Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Die doel van die MBChB-program is om pas afgestudeerde Stellenbosch-dokters te lewer wat oor die kennis, vaardighede en gesindhede beskik om gedurende die twee internskapjare die beskikbare geleenthede optimaal te benut en om na afloop daarvan selfstandig in die primêre gesondheidsektor te kan funksioneer, en wat die vermoë en insig verwerf het om persoonlik en professioneel verder te kan ontwikkel.

Die opleiding van mediese dokters

Na afloop van hierdie ses jaar volg twee jaar internskap en dan die gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Onafhanklike Praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

’n Groot verskeidenheid beroepskeuses kan uitgeoefen word, byvoorbeeld in privaatpraktyke, hospitale of ander mediese instansies, in verskeie staats- of semistaatsinstellings, in navorsing, in akademiese geneeskunde of in die privaat sektor soos by versekeringsmaatskappye of die farmaseutiese bedryf.

Nagraadse studie vir ’n navorsingsloopbaan of spesialisasie in enige kliniese rigting is verdere aantreklike opsies (klik hier).

Vir nadere besonderhede, kyk die program se leerplan in die Jaarboek.

x

Afrikaans