SSLEOB

Die Ko-kurrikulum Kantoor posisioneer ervaringgerigte opvoeding as onderrigmetodiek vir sosiale geregtigheid deur Gedeelde Mensdom: Lesse in Kritiese Denke, erkenning van goedgekeurde ko-kurrikulêre aktiwiteite op akademiese transkripsies, opleiding in die ontwerpbeginsels van transformerende ervaringgerigte opvoeding en die ervaringgerigte leerprospektus. Samewerkende vennootskappe, navorsing, monitering en evaluering verseker belyning met US Visie 2040. Die heel belangrikste doelwit van die Universiteit Stellenbosch se Visie 2040 is om ’n unieke, persoonlike studente-ervaring aan elke Matie te bied – ’n ware transformerende studente-ervaring. Ons doel is om jou graduandi-eienskappe te ontwikkel sodat jy ’n burger van die 21ste eeu kan wees en jou volle potensiaal kan bereik – binne en buit die lesingsaal.

x

x

x

empty

empty tag

Wat is ’n ervaringgerigte opvoedkundige ervaring?

Baie mense verwys na buiteklaservarings as “ekstra”, d.w.s. buite die kurrikulum. Nietemin word daar deesdae algemeen erken dat, indien dit reg hanteer word, die meeste buiteklaservarings studente kan help leer, groei en ontwikkel. Ko-kurrikulêre opvoedkundige ervarings sluit byvoorbeeld leiersposte in studenteorganisasies, vrywilligerwerk, atletiek, ensovoorts in. Hierdie geleenthede help studente praktiese ervaring opdoen en belangrike vaardighede en bevoegdhede aanleer vir sukses ná gradedag.

Hoe belangrik is ko-kurrikulêre erkenning aan die US?

Die akademiese en gehalteversekeringsbeginsels wat van toepassing is op akademiese modules wat suksesvol voltooi word en op die akademiese transkrip verskyn, geld eweneens vir suksesvol voltooide ko-kurrikulêre leer.

Wat is ’n ko-kurrikulêre aktiwiteit?

Enige aktiwiteit waarin leer deur ervaringgerigte opvoeding plaasvind.

Sal ek outomaties erkenning ontvang as ek aan ko-kurrikulêre aktiwiteite deelneem?

Verskillende fakulteite en afdelings het verskillende vereistes vir erkenning. Nader asseblief die betrokke fakulteit of afdeling vir verdere inligting.

Wat is die kriteria vir die erkenning van ko-kurrikulêre aktiwiteite?

Die Ko-kurrikulumerkenningskomitee gebruik die volgende kriteria om te bepaal of ’n leergeleentheid by die ko-kurrikulum ingesluit behoort te word:

  • Die aktiwiteit moet ’n duidelike verbintenis met die Universiteit hê en deur ’n voltydse akademiese of professionele steunpersoneellid onderskryf kan word.
  • Dit moet met die US se graduandi-eienskappe strook en die geïdentifiseerde bevoegdhede en oordraagbare vaardighede ontwikkel.
  • Dit moet ’n geleentheid vir ervaringsleer bied. Poste of aktiwiteite wat hoofsaaklik simbolies is en nie juis programmering of pligte behels nie, kom nie in aanmerking nie.
Afrikaans