Lettere en Sosiale Wetenskappe

Die algemene doelstelling van die voorgraadse kursusse in die Departement Afrikatale is om studente se kommunikasievaardighede in isiXhosa te ontwikkel en om ‘n inleiding in die twee breë studievelde van letterkunde en taalkunde aan eerste- en tweedetaal leerders van isiXhosa te bied.

x

empty

empty tag

Wat is die verskil tussen Basiese Xhosa en Xhosa 178

Basiese Xhosa is 'n jaarkursus. Dit is net in uitsonderlike gevalle waar hierdie kursus erken kan word met die doel dat die student isiXhosa-studies kan voortsit op tweede en derdejaarsvlak (214/244 – 318/348). Xhosa 178 lei tot tweede en derdejaar kursusse (214/244 – 318/348).

Is isixhosa ‘n belangrik module?

Ja, die module dek inhoud wat studente toerus met kennis, vermoëns en vaardighede om vraagstukke te hanteer in beroepsomgewings waar een of meer Afrikatale gebruik word in taal- en kommunikasiedienste en waar interkulturele insigte 'n belangrike rol speel om hierdie dienste doeltreffend te verrig.

Kan ek aansoek doen vir ‘n beurs?

Ja, die universiteit ondersteun studente met studiefondse vir hul basiese behoeftes. Navrae kan ook aan die Beurskantoor gerig word by (021) 808 4627.

Hoe kan ek om sukses te behaal in kommunikatiewe vaardighede?

Jy moet al die lesings bywoon en deelneem in klas-aktiwiteite en werksprogramme..

Afrikaans