Ekologie

Jeugtekste met ekologiese intriges bied groter resonansieruimtes vir veral tieners wie se naturalistiese intelligensie hoog is. Dit beteken dat verhale waarin die verhouding tussen die mens en die natuur ‘n groot rol speel, ryk betekenislae het.

Hierdie soort verhale kan bydra tot die ontwikkeling van omgewingsgeletterdheid en dit kan tieners help om die mistieke vloei van lewe te ontdek en waardeer. Dit is dus bruikbare tekste waarmee leesmotivering sowel as biblioterapie geïntegreer kan word in letterkunde-onderrig.

Voorbeelde van Afrikaanse jeugverhale met ekologiese motiewe en temas is die volgende:

  • Danda (Chris Barnard)
  • Die geheim van die oerbos (HS van Blerk)
  • Tjarie kom huis toe (Engela van Rooyen)
  • Spore in die Areb (Marie Reyneke)
  • Gamkab (Betsie van Niekerk)
  • Kringe in die Bos (Dalene Matthee)
  • Die vergete vallei en Manaka (Pieter Pieterse)
  • Ditsem Dawid! (Hans du Plessis)
  • Die luiperds van Sh’ong (Paul Jaco)

Twee vertaalde kunssprokies wat gebruik kan word in die ontsluiting van universele ekologiese motiewe in  jeugtekste, is Die ryk braambessieplukker (G Bomans) en Die houtkapper (Belcampo).

1 Response to Ekologie

  1. Amori Stols says:

    “Kringe in die Bos” deur Dalene Matthee
    Die boek is ʼn voorbeeld van ʼn ekologiese roman. Die boek spreek die kwessie van die bewaring van die Knysna woude aan. Dit kan kontroversiële besprekings ontlok en leerders se bewustheid verbreed en hulle laat dink en redeneer. Die leerders leer deur die boek te lees om abstrak te dink en metafore en beeldspraak te ontleed. Die leerders sal dit alles leer en terselfde tyd vas geboei word met ʼn spanningsvolle liefdes intrige. Daar is ook ruimte om biblioteek terapie te gebruik wanneer die boek in die klas behandel word. Daar is ook ʼn verhoogproduksie wat die leerders kan kyk om die boek lewendig te maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published.