Opvoedkunde

x

Fakulteit Opvoedkunde is in 1918 gestig en is een van die eerste fakulteite van Universiteit van Stellenbosch asook die oudste opvoedkunde fakulteit in die land. Die Fakulteit word gekenmerk deur sy betekenisvolle navorsingsprofiel, sy fokus op onderrig binne en buite die skoolomgewing en sy interdissiplinêre benadering tot onderwys.

Moet ek die Nasionale Normtoets (NNT) skryf vir toelating tot die program?

Alhoewel studente gewoonlik die NNT’s as voorvereiste moet skryf, hoef studente wat vir die 2023-inname by die Fakulteit Opvoedkunde aansoek doen, nie die NNT’s te skryf nie.

Is daar enige beursgeleenthede vir Voorgraadse studente?

Ja. Voorgraadse en NOS-studente kan aansoek doen vir NSFAS en die Funza Lushaka Beurs.  

Hoeveel kos dit om BEd te studeer?

Vir voorlopige studiefooie, volg hierdie skakel.

Wat is die verskil tussen die Grondslagfase- en Intermediêre Fase-programme?

Na voltooiing, laat die Grondslagfase-program jou toe om graad R-3 te onderrig, terwyl die Intermediêre Fase jou in staat stel om graad 4-7 te onderrig.

Kan die NOS deeltyds voltooi word?

Ongelukkig nie. Ons Universiteit bied slegs ’n voltydse programme aan..

Kies ek self die skool waar ek my prakties doen?

Van jaar 1-3 kies studente self die skool waar hulle observasie doen en proef. In die vierde jaar word die skole deur die Universiteit aan studente toegeken.

Waar kan ek die onderskeie programme se klasroosters sien?

Klasroosters word beskikbaar gestel aan geregistreerde studente. Vir meer inligting kontak gerus die programkoördineerder.

Is there a PGCE programme for the Foundation Phase?

Nee, net vir Verdere Onderwys en Opleiding (VOO).

Kan ek van programme verander (tussen GF en IF)?

Ja, maar net indien daar plek beskikbaar is. Sulke veranderinge mag eers na die eerste jaar van studie plaasvind.

Hoe vind keuring plaas?

Die keuringskriteria word toegepas en studente word op meriete gekeur.

Hoeveel studente neem julle in vir die BEd-program?

250 studente word aanvaar (125 vir GF en 125 vir IF)

Kan my foon aan die Universiteit se Wi-Fi gekoppel word?

Ja, elke student kan vyf apparate aan die Wi-Fi koppel.

Is daar rekenaars en drukkers vir die BEd-studente beskikbaar?

Ja. Die Fakulteit Opvoedkunde se rekenaargebruikersarea, EduHUMARGA, is op die eerste vloer van die fakulteitsgebou. In die Lettere en Sosiale Wetenskappe-gebou is HUMARGA, ’n rekenaargebruikersarea wat ook vir Opvoedkunde studente beskikbaar is. Die US biblioteek (J.S. Gericke), sowel as die Opvoedkunde biblioteek het ook rekenaars en drukkers beskikbaar.

Afrikaans