Lettere en Sosiale Wetenskappe

Die Departement Geskiedenis is geleë in die Krotoa-gebou van die Universiteit Stellenbosch. Die departement het as ’n onafhanklike entiteit tot stand gekom in 1904. Die departement poog om aan student die nodige intellektuele vaardighede te verskaf om die prosesse van verandering en geskiedkundige debat te begryp.

empty

empty tag

Hoekom moet ek Geskiedenis bestudeer?
  1. Oordraagbare vaardighede

Die studie van Geskiedenis verskaf aan studente die vaardighede wat nie net beperk is tot die studie van die verlede nie. Ontleedvaardighede is van onskatbare waarde in baie poste, en die vermoë om te analiseer en dan inligting te prioritiseer is noodsaaklik vir besluitneming. Dit verskaf nie net aan die student ’n stel vaardighede nie, maar hou ook opsies vir verskeie beroepsrigtings oop. 

  1. Geskiedenis is relevant

Daar is ’n stigma verbonde aan geskiedenis wat gebaseer is op die verre verlede, maar nie die groot hoeveelheid moderne geskiedenis wat in diepte bestudeer word, in ag neem nie. Ten einde sin te maak van huidige aktuele sake is dit belangrik om die verlede te bestudeer, aangesien alles wat vandag om ons gebeur beïnvloed is deur, en ’n direkte gevolg is van, dit wat dit voorafgegaan het. Op hierdie wyse is die studie van Geskiedenis eksplisiet relevant vir ons.  

“Ek kan aan jou een of ander banale aanhaling oor leer uit die verlede verskaf – veral daardie uiters irriterende een van “dié wat nie leer uit die verlede nie, is gedoem om die geskiedenis te herhaal”. Eintlik is slegs die eerstejaars wat Tollies (die studentekuierplek) ontdek gedoem om Geskiedenis te herhaal. Natuurlik leer ’n mens uit die geskiedenis, maar dit bied hoofsaaklik lesse soos “Moenie Rusland in die winter binneval nie”. Ek dink die regte waarde van leer uit die verlede is om jou bekend te stel aan die hede. Om te weet dat dit nie altyd so ontsettend magtig was nie. Dit kan mense bemagtig om die status quo uit te daag wat hulle andersins geleer sou wees om te glo is “natuurlik”, “biologies” en “onbetwisbaar”. My taak is om duidelik te maak dat dit ’n geskiedenis het, en dus kan verander, of verder verander kan word.”

Professor Sandra Swart, Departement Geskiedenis aan die Universiteit Stellenbosch.

  1. ’n Geskiedenis-graad is ’n belegging in jou toekoms

Indien dit studeer word aan ’n gesiene universiteit soos Stellenbosch, kan ’n graad in Geskiedenis ’n indrukwekkende en aantreklike kenmerk van ’n CV wees. 

  1. ’n Graad in Geskiedenis bevorder onafhanklikheid 

’n Graad in Geskiedenis onderskryf onafhanklikheid in jong mense. Die tipies beperkte kontak-ure gebied deur ’n Geskiedenis-graad bemagtig studente om hul eie ondersoeke te doen oor die verlede, terwyl hulle steeds die versekering het van ’n lektor wat kan ondersteun en help om potensiële teorieë of gedagte-rigtings te ontwikkel. Kennis word nie net oorhandig op graad-vlak nie; dit vereis harde werk, en in ’n vak wat oorheers word deur leeswerk sal studente selfstandige en minder afhanklike leerders word. 

  1. Die Studie van Geskiedenis bevorder kulturele bewustheid

Deur die geskiedenis van verskillende kulture waar te neem, kan ’n Geskiedenis-student ’n beter begrip bou van hoekom sekere mense optree soos wat hulle wel doen. Deur verskillende vertakkings van die mensdom te bestudeer kan jy ’n breë kulturele bewustheid verkry.

’n Geskiedenis-graad laat ons toe om te leer uit die verlede

Watter loopbane kan ek volg met ’n graad in Geskiedenis?

Laerskole Hoërskole Tersiêre Opvoeding Historiese Terreine en Museums

Geskiedkundiges as Navorsers

Museums en Historiese Organisasies; Kulturele Hulpbronbestuur en Erfenisbewaring; Dinkskrums.

Historici as Kommunikeerders

Skrywers en Redakteurs; Joernaliste; Dokumentêre Redakteurs; Produsente van Multimedia-materiaal.

Historici as Inligtingbestuurders

Argivarisse; Rekord-bestuurders; Bibliotekarisse; Inligting-bestuurders.

Historici as Pleitbesorgers

Advokate en Prokureurs; Litigasie-ondersteuning; Regspersoneel; Stigtings.

Historici en Ondernemings en Verenigings

Historici in korporatiewe organisasies; Kontrak-historici; Historici en Nie-winsgewende Organisasies.

 

Graduandi het winsgewende poste gekry by Capitec Bank as beleidsontleder, wynambassadeur by La Motte Wynplaas, uitgewer by Shuter & Shooter en 30 Degrees South, Kaapstad Argief, Anglo-Boereoorlog Museum, omgewingsorganisasies, filmkonsultante, Promosies, Produksies en Kreatiewe Assistent by Jakaranda FM, Parlementêre navorser, Adviseur oor militêre geskiedenis-inhoud in die filmbedryf en meer.

Indien ek navrae het, wie kan ek kontak?

Jy kan prof A Swart kontak by sss@sun.ac.za en dr T Dube by tdube01@sun.ac.za

Afrikaans