Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Hierdie program lei jou op vir 'n loopbaan in die bestuur van menslike hulpbronne in organisasies. Deur die BCom (Bedryfsielkunde) op te volg met 'n HonsBCom (Bedryfsielkunde) en die ses maande lange BPsig-ekwivalensieprogram, en dan 'n professionele raadseksamen suksesvol af te lê, kan jy statutêr registreer by die Health Professions Council of South Africa (HPCSA) as psigometris (in onafhanklike praktyk). Na voltooiing van die MCom (Bedryfsielkunde)-program, 'n 12 maande internskap en die aflegging van die professionele raadseksamen vir bedryfsielkundiges kan jy statutêr registreer by die HPCSA as Bedryfsielkundige.

Afrikaans