Natuurwetenskappe

Die Wiskundige Wetenskappe-program bied die geleentheid om vir 'n graad te studeer wat fokus op wiskundige konsepte. Elke student in hierdie program kies een van die volgende strome: Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Abstrakte Wiskunde en Operasionele Navorsing.

x

empty

empty tag

Hoekom moet ek ‘n graad in die Wiskundige Wetenskappe oorweeg?

Die BSc Wiskundige Wetenskappe-program bied 'n wye verskeidenheid vakke wat jou die geleentheid gee om ’n rigting te vind waarin jy belangstel. Jy kan kies tussen Abstrakte Wiskunde, Toegepaste Wiskunde, Biowiskunde, Rekenaarwetenskap, Finansiële Wiskunde, Operasionele Navorsing, Wiskundige Statistiek en Wiskunde.

Vir ’n kort oorsig van die Wiskundige Wetenskappe-program, klik hier. (klik hier).

Wat is Toegepaste Wiskunde, in teenstelling met suiwer Wiskunde?

In Toegepaste Wiskunde word jou studies gedryf deur werklike toepassings en die doel is om uiteindelik die wiskundige modelle op werklike probleme toe te pas. In suiwer Wiskunde word jou studies gedryf deur nuwe wiskundige insigte, en alhoewel die wiskunde wat ontwikkel word dalk in die toekoms in werklike toepassings gebruik kan word, is dit nie waarop jy gefokus is tydens jou studies nie.

Wat is die verskil tussen Wiskunde op skoolvlak en op universiteitsvlak?

In breë trekke val die fokus op universiteitsvlak meer op analitiese en logiese denke en probleemoplossingsvaardighede, en minder op berekeningvaardighede.

Wat is die toelatingsvereistes vir ‘n BSc-graad in Wiskundige Wetenskappe?

Die toelatingsvereistes vir die Fakulteit Natuurwetenskappe is op bladsy 25 in die 2021 Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5). 2021 Faculty of Science Calendar (Part 5).

Wat kan ek in my eerste jaar verwag?

In jou eerste jaar sal jy vier semestermodules per semester, en een jaarmodule, Wetenskap in Konteks neem. The verpligte en keusemodules vir elke stroom verskyn in die 2021 Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5). Om ‘n video te kyk oor hoe om inligting uit die jaarboek te kry, klik hier.

Watter tipe loopbane kan ek volg met ‘n BSc-graad in Wiskundige Wetenskappe?

Gedurende jou studies rus die Universiteit van Stellenbosch jou toe met die nodige analitiese en probleemoplossingsvaardighede wat jou vir ‘n verskeidenheid van loopbane voorberei.

Moontlike werksgeleenthede sluit die volgende in: onderwysers, datawetenskaplikes, rekenaarprogrammeerders, sagteware-ontwikkelaars, navorsers, besigheidsontleders en risiko- ontleders. Vir meer inligting besoek gerus die webtuistes WeUseMath en SIAM. Besoek ook ons alumni-afdeling om die profiele van sommige Wiskundige Wetenskappe Alumni te sien.

Watter nagraadse opsies is daar in Wiskundige Wetenskappe?

Nadat jy jou voorgraadse studies in Wiskundige Wetenskappe voltooi het, kan jy ‘n honneursgraad in ‘n gepaste rigting, afhangend van jou derdejaarmodules, aanpak. ‘n HonsBSc is ‘n een jaar lange graad wat uit ‘n aantal modules en ‘n navorsingsprojek in jou gekose rigting bestaan. Hierna kan jy vir ‘n meestergraad inskryf wat uit ‘n tesis oor ‘n goedgekeurde onderwerp bestaan. Om ‘n PhD in een van die rigtings van Wiskundige Wetenskappe te behaal, moet jy ‘n proefskrif met die resultate van jou oorspronklike navorsing inhandig.

Wat is die navorsingsfokusareas in Wiskundige Wetenskappe?

Die afdeling Toegepaste Wiskunde by die Universiteit Stellenbosch fokus op navorsing in numeriese analise en wetenskaplike berekeninge; rekenaarvisie en masjienleer; vloeidinamika en -modellering; en toegepaste diskrete wiskunde. Ons missie is om probleme te formuleer en op te los in alle fasette van die samelewing deur gebruik te maak van wiskundige metodes wat ons ontwikkel en op ’n innoverende wyse toepas.

In die afdeling Wiskunde het ons navorsingsgroepe wat fokus op Algebra en Modelteorie, Kategoriese Algebra, Diskrete Wiskunde, Dualiteitsteorie, Funksionaalanalise, Wiskundige en Teoretiese Fisiese Biowetenskappe, Getalleteorie en Meetkunde, en Topologie en Wiskundige Fisika.

Afrikaans