Lettere en Sosiale Wetenskappe

Die Departement Sosiologie en Sosiale Antropologie is ʼn groot en dinamiese departement binne die Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe. Dit bestaan uit twee onderskeibare maar verbandhoudende dissiplines, naamlik Sosiologie en Sosiale Antropologie. Op voorgraadse vlak bied ons aparte hoofvakke in Sosiologie en Sosiale Antropologie aan en op nagraadse vlak ’n reeks dissiplinegebaseerde kursusse vanaf honneurs tot doktorale studies. Breedweg maak elke dissipline gebruik van sy onderskeibare teoretiese en metodologiese tradisies om navorsing en die ontleding van sosiale kwessies te begrond, sowel as in die opleiding wat aan studente gebied word.

x

empty

empty tag

Afrikaans