Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe

Die doel van die BSc Fisioterapie-program is om ’n professionele gesondheidswerker op te lei wat toegewyd met mense werk en wat hul kliënte se vermoë om te beweeg en te funksioneer kan optimaliseer dwarsdeur hul lewensduur. Fisioterapeute werk in die gesondheidsarenas van bevordering, voorkoming, behandeling of intervensie en rehabilitasie, en werk in verskeie areas, naamlik kardiorespiratoriesefunksionering, ortopedie, neurologie, pediatrie, vrouegesondheid, bejaardes en in sport. Fisioterapeute werk onafhanklik en in spanne om die doelwitte hierbo genoem te bereik.

Opleiding van fisioterapeute

Die program duur vier jaar en dek die volgende modules:

  • Lewensvorme en funksies van kliniese belang;
  • Chemie vir Gesondheidswetenskappe;
  • Persoonlike en professionele ontwikkeling; Gesondheid in konteks;
  • Spesiale fisika;
  • Anatomie;
  • Fisiologie;
  • Patologie;
  • Anatomiese patologie;
  • Sielkunde;
  • Fisioterapie;
  • Toegepaste fisioterapie;
  • Kliniese Fisioterapie;
  • Navorsingsmetodologie; en
  • Bestuur van fisioterapiepraktyke.

Kyk ons Jaarboek vir die leerplan.

Na afloop van die program volg ’n gemeenskapsdiensjaar, waarna jy sal kan registreer as Fisioterapeut by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (RGSA).

Enkele van ’n wye reeks beroepskeuses wat oorweeg kan word, is fisioterapie in hospitale, privaat praktyke, gemeenskapsklinieke, nywerhede, skole vir kinders met spesiale leerbehoeftes, rehabilitasiesentrums en sportklubs. Hierdie kwalifikasie kan opgevolg word met 'n Magister in Fisioterapie en 'n PhD.

Afrikaans