SSLEOB

Frederik Van Zyl Slabbert Institute for Student Leadership Development (FVZSI)

Deur die lens van demokrasie, menseregte en sosiale geregtigheid, ter ere van ’n groot Suid-Afrikaanse denkleier, dr Frederik van Zyl Slabbert, bemagtig die FVZSI se leierskapsaanbiedinge (van semesterlange kortkursusse wat op akademiese transkripsies erken word, tot ’n geïntegreerde kritiesebetrokkenheidsportefeulje) jeugleiers om hulle rol as aktiewe burgers binne die breër globale konteks uit te daag. Klik hier vir meer besonderhede oor die strategiese fokus en aanbiedinge van die FVZS Instituut.

x

empty

empty tag

Hoeveel kos 'n kortkursus, en kan dit op my studenterekening afgetrek word?

Kortkursusse kos R625 vir Suid-Afrikaanse en SAOG-studente, en R1 875 vir internasionale studente. Ons Graduandiprogram kos R925 en R2 775, onderskeidelik. Daar is verskeie betaalopsies beskikbaar. Die koste kan ook teen jou studenterekening gedebiteer word.

Hoe lank duur die kortkursus?

Die kursus duur een semester, met een sessie per week vir ongeveer agt tot tien weke. Die sessies word in hibriede formaat aangebied, met aanlyn sessies wat op MS Teams aangebied word. 

Hoe werk die aansoekproses?

Die US Afdeling Kortkursusse administreer die aansoeke vir al ons kursusse. Om in te skryf, moet jy die aansoekskakel volg wat die FVZSI-span sal stuur, en die velde daar invul. Nadat jou aansoek ingelewer is, keur ons dit voordat die FVZSI-span jou sal kontak met al die tersaaklike inligting, soos betalingsbesonderhede en die datum waarop die kortkursus begin.

Wat is die status van die kortkursuskwalifikasie?

FVZSI-kortkursusse word as geregistreerde opleidingsgeleenthede aan die US erken. Deelnemers wat dit suksesvol afgehandel het, ontvang erkenning daarvoor op hulle akademiese rekord.

Is beurse beskikbaar?

Daar is beperkte beurse beskikbaar, wat op grond van behoeftigheid toegeken word. Beurse word ook deur – onder meer – koshuise, klusters, die Akademiese Belangeraad, die SR, die TSR, die TPSR en US-verenigings aangebied.

Benewens die formele kort kursusse, watter ander leierskapsprogramme word vir jeugleiers in Suid-Afrika aangebied?

a) LSAL

Die Leiersberaad vir Aspirantleiers (LSAL) is in 2020 ingestel om breër skakeling te fasiliteer oor leierskap wat verder as portefeulje-opleiding gaan, en om die hiërargiese konstruk van leierskap binne hoëronderwysinstellings uit te daag. Die LSAL beklemtoon die individu ten einde te verseker dat mense verantwoordelikheid vir die ontwikkeling van hulle leierskapreis aanvaar. Hierdie aanlyn-beraad is beskikbaar vir enige aspirant leier by die Universiteit Stellenbsoch en strek oor 'n 1-maand periode. Deelnemers ontvang erkening op die akademiese rekord.

b) LIK

Die Leierskap in Konteks-program word deur die Abe Bailey Trust geborg en is in 2018 ingestel om jong leiers aan Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstellings met mekaar in kontak te bring ten einde breër skakeling oor leierskap te bewerkstellig en om die hiërargiese konstruk van leierskap in hoëronderwysmilieus uit te daag. Die LiC beklemtoon die vereistes vir leierskap in konteks, en bied jong leiers blootstelling aan die geleenthede en uitdagings van verskillende studenteleierskapomgewings. Verantwoordbare leierskap bly ’n sleuteltema. Hierdie aanlyn-beraad is beskikbaar vir enige jeugleier (enige geregistreerde student by 'n Suid-Afrikaanse hoëronderwysinstelling) en strek oor 'n 1-maand periode. Deelnemers ontvang erkening op die akademiese rekord.

c) Kritiese Gesprekvoering

FVZSI has an extensive range of various critical engagement opportunities which ranges from the annual FVZS Honorary Lecture, a Masterclass series and international partnerships with e.g., Doha Debates and discourses on key themes related to democracy, human rights, and social justice.

Bly gerus in kontak met ons m.b.t. kwessies rondom leierskap en aktiewe burgerskap via ons sosiale netwerke:

Facebook: https://www.facebook.com/fvzsleadershipinstitute
Instagram: https://www.instagram.com/fvzsinstitute/
Twitter: https://twitter.com/fvzs

Afrikaans