Engels of Afrikaans studeer het. Die taalaanbieding is in die algemeen soos volg: Modules van die eerste jaar word, met enkele uitsonderings, aangebied in sowel Engelse as Afrikaanse lesings (parallelle sessies in verskillende klasgroepe), en dit geld ook enkele modules in die eerste semester van die tweede jaar; in die ander modules word Engelse lesings aangebied, met Afrikaanse opsommings tot die derde jaar.

Alle toets- en eksamenvraestelle word in sowel Engels as Afrikaans beskikbaar gestel, en dit staan studente vry om enige vraestel of werkopdrag in Engels of Afrikaans te skryf.

Alle nagraadse programme word in Engels aangebied.

Wat van professionele akkreditasie en internasionale erkenning van die BIng-graadprogram?

Al die BIng-programme van die Fakulteit Ingenieurswese is deur die Ingenieursraad van Suid-Afrika (ECSA) geakkrediteer en gee graduandi toegang tot registrasie as professionele ingenieurs nadat hulle die toepaslike ervaring in die praktyk opgedoen het.

Ingevolge die Washington-verdrag word die BIng-grade van die Fakulteit Ingenieurswese wêreldwyd erken in lande soos onder andere Australië, Kanada, Nieu-Seeland, die Verenigde Koninkryk en die VSA.

Waar kan ek inligting bekom oor die studiegelde vir my graadprogram?

Klik asseblief HIER vir die geraamde studiegelde per fakulteit.

Watter keuringspunt moet ek behaal om vir BIng-studies aan die US te kwalifiseer?
  • Die Nasionale Normtoetse (NBT’s) is nie verpligtend vir studente wie aansoek doen vir studies in Ingenieurswese nie. Besoek egter maties.com op ʼn gereelde basis om die jongste nuus oor die NBT’s vir die 2025-inname te verkry.
  • Volgens die US se toelatingsbeleid moet ons studente ʼn spesifieke keuringspunt verwerf om vir BIng-studies aan die US te kwalifiseer. Hierdie keuringspunt word soos volg bereken:
    • (Wiskunde %) + (Fisiese Wetenskappe %) + (6 x matriekgemiddelde)
  • • Die 6 x matriekgemiddelde word bereken deur die ses beste matriekvakke te gebruik (insluitende Wiskunde en/of Fisiese Wetenskappe, as dit een van die ses beste matriekvakke is), maar die telling sluit nooit die Lewensoriënteringpunt in nie. Dit beteken as jy 100% vir al jou matriekvakke behaal het (Lewensoriëntering uitgesluit), is die maksimum keuringspunt 800 [100 + 100 + (6 x 100) = 800].   
  • Klik asseblief HIER om inligting rakende die keuringskriteria vir BIng-graadprogramme te verkry
Watter van my skoolpunte word gebruik om aansoek te doen om BIng-studies aan die Universiteit Stellenbosch?
  • Voorlopige toelating tot die Universiteit Stellenbosch (US) word toegestaan op grond van jou graad 11-eindeksamenuitslae.
  • Let asseblief daarop dat die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS), IEB-kwalifikasie of gelykwaardige uitslae die bepalende faktor vir finale toelating bly.
  • Jy mag jou graad 11-eindeksamenuitslae slegs oplaai indien jy tans in graad 12 is. As jy reeds graad 12 voltooi het, of as jy graad 12 herhaal, laai asseblief ʼn afskrif van jou finale graad 12-sertifikaat op. Geen ander resultate sal in ag geneem word nie.
Ek voldoen nie aan die keuringskriteria vir BIng-studies met my graad 11-eindeksamenuitslae nie. Watter ander graadkursusse sal my toegang tot ingenieurswese bied?
  • As jy aan die toelatingsvereistes voldoen, kan jy vir enige BSc-graadprogram inskryf, solank die volgende modules in die eerste jaar van die graadprogram ingesluit is: Wiskunde 114, Wiskunde 144, Fisika en Chemie. As jy hierdie modules suksesvol gedurende die eerste jaar van die graadprogram voltooi het, kan jy ʼn aansoek indien om oor te skakel na Ingenieurswese. Ons aanvaar gewoonlik studente vir die BIng-graadprogram as hulle die volle eerste jaar van die BSc-graadprogram suksesvol voltooi het.
  • As jy aan die toelatingsvereistes voldoen, is ʼn ander opsie om in te skryf vir ʼn BScAgric (Bosbou)-program in Hout- en Houtprodukwetenskap. Die eerste jaar van hierdie program bevat baie van dieselfde modules wat ons eerstejaar-BIng-studente gedurende hul eerste jaar moet voltooi (BScAgric- en BIng-studente woon ʼn hele paar van dieselfde klasse by).
Ek voldoen nie aan die keuringskriteria vir BIng-studies met my graad 11-eindeksamenuitslae nie. Bied die US ʼn oorbruggingskursus aan?
  • Die SciMathUS program bied aan leerders wat reeds graad 12 geslaag het (met ʼn gemiddelde punt van minstens 60%), maar wat nie vir hoër onderwys kwalifiseer nie, ʼn tweede geleentheid om hul NSS-uitslae te verbeter (met betrekking tot spesifieke vakke). Deur die verbeterde NSS-uitslae te behaal, kan hierdie leerders weer aansoek doen om universiteitsprogramme.
  • Besoek gerus SciMathUSvir bykomende inligting in hierdie verband.
Kan ek ʼn bietjie meer inligting kry oor die Verlengde Kurrikulum Programme?
  • Die Verlengde Kurrikulum Programme (VKP’s) is ingestel om toegang te bied aan voornemende studente uit opvoedkundig-onderbediende omgewings, om die BIng-programme te bemeester.
  • Die VKP’s vereis een ekstra studiejaar, wat die kurrikulum van die hoofstroomprogramme voorafgaan. Studente wat hierdie ekstra jaar suksesvol voltooi het, en wat aan sekere bykomende vereistes voldoen, kan voortgaan met die kurrikulum van die hoofstroomgraadprogramme van die Fakulteit Ingenieurswese.
  • ʼn Beperkte aantal studente word gekies vir die VKP’s en voorkeur word gegee aan studente uit benadeelde omgewings. Jy kan nie aansoek doen vir die VKP’s nie. Voornemende studente wat aansoek gedoen het om ʼn vierjarige hoofstroom-BIng-program en wat nie toegelaat is nie sal egter oorweeg word vir toelating tot die VKP’s, mits hulle aan die toelatingsvereistes vir die VKP’s voldoen.
  • Toelatingsvereistes slegs vir die VKP’s:
  • ʼn NSS met toelating tot baccalaureusstudie, of ʼn vrystellingsertifikaat deur die Matrikulasieraad
  • ʼn Gemiddelde van minstens 60% in die NSS
  • ʼn NSS-Wiskunde-punt van minstens 60%
  • ʼn NSS-Fisiese Wetenskappe-punt van minstens 50%
  • NSS-taalpunte wat aan een van die volgende vereistes voldoen:
    • Engels Huistaal 50%, sonder Afrikaansvereiste OF
    • Engels Eerste Addisionele Taal 60%, sonder Afrikaansvereiste OF
    • Engels Eerste Addisionele Taal 50% EN Afrikaans Huistaal 50% OF
    • Engels Eerste Addisionele Taal 50% EN Afrikaans Eerste Addisionele Taal 60%
  • Benewens bogenoemde vereistes is kandidate onderhewig aan keuring volgens die kriteria wat hier bo bespreek is.
Waar en wanneer kan ek aansoek doen en wat is vanjaar se sluitingsdatum vir BIng-studies aan die US in 2025?

Aansoeke om voorgraadse studie-programme kan slegs aanlyn gedoen word via die US-webwerf (www.maties.com) tussen 1 April en 31 Julie 2024 vir die inname van studente in 2025.
• Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Julie 2024

Waar kan ek inligting vind oor aansoekprosedures, beurse en lenings, studiegeld, koshuise en privaat verblyf?

Besoek gerus www.sun.ac.za/english/maties vir inligting hieroor. Jy kan ook beursverwante inligting bekom deur www.eng.sun.ac.za/company-bursaries of www.zabursaries.co.za of www.gostudy.net.

Hoe doen ek aansoek om ʼn NSFAS-beurs?

Klik asseblief HIER om aansoek te doen om NSFAS-hulp of om inligting te bekom rakende die sluitingsdatums vir aansoeke.

Watter ondersteuningstrukture is daar by die US om my in my oorgang van skool na universiteit te ondersteun?

• Twee personeellede in die Dekaansafdeling is toegewys om eerstejaarstudente te ondersteun. Daarbenewens het die Fakulteit twee onafhanklike opvoedkundige sielkundiges aangestel om jou te help met studiemetodes, tydsbestuur, ens.
• Alle geregistreerde studente word uitgenooi om van die studentedienste by Studentesake gebruik te maak. Hulle kan jou met die volgende help:
o Aanleg-, belangstellings- en beroepstoetse
o Beroepsbeplanning
o Kommunikasievaardighede
o Konflikhantering
o Die hantering van spanning en depressie
o Gesondheidsorgdienste
o Lewensvaardigheidsopleiding
o Leesvaardighede
o Verhoudingsprobleme
o Ondersteuning vir studente met spesiale behoeftes of gestremdhede
o Tydsbestuur

Waar kan ek belangrike US-datums vir 2024 vind?

Klik asseblief HIER vir inligting oor belangrike datums vir 2024.

Waar kan ek die Ingenieurswese-jaarboek vir 2024 vind?

Klik asseblief HIER om toegang te verkry tot die Ingenieurswese-jaarboek vir 2024.

Kan ek ʼn bietjie meer inligting kry oor handboeke vir eerstejaarstudente?
  • Studente wat 'n voorlopige aanbod ontvang het om in 2025 ingenieurswese te studeer, sal in November 2024 'n e-pos ontvang met inligting oor die lys voorgeskrewe handboeke, die tekenstel en kontakbesonderhede van verskaffers. Sommige verskaffers op die lys is beskikbaar in die Universiteit se Studentesentrum (op hoofkampus), ander is beskikbaar vir aanlynbestellings.
  • Benewens die e-pos wat jy sal ontvang, publiseer ons ook die inligting op ons Fakulteit se webwerf (klik assebelief HIER) en ons Telegram. Hierdie inligting sal ook gedeel word met ouers en eerstejaars tydens die Verwelkomingsprogram voor die aanvang van klasse.
Sal ek toegang tot WiFi by die US hê?

Alle geregistreerde studente het gratis toegang tot en gebruik van die internet op die kampus en in Universiteitskoshuise.

Benodig ek ʼn skootrekenaar/internet-geaktiveerde toestel/rekenaar om aan die US te studeer?

Die US volg ʼn gemengde onderrig- en leerbenadering, wat sowel aanlyn leer as persoonlike klasse insluit. Dit is dus belangrik dat studente toegang het tot ʼn internet-geaktiveerde toestel, verkieslik ʼn skootrekenaar. Met die onsekerheid wat die Covid-19-pandemie teweegbring, is dit nou belangriker as ooit tevore dat studente oor die regte toerusting beskik om toegang tot aanlyn klasse te verkry.

Wat is die aanbevole minimum skootrekenaarspesifikasies?

Klik asseblief HIER vir meer inligting oor die aanbevole skootrekenaarspesifikasies.

Het die US IT-laboratoriums waar ek toegang tot ʼn rekenaar kan verkry as ek nie my eie skootrekenaar het nie?

Ja, rekenaars in ons Rekenaargebruikersareas is toegerus met die nuutste gelisensieerde sagteware en hierdie fasiliteite is beskikbaar aan alle studente.

Wanneer vind die Ingenieurswese Winterweek 2024 plaas?

• Die Ingenieurswese Winterweek vind plaas vanaf 30 Junie tot 5 Julie 2024, en die koste per leerling is R4100. Aansoeke open op 18 Maart (www.eng.sun.ac.za/winterweek), en verdere inligting kan verkry word deur ‘n navraag te rig aan winterweek@sun.ac.za.
• Volg ook asseblief ons Fakulteit se sosiale media-platforms op www.eng.sun.ac.za om te verseker dat jy geen belangrike nuus misloop nie.

Afrikaans