Lettere en Sosiale Wetenskappe

Die Departement van Algemene Taalwetenskap bied voorgraadse kursusse wat fokus op menslike taal en kommunikasie. In Algemene Taalwetenskap 178 fokus ons op die verwerwing, struktuur, en sosiale gebruik van taal, en ons bied 'n wye reeks insigte omtrent die manier waarin taal in die brein gesitueer is.

empty

empty tag

Wat is taalwetenskap?

Taalwetenskap is die wetenskaplike studie van menslike taal en kommunikasie.

Wat kan ek met Taalwetenskap doen?

Studente wat taalwetenskap bestudeer het, vind dikwels werk as onderwysers, vertalers, tolke, skrywers, redakteurs, joernaliste, ens. Om taalwetenskap te studeer kan jou ook help met insigte in ander vakke wat fokus op menslike denke, emosies, en gedrag, soos Sielkunde, Sosiologie, en Antropologie, en dit is ook 'n goeie kombinasie met ander taalverwante vakke soos Engels, Afrikaans, isiXhosa, Chinees, Frans, Duits, ens.

Afrikaans