Natuurwetenskappe

Molekulêre Biologie en Biotegnologie

Molekulêre Biologie is die vertakking van biologie wat lewensnoodsaaklike makromolekules bestudeer. Biotegnologie gebruik kennis van hoe biologiese sisteme werk, om lewende organismes te manipuleer ten einde bruikbare oplossings te vind. In die BSc Molekulêre Biologie en Biotegnologieprogram by die Universiteit Stellenbosch, sal jy toonaangewende, moderne wetenskaplike navorsing kan verken. Jy sal leer hoe molekules soos DNS, RNS en proteïene die fundamentele prosesse van sellulêre lewe beïnvloed. Dit sal die grondslag lê vir ʼn loopbaan as ʼn molekulêre selbioloog of biotegnoloog in die privaat of openbare sektore, of in die akademiese omgewing.

Biochemie

Biochemie is die studie van die chemiese prosesse wat in alle lewende organismes plaasvind. In wese bring dit Biologie en Chemie byeen en stel dit wetenskaplikes in staat om hierdie kennis te gebruik om vraagstukke aangaande die funksies van selle – waaruit alle vorme van lewe bestaan – op te los. Biochemie ondersteun 'n verskeidenheid van wetenskapsdissiplines soos genetika en mikrobiologie, maar ook chemie, forensiese wetenskap, plantkunde en geneeskunde. As gevolg van die groot omvang, is Biochemie baie belangrik om lewenswetenskappe in die algemeen te kan verstaan. In Biochemie sal jy die werking van biologiese bane in metabolisme leer, en hoe al die komponente van biologiese bane soos proteïene, lipiede en koolhidrate gevorm word, en ook wat hulle funksie binne die metabolisme is.

Mikrobiologie

Mikrobiologie (micros = klein; bios = lewe; logos = wetenskap) is die studie van mikroskopies klein lewende organismes soos bakterieë, virusse, swamme, protosoë en alge. Al is mikrobes nie met die blote oog sigbaar nie, beslaan hulle 60% van alle lewe op Aarde en het hulle ʼn groot impak op elke ander lewende organisme op die planeet. Mikrobiese aktiwiteite en interaksies is van kritieke belang vir feitlik alle prosesse op Aarde. Dit speel ʼn rol in voedingstofsiklus, bioafbreking, klimaatsverandering, die bederwing van voedsel, asook in die oorsaak en beheer van siektes. Die toepassing van fundamentele mikrobiese kennis het gelei tot die ontwikkeling van verskeie mediese, veeartsenykundige, industriële, omgewings- en ander biotegnologiese toepassings, tot voordeel van die mensdom.

Genetika

Genetika is die studie van hoe biologiese inligting geberg, oorgedra, vertolk en uitgedruk word. Dit vorm dus 'n sentrale pilaar van biologie en oorvleuel ook met baie areas soos landbou, geneeskunde en biotegnologie. In Genetika sal jy leer van gene, oorerwing, en genetiese variasie in lewende organismes. Dit beteken dat ons die fisiologiese gedrag van 'n lewende organisme, soos bv. ‘n plant, dier of mens kan verstaan én voorspel.

empty

empty tag

Wat is my beroepsopsies?

Biotegnoloë het die volgende beroepsopsies:

Biotegnologie kombineer die velde van biologie, genetika, mikrobiologie, fisika en chemie. As 'n uitvloeisel hiervan, is daar baie beroepsgeleenthede.

Openbare sektor:

  • Universiteite: onderrig en/of navorsing
  • Tersiêre opvoeding
  • Landbou en visserye
  • Hospitaallaboratoriums
  • Openbare gesondheidsorglaboratoriums
  • Nasionale Bloeddiens
  • Forensiese wetenskap
  • Navorsingsinstellings
  • Omgewingsbesoedelingsbeheer
  • Militêre laboratoriums
  • Natuurlike hulpbronbestuur
  • Beoordeling van aansoeke om geneesmiddelregistrasie

Privaat Sektor

  • Biotegnologie-maatskappye
  • Voedsel en Drank (insluitend brouerye)
  • Gesondheid- en skoonheidsorg
  • Mediese Instrument-ontwikkelaar
  • Chemiese vervaardiging
  • Farmaseutiese industrie
  • Vaksien-ontwikkeling en -produksie
  • Landbou-industrie
  • Konsultasiewerk
  • Verkoopspersoon van Laboratoriumtoerusting
  • Farmaseutiese Verkoopsverteenwoordiger

Ander:

  • Patentereg
  • Wetenskapsjoernalistiek
  • Wetenskaps-grafiese ontwerp
  • Projekbestuur
Wat is die toelatings- en keuringsvereistes?

Raadpleeg die Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5)

http://www.sun.ac.za/afrikaans/Documents/Yearbooks/Current/2021-Science.pdf

Or visit the website: www.sun.ac.za/science

Watter vakke moet ek neem vir die BSc-program Molekulê Biologie en Biotegnologie?

In jou eerste jaar sal jy óf Kurrikulum 1 (Biologie, Chemie, Wiskunde (Bio), Fisika (Bio) en Wetenskap in Konteks) óf Kurrikulum 3 (Biologie, Chemie, Wiskunde, Fisika en Wetenskap in Konteks) neem.

In jaar 2 sal jy Biochemie, Genetika en Mikrobiologie neem.

In jaar 3 sal jy twee hoofvakke kies uit Biochemie, Genetika en Mikrobiologie, of die opsie om kern Biotegnologie- modules met Biochemie of Mikrobiologie te kombineer.

Waaroor gaan die vakke?

Biochemie, is die studie van die chemiese prosesse wat in alle lewende organismes plaasvind. In wese bring Biochemie, biologie en chemie byeen en stel dit wetenskaplikes in staat om hierdie kennis te gebruik om vraagstukke aangaande die funksie van selle – waaruit alle vorme van lewe bestaan – op te los. Biochemie ondersteun 'n verskeidenheid van wetenskapsdissiplines soos genetika en mikrobiologie, maar ook chemie, forensiese wetenskap, plantkunde en geneeskunde. As gevolg van die groot omvang, is Biochemie baie belangrik om lewenswetenskappe in die algemeen te kan verstaan. In Biochemie sal jy die werking van biologiese bane in metabolisme leer, en hoe al die komponente van biologiese bane soos proteïene, lipiede en koolhidrate gevorm word en wat ook hulle funksie binne die metabolisme is.

Genetika is die studie van hoe biologiese inligting geberg, oorgedra, vertolk en uitgedruk word. Dit vorm dus 'n sentrale pilaar van biologie en oorvleuel ook met baie areas soos landbou, geneeskunde en biotegnologie. In Genetika sal jy leer van gene, oorerwing, en genetiese variasie in lewende organismes. Dit beteken dat ons die fisiologiese gedrag van 'n lewende organisme, soos bv. n plant, dier of mens kan verstaan én voorspel. Vir meer inligting oor genetika, besoek die Genetika stalletjie. Genetika val onder die Fakulteit Agriwetenskappe.

Mikrobiologie is die studie van mikroskopies klein lewende organismes soos virusse, bakterieë, fungi, alge en protosoë. Mikrobes verteenwoordig >60% van alle lewe op aarde en staan sentraal tot die studie van biologiese sisteme. Sonder hulle sou lewe soos wat ons dit ken, eenvoudig nie moontlik wees nie. Deur Mikrobiologie te studeer, sal jy die morfologie, metabolisme, fisiologie, reproduksie en genetika van mikroörganismes leer verstaan, asook hulle wisselwerking met ander organismes en die rol wat hul in die ekologie speel. Jy sal ook leer hoe die fundamentele kennis van mikrobes aanleiding gegee het tot die ontwikkeling van talryke toepassings waarby die mensdom baatvind in die velde van geneeskunde, veeartsenykunde, in industrieë en ander omgewings- en biotegnologiese sektore.

Is dit moontlik om van een studierigting in die Fakulteit Natuurwetenskappe na 'n ander in die fakulteit te verander?

Ja, jy kan van programme of strome verander, veral na jou eerste jaar. Dit sal makliker wees om na jou eerste jaar te verander indien jy Kurrikulum 3 gevolg het, aangesien hierdie kurrikulum meer veelsydig is. Kurrikulum 1 is meer spesifiek ten opsigte van biologiese vakke. Tussen jaar 2 en 3 sal jy ook kan verander, maar dan gaan jou opsies meer beperk wees. Indien jy van program wil verander na jaar 2, kan dit aanleiding gee tot 'n bykomende jaar van studie. Jy moet egter 'n amptelike versoek rig om van program of stroom te verander. Die Fakulteit Natuurwetenskappe se Akademiese Komitee moet hierdie versoek goedkeur.

Vir volledige programinligting, raadpleeg die Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5) http://www.sun.ac.za/afrikaans/Documents/Yearbooks/Current/2021-Science.pdf

Wat is my nagraadse studie-opsies?

In elkeen van die dissiplines wat gedek word, is daar die geleentheid om verder te studeer. Jy kan die BSc opvolg met 'n HonneursBSc-graad (1 jaar). Dan kan jy voortgaan met ’n MSc (2 jaar) en ’n PhD (3 jaar). Jy kan ook nagraads studeer in ander dissiplines, waarvan Plantbiotegnologie, Wynbiotegnologie en Mediese Mikrobiologie maar 'n paar is. Die fokus van jou nagraadse studies is natuurlik afhanklik van jou voorgraadse hoofvakke.

Wat is die verskil tussen universiteite, tegnologie-instellings en kolleges?

Tegnologie-instellings fokus daarop om die student 'n tegniese kwalifikasie te gee binne 'n spesifieke veld en fokus daarop om die student praktiese vaardighede te leer in plaas van teoretiese konsepte. Dit berei die student voor om in 'n gekose veld te kan werk met spesifieke vaardighede. Kolleges brei die vaardighede en kennis van die student uit, ten einde hom in staat te stel om 'n spesifiek professie te beoefen. Universiteite is meer gefokus op akademie, en leer studente kritiese denk- en probleemoplossingsvaardighede wat die studente in staat te stel om in 'n wye reeks van professionele velde te kan werk.

Mikrobiologie | Watter onderwerpe word op eerstejaarsvlak gedek?

Die “Mikrobiese Diversiteit” submodule van Biologie144, stel jou voor aan die verskillende groepe mikroörganismes (virusee, bakterieë, fungi en giste), hulle onderskeie selstrukture, lewensiklusse en voedingsvereistes. Die praktiese belang van hierdie mikroörganismes word bespreek, met voorbeelde van produkte wat industrieel vervaardig word. Die doel van hierdie module is nie om jou gedetailleerde inligting oor elke groep mikroörganismes te gee nie, maar om jou ’n oorsig te gee van sekere basiese aspekte as ’n nodige agtergrond vir die studie in biologie, en jou te stimuleer om jou studie (en navorsing) in Mikrobiologie voort te sit.

Mikrobiologie | Wanneer sal ek begin om eksperimente met mikroörganismes te doen?

Praktiese sessies word in ons voorgraadse laboratoriums aangebied. Hier sal jy leer hoe om mikroörganismes te kweek, hoe om hulle te identifiseer en hoe om hulle te isoleer as suiwer kulture uit omgewingmonsters. Op tweede- en derdejaarsvlak sal jy Molekulêre Biologie-tegnieke leer wat jou in staat sal stel om gene te isoleer en te kloon, geenuitdrukking en metaboliese prosesse bestudeer, asook hulle verskeie toepassings.

Mikrobiologie | Gebruik mikobioloë mikroskope in al hulle navorsing?

Nee, mikrobioloë gebruik mikroskope verrassend min! Ons kweek ons mikroörganismes in vloeistof en op vaste media en leer om hulle te identifiseer op grond van hulle groeikenmerke, kleur, reuk biochemiese eienskappe, en genetiese kenmerke wat ons bestudeer deur gebruik te maak van molekulêre biologie-tegnieke. Ons gebruik mikroskope om die suiwerheid van ons kulture te bevestig, asook in sommige baie gevorderde tegnieke soos bv. die merk van selle met fluoresserende kleurstof en by die elektronmikroskopie-analise van selstrukture.

Mikrobiologie | Werk mikrobioloë altyd in laboratoriums?

Aangesien mikroörganismes so klein is, is hulle die ideale voorwerpe om in laboratoriums te bestudeer. Slegs 'n klein persentasie van al die beskikbare mikroörganismes in die omgewing is egter reeds geïsoleer en bestudeer, dus is mikrobioloë voortdurend besig om nuwe spesies te soek. Indien jy opgewonde raak oor veldwerk, kan jy een van daardie mikrobioloë word wat steekproefmonsters van onderwater vulkane, seesponse van Australië se Groot Koraalrif, of van gevriesde mere in Antarktika insamel. Die moontlikhede is eindeloos!

Mikrobiologie | Is mikroörganismes gevaarlik?

Die meeste mikroörganismes is skadeloos. Dié wat ons vir onderrig- en navorsingsdoeleindes gebruik is veilig en boonop leer ons jou die korrekte hanteringstegnieke vir alle mikrobemonsters. Sommige mikroörganismes is patogene, en jy sal leer oor die siektes wat hulle kan veroorsaak, asook hoe ons hulle kan beheer. Vir diegene wat in Kliniese Mikrobiologie belangstel: ons doen ook navorsing op antimikrobiese middels uit bakterieë, fungi en plante, sowel as die ontwikkeling van biosensors, wondbedekkings en geneesmiddel-afleweringstelsels.

Mikrobiologie | Het mikrobioloë 'n kreatiewe kant?

Beslis! Die vaardighede wat nodig is om Mikrobiologie te studeer, varieer van hoogs analities (data- analise, die skryf van sagtewareprogramme, statistiek ens.) tot waarneming ('n oog vir detail, goeie rekordhouding, ens.) tot prakties (die hantering van gereedskap en toerusting) maar hulle almal vereis 'n hoë mate van kreatiwiteit. Die ontwerp van eksperimente en probleemoplossing benodig kreatiwiteit. Sommige van die beste mikrobiologiese toepassings het gespruit uit “wilde” gedagtes!

Genetika | Vir watter graad skryf ek in as ek Genetika wil studeer, en hoe lank gaan ek studeer?

Jy het twee hoof opsies, of jy skryf in vir ‘n BSc graad in die fakulteit Natuurwetenskappe, of jy skryf in vir ‘n BScAgric graad in die fakulteit Agriwetenskappe. Indien jy vir ‘n BSc graad inskryf kan jy of BSc (Molekulêre Biologie en Biotegnologie) of BSc (Menslike Lewenswetenskappe met Biologie) volg, en indien jy vir ‘n BScAgric graad inskryf kan jy of BScAgric (Gewasproduksie) of BScAgric (Diereproduksie) volg. ‘n BSc graad is drie jaar met die opsie van ‘n addisionele vierde jaar (Honneurs). ‘n BScAgric graad is vier jaar.

Genetika | Wat is die toelatingsvereistes as ek Genetika wil studeer?

Die tabel hieronder som die toelatingsvereistes vir die BSc en BScAgric grade op.

Natuurwetenskappe

 

BSc (Molekulêre Biologie en Biotegnologie)

 

BSc (Menslike Lewenswetenskappe met Biologie)

 

 

‘n Gemiddelde prestasiepunt van 65%, Lewensoriëntering uitgesluit.

 

Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4 (50%)

Fisiese Wetenskappe 4 (50%)

 

Wiskunde 5 (60%)

(Indien jy Wiskunde (Bio) 124 en Fisika (Bio) 134, 154 gaan volg in plaas van Wiskunde 114, 144 en Fisika 114, 144 waarvoor jy ‘n 6 (70%) vir Wiskunde nodig het.)

 

Fakulteit Agriwetenskappe

 

BScAgric (Gewasproduksie) &

 

BScAgric (Diereproduksie)

 

 

 

‘n Gemiddelde prestasiepunt van 60%, Lewensoriëntering uitgesluit.

 

Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

Fisiese Wetenskappe 4 (50%)

Wiskunde 5 (60%)

 

Genetika | Watter loopbaan moontlikhede is daar vir my na ek ‘n graad in Genetika voltooi het?

As ‘n wetenskaplike in Genetika spesialiseer, is daar werksgeleenthede by navorsingsinstansies, hospitale, natuurparke en dieretuine, biotegnologiese en farmaseutiese ondernemings.

Genetika | Wat is die Instituut vir Plant Biotegnologie?

Die Instituut vir Plant Biotegnologie (IPB), wat deel is van die Genetika departement, is ‘n diverse en multikulturele nagraadse navorsingsomgewing wat fokus op hoë kwaliteit en inter-dissiplinêre navorsing, en hulle bied nagraadse grade op alle vlakke van tersiêre studie in biotegnologie aan.

Genetika | Wie kan ek kontak as ek meer inligting van Genetika by Stellenbosch Universiteit soek?

Jy kan die departement voorsitter, Mnr Willem Botes, by wcb@sun.ac.za kontak. Jy kan ook die departement bestuurder, Mej. Thanja Allison, by mja@sun.ac.za kontak.

Afrikaans