Ingenieurswese
Bedryfsingenieurswese
x
Die Departement Bedryfsingenieurswese is bekend vir sy volgehoue uitset van dinamiese, kreatiewe, vooruitdenkende, en innoverende bedryfsingenieurs wat gesog is onder plaaslike en internasionale besighede in nywerhede wat wissel van vervaardiging en konsultasie tot kleinhandel, logistiek, en inligtingstegnologie. Ons departement is geleë in 'n toegewyde vyf-vlak, nuut opgeknapte moderne gebou wat spog met bekroonde akademiese personeel toegewy aan 'n groot verskeidenheid navorsingsvelde, soos onder andere datawetenskap, bedryfsbestuur, vervaardiging, ingenieursbestuur, operasionele navorsing, en logistieke- en voorsieningskettingstelsels.
x
- Webtuiste: ie.sun.ac.za
- E-pos: industrial@sun.ac.za
- Facebook: Industrial Engineering – Stellenbosch University
- Instagram: industrial.engineering_su