Lettere en Sosiale Wetenskappe

Sedert die ontstaan van die Departement Joernalistiek in 1978, word van die mees prominente en innoverende professionele mediawerkers in Suid-Afrika hier gevorm. Die vlagskipprogram van die departement is die HonsBA Joernalistiek-program – ʼn jaarlange, voltydse nagraadse kwalifikasie wat daarop fokus om aspirerende mediawerkers toe te rus met die praktiese en kritiese denkvaardighede wat nodig is vir ʼn suksesvolle loopbaan.

journalism.sun.ac.za

empty

empty tag

Wat is ’n “nagraadse” graad?

Jy kan slegs ’n nagraadse graad doen wanneer jy reeds gegradueer het met ’n voorgraadse graad. Dit beteken jy kan nie by Stellenbosch joernalistiek direk ná matriek studeer nie, maar eers nadat jy jou voorgraadse studies geslaagd afgehandel het.

Wat het ek nodig om toegang tot die joernalistiekhonneursgraad te kry?

Jy kan enige voorgraadse program (BA, BCom, BSc, ens.) van ten minste drie jaar studeer.

Wat is die keuringskriteria om tot die joernalistiekhonneursprogram toegelaat te word?

Jy moet jou voorgraadse graad suksesvol voltooi het. Daar is ’n keuringstoets wat jou algemene kennis en skryfvaardighede toets. As jy goed vaar in die toets, word jy vir ’n onderhoud uitgenooi.

Hoeveel studente aanvaar die Departement Joernalistiek jaarliks vir dié kursus?

Die departement aanvaar slegs 26 studente per jaar vir dié kursus. Dis ’n baie praktiese program waarin elke student individuele aandag kry.

Wat kan ek doen om my kanse te verbeter om gekeur te word vir die BAHons Joernalistiekprogram?

Jy kan jou kanse op toelating tot die nagraadse kwalifikasie verbeter deur in jou voorgraadse jare by mediaorganisasies op kampus betrokke te raak; bly op hoogte van nuusgebeure deur joernalistieke bronne te lees, daarna te luister, dit te kyk en te volg; behaal goeie punte in jou voorgraadse kursusse. En lees. Lees. Lees!

Afrikaans