Lettere en Sosiale Wetenskappe

Die Departement Moderne Vreemde Tale bied Chinees, Duits en Frans aan van eerste jaar tot nagraadse vlak. Dit behels die bestudering van die grammatika, letterkunde en kulture wat verband hou met hierdie tale.

empty

empty tag

Ek weet niks van die taal nie. Kan ek dit steeds studeer?

Ja, jy moet registreer vir die 178 module.

Ek het Frans/Duits tot graad 12 geneem. Water module moet ek neem?

Jy moet registreer vir Frans 188 of Duits 188.

My ouers is Duits. Kan ek Duits studeer?

Ja, jy moet registreer vir Duits 188.

My ouers is Frans. Kan ek Frans studeer?

Nee. Ons bied Frans as ’n vreemde taal. As Frans nie vir jou ’n vreemde taal is nie of as jy baie sterk bande het met die taal, kan jy nie Frans op voorgraadse vlak by ons studeer nie.

Bied julle Spaans/Portugees/Italiaans/Arabies aan?

Nee, ons bied Chinees, Frans en Duits aan.

Wat kan ek met ’n taal doen?

’n Vreemde taal open deure in feitlik enige beroep. Jy kan ’n taal-georiënteerde loopbaan volg, soos vertaling, tolk en onderwys. ’n Taal sal ook vir jou deure oopmaak in joernalistiek en besigheid. Buitelandse maatskappye met belange in Suid-Afrika benodig werknemers met die nodige taalvaardighede.

Kan ek meer as een taal studeer?

Ja. Sommige programme, soos Taal en Kultuur, laat jou toe om twee of meer tale te studeer.

Afrikaans