Studeer by Stellenbosch
Die Universiteit Stellenbosch bied studente toegang tot ’n leer-, onderrig- en leefomgewing van wêreldgehalte. Die Universiteit het tien fakulteite, vyf kampusse en ’n lewendige en kosmopolitiese gemeenskap van meer as 32 000 voor- en nagraadse studente wat meer as 4 000 internasionale studente in 100 lande insluit.
x
Fakulteite
Die US het tien fakulteite wat ’n verskeidenheid programme aanbied.
STEM (Science, Technology, Engineering and Medicine):
Fakulteit AgriWetenskappe
Fakulteit Ingenieurswese
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
Natuurwetenskappe
Sosiale Wetenskappe:
Fakulteit Lettere en Sosiale Wetenskappe
Fakulteit Opvoedkunde
Fakulteit Teologie
Besigheid en Regte:
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
Fakulteit Regsgeleerdheid
Ander
x
INTYDSE FAKULTEITS-V&A
Maak aanlyn kontak met fakulteitspersoneel terwyl hulle gereelde vrae bespreek. Jy sal die geleentheid kry om enige vrae te WhatsApp na 083 792 1207 (in die spesifieke fakulteitstydgleuf).
Program: 1 April, 09:15 – 15:00
09:15 – 09:45 : Natuurwetenskappe
10:00 – 10:30 : Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe
10:45 – 11:15 : Lettere en Sosiale Wetenskappe
11:30 – 12:00 : Ingenieurswese
12:15 – 12:45 : Opvoedkunde
13:00 – 13:30 : AgriWetenskappe
13:45 – 14:15 : Regsgeleerdheid
14:30 – 15:00 : Ekonomiese en Bestuurswetenskappe