Ondersteuningsdienste

Tygerberg Studente Verteenwoordigende Raad (TSR)

Die Tygerberg Studenteraad is die hoogste beleidsgewende en verteenwoordigende studenteliggaam by die Fakulteit van Mediese en Gesondheidswetenskappe. Die hooffunksies van die TSR is om in die beste belang van die student op te tree deur die regte van die student aktiewelik voor te hou soos uitgelig word in die handves van regte in die grondwet en verteenwoordig die student op verskeie vlakke van die Fakulteit en die Universiteit.

empty

empty tag

Wat is die funskie van die TSR?

Die rol van die TSR sluit die verteenweerdiging van die Tygerberg-studente binne die bestuurraamwerk van die Universiteit in. Dit behels ook die fasilitering van inisiatiewe of projekte tot voordeel van die studente en die Studenteraad tree altyd op in die beste belange van die studente. 

Is daar ‘n lidmaatskap fooi om deel te wees van die TSR?

Alhoewel die raad self, wat uit 22 lede bestaan, verkies of aangestel; het elke TygerMatie-student outomaties toegang tot die TSR, hul dienste en geleenthede. Die struktuur bestaan met die doel om studente te dien en daarom is geen inskrywing of lidmaatskap nodig nie. 

Wanneer ek by die Universiteit geregistreer is, is ek gamagtig om as kandidaat vir die TSR verkiesing te staan?

Ja, u kan u reeds in September van u eerste jaar vir 'n pos in die TSR aanmeld, aangesien ons leierskapstermyn van September tot September strek. As u graag voor dit wil betrokke raak, raai ons u aan om op die uitkyk te wees vir komiteeaansoeke, aangesien sommige TSR-portefeuljes aansoeke vir 'n komitee open om hulle te help met die bestuur van die portefeulje en die organisering van geleenthede. 

Wie kan ek kontak om meer inligting oor die TSR te kry?

U kan vir ons e-pos stuur by tsrchair@sun.ac.za of bel via 021 931 1921 / 021 938 9591.  

Adres: TSR Kantoor, 2de Floor Tygerberg Studente Sentrum | Francie van Zijl Drive, Tygerberg Kampus

www.blogs.sun.ac.za|IG: maties_tsrc | facebook: @Tygersrc 

Afrikaans