Teologie
Hoekom Teologie studeer?
–
Teologie mag in ons vinnig veranderende samelewing as irrelevant beskou word, tog raak die waarde daarvan om aspekte van die lewe soos etiek, gemeenskapsontwikkeling en die bekamping van onreg en onderdrukking te verstaan en te bevorder, al hoe meer krities in ons gemeenskappe en samelewing.
Hoekom Teologie?
Inligtingsessie: ’n Bespreking van die impak en rol van Teologie in die samelewing; hoe dit jou kan toerus vir ’n loopbaan wat bydra tot die ontwikkeling en bemagtiging van die samelewing – aangebied deur prof. Cas Wepener, professor in Praktiese Teologie.