AgriWetenskappe

Die wêreld se voedselstelsel het oor eeue heen ontwikkel tot 'n struktuur van ontsaglike grootte en kompleksiteit. Voedselwetenskaplikes moet die nuutste tegnologie aanwend om nuwe voedselprodukte te ontwikkel en voortdurend poog om bestaande tegnieke te verbeter waardeur nuwe produkte effektief ontwikkel, verwerk, verpak, geberg en vervoer word.

Die Departement Voedselwetenskap is in 1952 gestig en het sedertdien voedselwetenskaplikes van uitstaande gehalte gelewer. Ons studente word plaaslik en internasionaal hoog aangeslaan.

Toelatingsvereistes

  • 'n NSS-gemiddelde van minstens 60% (sonder Lewensoriëntering)
  • Afrikaans of Engels (Huistaal of Eerste Addisionele Taal) 50%
  • Wiskunde 60%
  • Fisiese Wetenskappe (Fisika en Chemie) 50%

empty

empty tag

Toelatingsvereistes tot Voedselwetenskap

NSS gemiddeld van minstens 5 (60%)

Engels/Afrikaans: Huistaal of Eerste addisionele taal 4 (50%)
Fisiese Wetenskappe 4 (50%)
Wiskunde 5 (60%)

Let asseblief daarop dat daar net ‘n beperkte aantal plekke beskikbaar is, endeur te voldoen aan die vereistes, waarborg ongelukkig nie ‘n plek in die program nie.

Hoe lank duur die kursus?

Voedselwetenskap is ‘n vier jaar graad.

Kan ek nagraadse studeer?

Ja, jy kan. Jy begin jou nagraadse studie met ‘n tweejaar MSc in Voedselwetenskap. ‘n PhD in Voedselwetenskap sal nog drie jaar by jou studies voeg. Die Departement Voedselwetenskap beskik oor ‘n baie sterk en internasionaal erkende navorsingspan.

Waar sal ek om werk kan aanklop?

Voedselwetenskap beskik oor ‘n baie breë beroepsveld. In jou vier studiejare sal jy die geleentheid gebied word om industrie-opleiding te doen, wat jou die nodige blootstelling aan ‘n verskeidenheid beroepsmoontlikhede binne die veld sal gee.

Sal ek ‘n werk kry?

Voedselwetenskap beskik oor ‘n baie breë beroepsveld. In jou vier studiejare sal jy die geleentheid gebied word om industrie-opleiding te doen, wat jou die nodige blootstelling aan ‘n verskeidenheid beroepsmoontlikhede binne die veld sal gee.

Het ek Wiskunde en Wetenskap nodig?

Ja, jy benodig beslis hierdie 2 vakke. Voedselwetenskappe is ‘n BSc-graad met ‘n toepassing op Voedsel, derhalwe het jy deeglike wetenskaplike kennis en vaardighede nodig.

Wat is ‘n Voedselwetenskaplike?

‘n Voedselwetenskaplike is die persoon wat na jou voedsel omsien, al die pad vandat dit die plaas verlaat tot dit op jou bord beland, die persoon wat verseker dat jou voedsel veilig, voedsaam, van ‘n volhoubare bron afkomstig is, omgewingsvriendelik is en, uiters belangrik, ook SMAAKLIK is.

Is ‘n Voedselwetenskaplike ‘n sjef?

Beslis nie, maar indien jy vaardig en kreatief met kos is, sal jy heel waarskynlik hierdie toepassing van jou wetenskaplike kennis geniet. 

Moet ek dieete uitwerk?

Dit sal die taak van die dieetkundige wees. Jy sal egter ‘n basiese kennis van Voeding bekom, wat jou in staat sal stel om voedseletikette behoorlik te verstaan en om voedsame voedselsoorte te ontwikkel.  

Het ek ‘n motor nodig om vanaf hoofkampus tot by die Voedselwetenskapgebou te reis?

Dit is ‘n 1.5km roete, wat te voet in sowat 15 minute afgelê word. Ons beskik oor veilige parkering vir fietse en daar is ook uurliks, op die uur, ‘n gratis vervoerdiens van die hoofkampus tot voor ons gebou.

Is dit veilig om te stap tot by die Voedselwetenskapgebou?

Die veiligheid van ons studente is een van ons hoogste prioriteite. Ons het ‘n sekuriteitswag wat daagliks van 07h00 to 17h00 ons gebou bewaak en seker maak dat fietse en motors ook veilig is. Die Universiteit het ook ‘n uiters waaksame en aktiewe kampussekuriteitspan wat ons kampus te voet, in patrollievoertuie en deur middel van slim kameras monitor. Studente word steeds versoek om liewer in groepe te beweeg en altyd pro-aktief op te tree. 

Bied die departement genoegsame ondersteuning aan student?

Die Department Voedselwetenskap, wat deel van die Fakulteit Agriwetenskappe is, is baie ondersteunend teenoor studente. Ons bied graag hulp en ondersteuning, hetsy akademies, finansieel of sielkundige ondersteuning. Ons wil graag hê ons studente moet optimaal funksioneer en beoefen ‘n oop-deur beleid. Indien jy hulp nodig het, is jy uiters welkom om daarvoor vra.

Afrikaans