Ondersteuningsdienste

Tygerberg Akademiese Belangeraad (TABR)

Die Tygerberg Akademiese Belangeraad verteenwoordig die voorgraadse studente op die Tygerberg Kampus en fasiliteer kommunikasie tussen studente en fakulteit. Elke voorgraadse klas verkies een klasverteenwoordiger en onderklasverteenwoordiger wat dan ook lede van die TABR komitee is. Elke klasverteenwoordiger en onderklasverteenwoordiger werk onder hul programverteenwoordiger wat die hoofklasverteenwoordiger vir hul progam is.

empty

empty tag

Wat is die Tygerberg Akademiese Belangeraad (TABR)?

Die TABR is `n kommittee wat bestaan uit klasverteenwoordigers. Ons verteenwoordig die akademiese behoeftes en belange van alle studente op Tygerberg kampus. 

Hoe vra ek die TABR vir hulp?

As jy hulp wil versoek van die TABR, kan jy jou klasverteenwoordiger vra om jou met hulle in aanraking te sit. Klasverteenwoordigers is die amptelike verteenwoordigers van die TABR in jou klas. Enige akademies-verwante vrae kan na jou klasverteenwoordiger gerig word. 

Hoe kan die TABR vir my help?

Indien jy enige probleme ervaar wat verband hou met jou akademiese belange soos, klasroosters, eksamendatums, lesingskedules of afwesige inhoud op Sunlearn, kan jou klasverteenwoordiger jou help. Indien jou klasverteenwoordiger jou nie kan help nie, sal hulle jou in kontak sit met iemand van die TABR. 

Waar kan ek vra vir hulp oor werk wat ons in die klas gedoen het?

Jy kan jou dosent ‘n e-pos stuur. Jy behoof nie om eers met jou klaverteenwoordiger te praat nie.

Hoe verskil die TABR van die Tygerberg Studenteraad (TSR)?

Die TSR behandel alle nie-akademies verwante kwessies. Die TABR behandel alle akademiese navrae. 

Hoe word klasverteenwoordigers verkies?

Aan die begin van die eerste jaar (en dan ook aan die einde van elke jaar daarna) word `n nominasie en vierkiesingsproses gehou om die nuwe klasverteenwoordigers en vise-klasverteenwoordigers te verkies. Indien jy die rol as klasverteenwoordiger wil vervul, kan jy jouself beskikbaar stel vir die posisie deur middel van jouself te nomineer of vir iemand anders te vra om jou te nomineer. 

Hoe kan die TABR vir my help indien ek ‘n akademiese probleem het?

Afhangende van die aard van die probleem, kan die volgende hulp gebied word:

  1. Lig studente in wie die relevante personeel en fakulteitstrukture vir hul spesifieke situasie is.
  2. Om aktief die saak te eskaleer en ondersoek met die relevante personeel en fakulteitstrukture. 
  3. Om vergaderings met die relevante personeel en fakulteitstrukture te skeduleer om die saak te bespreek.
Afrikaans