Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Die Departement Logistiek is een van verskeie departemente binne die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, en is ook die oudste tersiêre akademiese departement in Suid-Afrika wat opleiding in vervoer en logistiek bied.

Die departement huisves die vakrigtings Logistieke- en Voorsieningsketting Bestuur, Operasionele Navorsing, Besigheidsanalitiek en Vervoerekonomie, en is die enigste departement aan ‘n Suid-Afrikaanse universiteit wat die onderskeie vakrigtings volledig en geïntegreerd vanuit een departement aanbied.

Afrikaans