SSLEOB

Die Aanlyn Programmeringseenheid van SSLEOB fokus daarop om programme vir leierskapsontwikkeling uit te brei, te verryk en te bevorder via die aanlyn omgewing. Die Aanlyn Programmeringseenheid fokus op verskeie areas van leierskapsontwikkeling, soos akademiese en navorsingsleierskap, kontinentale en wêreldwye leierskap, en ondersteuning van vaardigheidsontwikkeling vir beursprogramme. Dit geskied op verskeie aanlyn platforms wat wissel van ondersteuningsprogramme op SUNLearn tot kortkursusse op SUNOnline wat erken kan word op jou akademiese rekord.

empty

empty tag

Hoe kan die Aanlyn Programmeringspan my studente-organisasie, koshuiservaring of akademiese reis help?

As jy besluit om jou eie program binne jou leierskapsruimte te skep of te bestuur, kan die Aanlyn Programmeringspan op verskeie maniere help. Ons kan help om jou program, algemene of spesifieke aktiwiteite om te skakel, te transformeer of te herontwerp vir die aanlyn ruimte. Dit bevorder betrokkenheid, stimuleer deelname van jou teikengehoor, bied leeranalise en help om gemengde, hibriede of algehele aanlyn oplossings te bied vir verskeie scenario’s tydens of na COVID-inperkings.

Hoe lank is ons kortkursus- en programaanbiedinge?

Dit is program-spesifiek, met die meerderheid van kortkursusse wat ’n semester duur. Die Akademiese en Navorsingsleierskap en -Bestuursprogram het egter twee komponente waarvan die een vir die eerste semester duur en die ander vir die tweede semester. Hierdie programme en kortkursusse word aangebied via aanlyn platforms soos SUNLearn en SUNOnline, asook via Microsoft Teams. Al hierdie platforms is beskikbaar vir geregistreerde studente aan die Universiteit.

Wat daarvan as daar geen geleenthede is wat vir my interessant is nie?

Dit is die perfekte tyd om ons te nader met jou idees! Ons is deurlopend besig om ons eie eenheid te ontwikkel en ondersteuning te bied aan ander eenhede in die aanlyn omgewing. As jy enige idees het oor iets waarin jy en ander sou belangstel, kan jy ons kontak by csleeconline@sun.ac.za vir algemene navrae of om jou voorstelle te gee. Ons sal graag betrokke raak en kyk of dit iets is wat ons verder kan ontwikkel.

Afrikaans