Lettere en Sosiale Wetenskappe
Die Departement Moderne Vreemde Tale aan Stellenbosch Universiteit is verbind die uitnemende leer en onderrig van die Chinese, Franse, Duitse en Spaanse tale en letterkunde.
Ons leerplanne integreer taalonderrig met kultuur en letterkunde, om te verseker dat ons studente nie net taalvaardigheid verwerf nie, maar ook ’n dieper verstaan van die tale. Ons het aan die voorpunt van vreemdetaalonderrig in Suid-Afrika gebly met ʼn lang tradisie wat taalkundigheid en kulturele verryking vermeng.
Ons voorgraadse modules word aangebied as deel van verskeie voorgraadse programme en maak vir verskeie taalagtergronde en -belangstellings voorsiening.
Alle voorgraadse modules fokus op taalvaardigheid, kommunikasievaardighede en kulturele geletterdheid in die betrokke tale om ’n globale bewustheid te bevorder en studente op verskeie loopbane voor te berei.
Programme soos BA Taal en Kultuur en BA Geesteswetenskappe is die mees geskikte programme vir studente wat een of meer vreemde tale as hoofvak wil neem.
Ons eerstejaarmodules in Chinees, Duits, Frans en Spaans maak voorsiening vir absolute beginners. Ons tweede- en derdejaarmodules sluit ook letterkunde en kulturele studies in. Spaans word tans slegs op eerste- en tweedejaarsvlak aangebied.
Ons bied ook meer gevorderde modules aan vir studente wat met Duits of Frans as tweede addisionele taal gematrikuleer het.
empty
empty tag
Ek weet niks van die taal nie. Kan ek dit steeds studeer?
Ja, jy moet registreer vir die 178 module.
Ek het Frans/Duits tot graad 12 geneem. Water module moet ek neem?
Jy moet registreer vir Frans 188 of Duits 188.
My ouers is Duits. Kan ek Duits studeer?
Ja, jy moet registreer vir Duits 188.
My ouers is Frans. Kan ek Frans studeer?
Nee. Ons bied Frans as ’n vreemde taal. As Frans nie vir jou ’n vreemde taal is nie of as jy baie sterk bande het met die taal, kan jy nie Frans op voorgraadse vlak by ons studeer nie.
Bied julle Spaans/Portugees/Italiaans/Arabies aan?
Nee, ons bied Chinees, Frans en Duits aan.
Wat kan ek met ’n taal doen?
’n Vreemde taal open deure in feitlik enige beroep. Jy kan ’n taal-georiënteerde loopbaan volg, soos vertaling, tolk en onderwys. ’n Taal sal ook vir jou deure oopmaak in joernalistiek en besigheid. Buitelandse maatskappye met belange in Suid-Afrika benodig werknemers met die nodige taalvaardighede.
Kan ek meer as een taal studeer?
Ja. Sommige programme, soos Taal en Kultuur, laat jou toe om twee of meer tale te studeer.