Lettere en Sosiale Wetenskappe
Die Departement Sielkunde is deurgaans een van 3 toonaangewende Suid-Afrikaanse Sielkunde-departemente. Ons is daartoe verbind om uitstekende navorsing, onderrig, praktyk en sosiale impak-inisiatiewe uit te voer. Ons personeel en studente het in die hoogaangeskrewe internasionale akademiese tydskrifte gepubliseer en verskeie voormalige studente het poste by gesogte instellings in Suid-Afrika en regoor die wêreld beklee.
Ons departement bied voorgraadse modules in sielkunde aan, wat lei tot 'n hoofvak in die dissipline, en nagraadse opleiding wat lei tot registrasie as 'n kliniese sielkundige. Ons bied ook tesis-gebaseerde navorsingsopleiding wat lei tot die meesters- en doktorsgraad. Ons onderrig- en navorsingsprogramme fokus op belangrike psigososiale kwessies wat Suid-Afrika en die Afrika-kontinent raak. Ons is daartoe verbind om op 'n akademies streng en kritiese wyse by te dra tot die sosiale relevansie van sielkunde as 'n dissipline en 'n professie.
Voorgraadse program
Die Universiteit Stellenbosch bied nie ’n toegewyde voorgraadse kwalifikasie in Sielkunde aan nie. Jy kan egter Sielkunde as vak of hoofvak neem binne verskeie programme – en só ’n stewige akademiese basis lê terwyl jy ook ander belangstellings volg.
Die volgende programme bied Sielkunde as hoofvak aan:
- BA in Geesteswetenskappe
- BA in Menslike Hulpbronbestuur
- BA in Taal en Kultuur
- BA in Regsgeleerdheid
- BA in Musiek
- B in Maatskaplike Werk
- BSc Menslike Lewenswetenskappe (sien Natuurwetenskappe)
empty
empty tag
Wat is sielkunde?
Sielkunde is die wetenskaplike bestudering van gedrag en denkprosesse. Dit is ’n studieveld wat daarna streef om menslike denke en gedrag te begryp aan die hand van wetenskaplike metodes en teorieë. Die sielkunde omvat ’n wye verskeidenheid onderwerpe, onder meer kognisie, persepsie, emosie, motivering, persoonlikheid, ontwikkeling, sosiale gedrag en geestesgesondheid. Sielkundiges gebruik verskeie navorsingsmetodes om hierdie onderwerpe te bestudeer, onder meer waarneming, proefneming en opnames.
Vir watter programme kan ek aansoek doen om sielkunde as vak te neem?
Sielkunde word as deel van die volgende voorgraadse programme aangebied: BA Geesteswetenskappe, BA Taal en Kultuur, B Maatskaplike Werk, BA Menslike Hulpbronbestuur, BA Regsgeleerdheid, BA Sportwetenskap (met Sielkunde).