Ondersteuningsdienste

Verenigingsraad Stellenbosch Kampus

Die Verenigingskomitee bied ’n platform vir verenigingsinteraksie en die hulpbronne wat verenigings nodig het om hul rolle te vervul. Verder koördineer die Komitee studenteverenigings en bied struktuur aan hierdie verenigings om hul sukses te verseker. Verenigings is belangrik vir ’n optimale studente-ervaring en lewer ’n groot bydrae tot die lewens van baie studente deur vir hulle ’n plek te bied waar hulle inpas en waar hulle ondersteuning, loopbaanadvies, ontspanningsgeleenthede en nog veel meer ontvang. 

empty

empty tag

Wat is die funksie van die Verenigingskomitee?

Die Verenigingskomitee is ’n organisasie wat deur studente bedryf word en wat al die geregistreerde verenigings op Stellenbosch-kampus verteenwoordig. Dié verenigings behoort tot 5 hoofkategorieë:  

  • Sosiale impak
  • Kultuur, stokperdjies en sport 
  • Religie en spiritualiteit 
  • Akademie
  • Nasionaliteit en politiek 
Is daar ledegeld of ’n registrasiefooi gekoppel aan die Verenigingskomitee?

Elke individuele vereniging het sy eie registrasiefooi wat gevorder sal word van ’n student of op die student se rekening geplaas sal word, sou ’n student besluit om by ’n vereniging aan te sluit. 

Kan ek by meer as een vereniging aansluit?

Ja, studente word toegelaat om te behoort aan soveel verenigings as wat hulle wil, maar sal ’n registrasiefooi moet betaal vir elke individuele vereniging waarby hulle kies om aan te sluit. 

Kan ek as eerstejaar aan die Universiteit my verkiesbaar stel vir die Verenigingskomitee?

Die Verenigingskomitee bestaan uit al die voorsitters van die verskillende verenigings wat geregistreer is by die Verenigingskomitee. Jy sal dus deel moet wees van ’n geregistreerde vereniging om verkiesbaar te wees vir die Verenigingskomitee. 

Wie kan ek kontak vir meer inligting oor die Verenigingskomitee?

Jy kan die voorsitter van die Tygerberg Verenigingskomitee per e-pos kontak by kimstoffels@sun.ac.za.   

Afrikaans