Natuurwetenskappe

Fakulteit Natuurwetenskappe

  • speel ’n belangrike rol in die posisionering van die US as ’n toonaangewende navorsingsintensiewe universiteit deur middel van uitstekende navorsingsuitsette met impak, gegenereer deur bekroonde navorsers;
  • verskaf algemene formatiewe onderrig in die natuurwetenskappe aan studente in die Natuurwetenskappe en ander fakulteite; en
  • dra by tot die sosiale impak op gemeenskappe deur middel van verskeie aksies en projekte wat verband hou met die kundigheid in die Fakulteit, dikwels in oorleg en in samewerking met navorsingsrade, regeringsorganisasies, en industrievennote.

x

empty

empty tag

Moet ek die NNT’s skryf om te kan aansoek doen vir 'n program in die Fakulteit Natuurwetenskappe?

Die NNT is ’n assesseringstoets wat aangewend word vir eerstejaar aansoekers tot hoër onderwysinstellings. Die toets assesseer ’n kandidaat se vermoë om sy/haar begrip van akademiese geletterdheid (taalvaardigheid), kwantitatiewe geletterdheid (syfervaardigheid) en Wiskunde binne ’n tersiêre (hoër onderwys) konteks toe te pas.

Slegs aansoekers van die School of Tomorrow en aansoekers vir die Fakulteit Regsgeleerdheid. 

  • As Wiskunde ’n toelatingsvereiste is vir die program waarvoor jy aansoek doen moet jy die Wiskundevraestel ook voltooi.
  • Indien jy aansoek doen by die Fakulteit Regsgeleerdheid (BA Regsgeleerdheid, BCom Regsgeleerdheid, BRekLLB, LLB (vierjarige)) moet jy die NNT voor 16 Julie aflê.
  • School of Tomorrow aansoekers moet hulle NNTs voor die einde van 2021 aflê om te verseker dat die resultate beskikbaar is voor registrasie.​ ​Besoek www.nbt.ac.za vir toetsdatums en besprekings.
Ek het nie Fisiese Wetenskappe (of beide Chemie en Fisika) as Graad 12-vakke geneem nie. Kan ek 'n BSc-graad doen?

Sien die minimumvereistes in vraag 9 hier onder

Ek het slegs Wiskundige Geletterdheid as vak (nie Wiskunde nie). Kan ek 'n BSc-graad doen?

Jy moet Wiskunde as skooleindvak hê. Wiskundige Geletterdheid word glad nie oorweeg nie.

Kan ek registreer om te studeer as ek nie aan die minimum vereistes van die program voldoen nie?

Nee, tensy jy kwalifiseer vir die VGP, dan kan jy aansoek doen om oorweeg te word vir toelating tot die Verlengde graadprogram (VGP). Sien vraag 6 hieronder.

Ek voldoen nie aan die vereistes nie. Bied julle 'n oorbruggingskursus aan waarin ek my punte kan verbeter?

Nee, ons bied nie 'n oorbruggingskursus aan nie, maar ons het 'n Verlengde Graadprogram (VGP) wat ingestel is om studente met bewese potensiaal, maar met skoolonderrig wat te kort skiet te help om hulle graadprogram te kan bemeester. 'n Bykomende jaar van studie is by die hoofstroom graadprogram gevoeg om die VGP te vorm. Hierdie ekstra jaar word gebruik om studente voor te berei deur middel van addisionele akademiese steun vir spesifieke hoofstrooomvakke, en vir universiteitstudies in die algemeen. VGP- en hoofstroomstudente verwerf dieselfde graad na die voltooiing van hul voorgraadse studies. Die enigste verskil is dat VGP-studente hulle eerste jaar oor twee jaar doen.

Wanneer ek aansoek doen moet ek drie programme in rangorde van voorkeur aandui. Is dit nodig of kan ek net een aandui?

Ja, dit is baie belangrik dat jy meer as een keuse aandui. Die rede waarom jy drie programme kan aandui, is omdat sekere programme uitgebreide toelatingskriteria het en die moontlikheid bestaan dat jy nie noodwendig vir jou eerste keuse gekeur gaan word nie. Maar dan kan jy steeds vir jou tweede of derde keuse keuring kry.

Indien jy egter byvoorbeeld in kennis gestel word dat jy vir jou tweede keuse gekeur is, beteken dit egter nie dat jy nie meer vir jou eerste keuse oorweeg sal word nie.

Ek wil eintlik medies swot, maar is bang dat ek nie keuring gaan kry nie. Wat moet ek swot om my te help om later keuring te kry of om later te kan “oorskakel” na medies?

'n BSc in Menslike Lewenswetenskappe is 'n goeie alternatief, maar SLEGS as jy in Fisiologiese Wetenskappe belangstel, aangesien daar GEEN waarborg is dat jy vir medies aanvaar gaan word nie. Jy kan enige ander program waarin jy belangstel volg alvorens jy weer vir medies aansoek doen. Slegs 'n paar studente word vir medies gekeur na die eerste jaar van BSc en jy moet al jou vakke met onderskeiding slaag. Jy kan ook vir medies aansoek doen nadat jy jou BSc-graad verwerf het, maar jy moet ook jou graad met onderskeiding verwerf om vir keuring te kwalifiseer. Raadpleeg die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek (Deel 5) vir meer besonderhede: http://www.sun.ac.za/english/Documents/Yearbooks/Current/Science.pdf

Wat is die minimum toelatingsvereistes vir 'n BSc-graad?

Vir toelating tot die BSc-graadprogram in die Fakulteit Natuurwetenskappe, moet jy aan die volgende vereistes voldoen:

Raadpleeg die Fakulteit Natuurwetenskappe se Jaarboek (Deel5) vir meer besonderhede.

 

Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) of Onafhanklike Eksamenraad (IEB) skooleindsertifikaat

 

Biologiese Wetenskappe

 

 

 

ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 65%, Lewensoriëntering uitgesluit

Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

 

Fisiese Wetenskappe 4 (50%)

 

Wiskunde 6
(Indien jy ʼn meer omvattende Wiskunde-onderbou benodig)

 

OF

 

Wiskunde 5 (60%)

(Indien jy NIE ʼn omvattende Wiskunde-onderbou benodig nie)

Fisiese Wetenskappe

ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 65%, Lewensoriëntering uitgesluit

 

Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

 

Fisiese Wetenskappe 4 (50%)

 

Wiskunde 6

(Indien jy ʼn meer omvattende Wiskunde-onderbou benodig)

 

OF

Wiskunde 5 (60%)

(Indien jy NIE ʼn omvattende Wiskunde-onderbou benodig nie)

 

Wiskundige Wetenskappe

ʼn Gemiddelde prestasiepunt van 65%, Lewensoriëntering uitgesluit

 

Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 4

 

Wiskunde 6

 

Enige ander skoolvak uit die lys van aangewese universiteitstoelatingsvakke 4

 

OF

 

Fisiese Wetenskappe 4 (50%)
(Indien jy Fisika of Chemie gaan volg)

 

 

 

 

  1. Bykomende vereistes vir alle aansoekers
  • As voornemende student moet jy die Nasionale Normtoetse (NNT’s) skryf, wat die Wiskunde-komponent van die toetse insluit.
  • Jou toelating tot die Fakulteit Natuurwetenskappe is afhanklik van die beskikbaarheid van plekke per program of programstudievelde en die Fakulteit volg 'n keuringsproses ten einde die inskrywingsteikens te bereik.

Voldoening aan die minimum toelatingsvereistes van die program waarvoor jy aanosek doen, waarborg nie keuring vir jou gekose program nie. Die Fakulteit se keuringsbeleid en –prosedures is beskikbaar by www.maties.com Voldoening aan die minimum toelatingsvereistes van die program waarvoor jy aanosek doen, waarborg nie keuring vir jou gekose program nie. Die Fakulteit se keuringsbeleid en –prosedures is beskikbaar by www.maties.com http://www.sun.ac.za/afrikaans/maties/Pages/default.aspx

Ek wil eintlik ingenieurswese swot, maar is bang dat ek nie aanvaar sal word nie. Wat moet ek swot om my te help om later keuring vir ingenieurswese te kry?

Daar is geen spesifieke program wat jou toegang tot ingenieurswese sal gee nie. Programme soos die BSc Wiskundige Wetenskappe, BSc Fisika of BSc Chemie is goeie opsies om te oorweeg as tweede keuse, wat kan lei tot loopbane wat nou geassosieer word met die ingenieursprofessie.

Ek wil IT swot, so watter program moet ek volg?

Ons bied 'n BSc Wiskundige Wetenskappe-program met 'n fokus in Rekenaarwetenskap aan, of selfs 'n fokus in Toegepaste Wiskunde wat ook Rekenaarwetenskap as hoofvak sal hê. Ons sal ook binnekort 'n BSc in Rekenaarwetenskap aanbied (onderhewig aan akkreditasie van die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid, SAKO). Hou egter in gedagte dat hierdie programme hoogs wiskundig van aard is en dus baie goeie kennis en vaardigheid in Wiskunde verg.

Wat is die verskil tussen die BSc in Wiskundige Wetenskappe, Stroom Rekenaarwetenskap of BCom Wiskundige Wetenskappe, Fokus Datawetenskap

Die BCom- en BSc-grade is beide drie jaar lange graadprogramme. Die BCom is meer handels/besigheidsgerig met sekere verpligte vakke in besigheid, terwyl die BSc-program meer fokus op Rekenaarwetenskap en sy toepassings in die natuurwetenskappe, soos Wiskunde, Fisika, Chemie, Aardwetenskap, en die biologiese wetenskappe soos Genetika en Biochemie. By voltooiing van hierdie grade, kan studente 'n honneursgraad in enige van hulle derdejaarshoofvakke doen.

Ek wil met diere werk. Wat moet ek swot?

Die Biodiversiteit en Ekologie (BDE)- program fokus op Plant- en Dierkunde en hulle interaksie. Hierdie BSc-program lei tot die honneursprogram in Biodiversiteit en Ekologie, wat kan lei tot 'n meestersgraad in Plantkunde of Dierkunde. In die voorgraadse program sal jy alle vorme van dierelewe bestudeer, van die baie klein ongewerweldes tot die grootste gewerweldes, hetsy op land of in die see. Gedurende die meestersgraadstudies kan jy fokus op die diere waarin jy belangstel. Vir meer inligting verwys na p 43 van die Fakulteit Natuurwetenskappe Jaarboek (Deel 5)  

http://www.sun.ac.za/afrikaans/Documents/Yearbooks/Current/2021-Science.pdf

Wat is die verskil tussen die BSc Biodiversiteit en Ekologie wat in die Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied word en die BSc Bewaringsekologie wat in die Fakulteit AgriWetenskappe aangebied word?

Die grade verskil daarin dat die Biodiversiteit en Ekologie 'n drie jaar lange program is met die opsie van 'n honneursjaar, terwyl die BSc Bewaringsekologie 'n vier jaar lange graadprogram is. Die Biodiversiteit en Ekologie-program fokus op Plant- en Dierkunde en dit kan lei tot 'n honneurs met 'n keuse van fokus op een van die twee dissiplines. Daarna vertak dit in verdere studies in óf Plantkunde óf Dierkunde. Die BSc Bewaringsekologie fokus meer op bewaring en dit lei tot nagraadse studies in Bewaring.

Wat is die verskil tussen die BA in Sportwetenskap en BSc in Sportwetenskap?

Beide die BA en BSc Sportwetenskap is 'n drie jaar lange graadprogram wat lei tot 'n honneurs in Sportwetenskap. In die BA-opsie kan jy kies om Geografie, Sielkunde, Afrikaans of Engels as hoofvak te hê, terwyl jy in die BSc 'n vasgestelde kurrikulum volg met Fisiologie as hoofvak.

Normaaalweg fokus die BSc Sportwetenskap meer op die biologiese en fisiologiese aspekte van sportwetenskap. Die BA-program fokus meer op die sielkundige en sosiale aspekte van sportwetenskap.

Beide programme verleen toegang tot 'n honneursprogram in Biokinetika, of Sportwetenskap (Prestasiesport), of Sportwetenskap (Kinderkinetika).

Afrikaans