Kletskamer

In die kletskamer gaan jy van die een na die ander bladsy begelei word (tieners, ouers, onderwysers, taalgebruik, refleksie) – op elkeen is ‘n opdrag wat jy as kommentaar (onder aan die bladsy) moet uitvoer, in nie meer as 100 woorde nie (tensy anders gestipuleer).

Let wel

  • Hier is dus altesaam ses opdragte (tuisbladsy ingesluit) wat jy moet uitvoer op die aanlynjoernaal.
  • Daar is drie boeke wat nie as opsies gebruik mag word nie (omdat dit in die voorgraadse jare intensief bespreek is), nl. (a) Daar’s vis in die punch; (b) Roepman; (c) Vaselinetjie.

Kry nou ‘n pen en papier byderhand en kyk na die insetsel  “Watter tipe boek is jy?”

Deel dan jou reaksie daarop met ons deel in 10-20 woorde.

Beweeg hiervandaan na die boeke vir tieners.

50 Responses to Kletskamer

  1. Christelle Larke says:

    Ouens is nie Pizzas nie – Tania Brink

    Ek is beslis ‘n dagdromer en romantikus. Ek lees graag liefdesverhale en droom oor my ridder op sy wit perd.

  2. Liezl Fouche says:

    Harry Potter en die towenaar se steen J.K. Rowling -Vertaal deur Janie Oosthuysen

    Die antwoord het my glad nie verbaas nie. Ek is gek oor fantasieverhale. Ek het reeds beide hierdie boeke gelees.

  3. Louise Brown says:

    Ek het ‘n verskillende respons op amper elke vraag gehad! Daar was geen oorweldigende antwoord nie.

  4. Amori Stols says:

    Harry Potter en die towenaar se steen J.K. Rowling -Vertaal deur Janie Oosthuysen.

    Ek stem beslis saam, maar ek voel dis net een faset van my persoonlikheid. Ek lees ‘n wye reeks verskillend boeke.

  5. Liewe Heksie says:

    As kind was my gunstelingboeke, boeke wat my verbeelding aangegryp het. Die eerste boek is Saartjie. Ek het met haar geassosieer en wou dieselfde kattekwaad as sy aanvang. My tweede boek is Trompie, want dit het my laat lag.

    Later het ek Reënboogrant gelees waar ek Shani en Sunette (twee susters) se lief en leed beleef het. Vierde op my lys is Little Women wat my geneem na ‘n ander tyd waar meisies handskoene en hoede gedra het. Vyfde is Harry Potter wat my op reis geneem het na Hogwarts en ‘n wereld van towerkrag.

  6. Esté Theron says:

    Harry Potter en die towenaar se steen J.K. Rowling -Vertaal deur Janie Oosthuysen.

    Ek dink dit is wel “watter tipe boek ek is”. Alhoewel ek hou ook nogal van speurverhale.

  7. mang0*** says:

    Ouens is nie pizzas nie Tania Brink
    Ek stem saam maar nes Amori dink ek ook dat dit net een faset van my persoonlikheid is. Alhoewel ek ontsettend baie dagdroom (:-)), is ek ook baie realisties.

  8. Willy* says:

    Ouens is nie pizzas nie: Tania Brink
    Ek stem heeltemal daarmee saam, want ek geniet die liefde en kan met die boek identifiseer. Dit is definitief ‘n uitstaande kenmerk in my persoonlikheid.

  9. Timara Wyngaard says:

    Ek is ongetwyfeld ’n romantikus en verdiep myself dikwels in die droomagtige wêreld van ‘n liefdesverhaal.

  10. Ilze says:

    ‘n Humoristiese verhaal of bundel soos “Wurms met tamatiesous”.

    Ek stem saam maar ek is darem nie altyd die “grapmaker” nie. Ek sal humoristiese boeke beslis geniet maar ek geniet ook meer romantiese boeke met ‘n emosionele tema.

    • ekruger says:

      Watter romantiese boek sou volgens jou in die aktiwiteit ingesluit kon word?

      • Melissa Visagie says:

        Met verskeie vrae was een opsie nie genoeg nie. Avontuur en rillers kielie ook my smaakknoppies!

        • Melissa Visagie says:

          Ai, die kommentaar is op die verkeerde plek c”,) oops.

          • Melissa Visagie says:

            Romantiese reekse soos “Reënboogrant” het my op laerskool geïnteresseer. Verder het ek die “Griller”-reeks geniet. Van vroeg graad 6 het ek my ma se boeke gegaps en gelees, ek het dus nie veel ondervinding met tienerboeke nie. Ek het meer te doen gekry met kinder- en tienerverhale in hierdie kursus as in my “klein”-kinder jare.

  11. Kristian Bezuidenhout says:

    My respons op die vra was baie gebalanseerd, stem nie saam met die veralgemening dat ek “Wurms met tamatiesous” sou wees indien ek ‘n boek was.

  12. KênsTillie Moolman says:

    Trips – Manie de Waal, BreinBliksem – Fanie Viljoen

    Ek stem saam, weet egter nie so mooi van BreinBliksem nie! Ek hou van `n wye verskeidenheid leesstof.

    • ekruger says:

      Vertel meer oor jou ervaring van Breinbliksem?

      • KênsTillie Moolman says:

        Ek het die boek nie baie geniet nie. Ek moet wel noem dat die motoriese moment vir my onverwags was – so ek gee die boek krediet daarvoor. Ook die wyse waarop Burns se persoonlikhe(de)id op verskillende vlakke uitgebeeld word deur sy ‘vriende’ Kerbs en Sky. Toe ek dit klaar gelees het was my eerste gedagte dat ek iets beter met my middag kon gedoen het.

  13. Lauri says:

    Avontuurverhale soos “Breinbliksem” en “trips”

    Ek stem saam, maar lees ook graag ‘n wye verskeidenheid van boeke.

  14. AfriDromer says:

    Ouens is nie pizzas nie – Tania Brink

    In die kol! Ek is n dromer en romantikus. Liefde laat my Rice Krispies anders proe het ek al gelees en geniet.

  15. Knersus says:

    Volgens die oefening hou ek van fantasie, maar eintlik beskou ek myself as iemand wat meer aanklank vind by realistiese literatuur.

  16. Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

    `n Avontuur verhaal soos Breinbliksem.

    Ek stem daarmee saam maar ek het egter die boek gelees en ek was nie mal daaroor nie.

    • ekruger says:

      Was daar nie genoeg avontuur nie, of is dit ander elemente in die boek wat jou nie aangestaan het nie?

      • Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

        Daar was `n hele paar dinge in die boek wat my nie aangestaan het nie. Ek was al by hele paar feeste soos hierdie en daarom is die ruimte waarbinne dit afspeel aan my bekend. Die register wat die karakters gebruik was vir my ongelooflik oordrewe. Dit het voorgekom asof die skrywer net eenvoudig te hard probeer om die verhaal `n “cool” een te maak. Dit is opsigself nie “cool” nie. Daar was ook net hopeloos te veel drama en die karakters het net doodeenvoudig te veel “issues”. Die wending in die boek was onverwags en daarvoor sal ek dit krediet gee maar, as geheel was ek nie uiters beïndruk daardeur nie.

  17. Hanneke says:

    Harry Potter en die towenaar se steen J.K. Rowling -Vertaal deur Janie Oosthuysen

    My verbeelding is een van die belangrikste goed in my lewe. Ek hou van droom en van fantaseer. Hierdie boek pas by my en ek lees dit graag, maar verkies die Engelse weergawe.

  18. Carmen says:

    Ek is definitief ‘n romantikus, maar by die meeste vrae het ek meer as een respons gehad so dis net ‘n deel van my.

  19. fantasie-held says:

    Die toets dui verskillende dominante dele in my persoonlikheid, maar ek verkies fantasie, moontlik om dit al die aspekte bevat?

  20. Jane Eyre says:

    “Wurms met tamatiesous” regtig? Die toets slaan die spyker heeltemal mis. Ek sal ‘n tragedie of raaisel wees.

  21. Darkangel says:

    “Ouens is nie Pizzas nie”- Tania Brink
    Ek is ongetwyfeld ʼn romantikus en glo altyd in die liefde maak nie saak wat gebeur.

  22. Romantikus says:

    Die toets ondersteun duidelik net dit wat ek met die vorige blog gelos het. Romantiese dagdrome is my voorland!

  23. Hannelie Nel says:

    “Harry Potter en die towenaar se steen”, J.K. Rowling -Vertaal deur Janie Oosthuysen
    Ek is uit en uit n natuur en avontuur liefhebber, dit is seker die rede hoekom ek al die Harry Potter boeke gelees het. Daarmee saam word my verbeelding ook gestimuleer.

  24. Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) says:

    Ek is beslis ‘n ‘dromer’ en alhoewel ek van mense hou, hou ek dikwels my mees persoonlike bepeinsinge vir my self.

  25. Calamity Jane says:

    Ek het nog nie een van die boeke gelees nie, maar dit is beslis in my belangstellings veld. Ek is wel nie ‘n avontuurlustige in die algemene verstaan van die woord nie, maar sal myself as ‘n “undercover” avontuurlistige beskryf. Die oefening het my beslis lus gemaak om ten minste vir “bliksembrein” te lees.

  26. AlexAander says:

    “Ouens is nie Pizzas nie” – Tania Brink

    Ek sal graag eers die boek wil lees voordat ek sê of ek saam stem of nie. Ek dink egter ek stel meer belang in verhoudings as ʼn geheel as so seer romantiese verhoudings. Dit hang seker af in watter staduim van ‘n mens lewe ‘n mens self bevind watter boek by jou sal pas.

  27. Juffrou Norval says:

    Ek is mal oor die natuur en buitelewe en ek sien myself ook as avontuurlustig, maar ongelukkig het ek geen ooghare vir die Harry Potter-reeks nie. Ek dra kennis van die feit dat dit een van die grootste boekfenomene van ons tyd is, maar ongelukkig is fantasie verhale net nie my smaak nie. Ek hou dus meer van boeke met realistiese en aktuele temas.

  28. Marli says:

    My kindertyd was so lank gelede dat ek nie eintlik kan onthou wat ek gelees het nie. Ek onthou dat ek meestal gelees het wat my ouers gelees het, want ek wou ook “groot” wees. Van die boeke wat meer op die jeug gemik was was Die tweeling trek saam, die Saartjie en Trompie reeks. Toe het ek oorgeslaan na Elmar Steyn se boeke. Die Stories vir die vaak deur Linda Rode en Cora Coetzee was ook een van my gunstelinge om te lees net voor bedtyd.Maar my heel gunsteling is ‘n boek wat ek gekry het toe ek 5 was was- Dans, Tessa deur Ichikawa en Gauch. Dit gaan oor ballet en die een meisie se droom om balletklasse te neem. Ek was in vervoering. Vanaf Graad 2 het ek meestal engelse boeke gelees en toe was dit enige iets deur Ian Flemming en Clive Cussler.

  29. Marli says:

    ” Monsterduiwe” deur Lien Roux-de jager

    Ek hou defnitief van rillers en aksies, maar het darem ‘n romantiese sy. Dan is daar my geheime fasinasie met die bo-natuurlike. Ek is ‘n groot aanhanger van Stephen King. Vandaar die adres vir sy webtuiste: (http://www.stephenking.com/index.html)

  30. Natasha says:

    Volgens die “vraelys” is ek die boek Ouens is nie Pizzas nie – Tania Brink. Ek het egter nog nie die boek gelees nie (maar sal beslis in die nabye toekoms!). Ja, ja ek is ’n romantikus wat myself kan vermaak met my eie dagdrome…

  31. Elana says:

    Ek was beslis verbaas en geniet nie graag humoristiese boeke nie. Dalk moet ek oorweeg om een aan te pak.

    • die B-MANN says:

      Ek was ook verbaas om te sien dat ek avontuurl.uistig is, dalk in my onbewussyn is ek een. Vraelyste, oor die algemeen, werk met stereotipes om die inligting op ’n geloofwaardige wyse te weerspieël (anders kan ’n opname nie plaasvind nie). Wie weet… dalk gee jy ‘n humoristiese boek ‘n kans en ek sal ‘n romantiese een probeer 🙂

  32. Dawie se kabouter ;) says:

    Avontuurverhaal “trips” – Manie de Waal

    Ek is defnitief avontuurlustig… alhoewel ek nog nie “trips” gelees het nie, sal ek defnitief wil. Dit klink vreeslik interessant. My liefde vir die wereld, reis en mense gaan hopelik lei na wonderlike avontuurverhaal van my eie. “Breinbliksem” aan die anderkant is nie juis ek nie, aangesien daardie boek vir my oor baie belangriker dinge gaan as die hoofkarakter se avontuurlustigheid.

  33. die B-MANN says:

    Dit is baie moeilik om ’n persoon in ’n boks te druk… volgens die vraelys is ek “avontuurlustig” en “humoristies”, en dit is seker in ’n mate waar is – maar ek beskou myself ook as diep-denkend en romanties. Ek geniet veral realistiese volwasse en kontroversiële verhale, en speurverhale. Humor speel ook ’n belangrike rol.

  34. Liewe Heksie says:

    By die skool waar ek geproef het was dit vir my baie positief dat die een Afrikaanse juffrou LAPA-uitgewers na die skool laat kom het. Daar is baie boeke aan al die leerders adverteer – met powerpoint, musiek en kort opsommings van boeke. Ek het daar besef dat leerders van Gr 10-12 of selfs jonger ook van Deon Meyer se boeke soos “Infanta” sal hou. Die spanning en verskillende storielyne hou jou aan die lees. Die juffrou het haar eie klein biblioteek waar haar leerders boeke uitneem en verslaggies moet skryf. Sy adverteer ook die boeke. ‘n Goeie manier om jou leerders aan die lees te kry…

  35. Lusanne says:

    Ek is definitief ‘n romantikus, maar ek het wel meer as een respons by verskeie vrae gehad. My romantisie sy is een van vele.

  36. Liewe Heksie says:

    Ek het uitgevind wat ek reeds vermoed het – ek hou van fantasie boeke… Jammer ek het hierdie afdeling bietjie verkeerd verstaan. Ek het nog altyd gehou van boeke wat my na ‘n ander wereld neem…

  37. Vickey says:

    Volgens die “vraelys” is ek die boek Rillers-omnibus. Ek stem egter die saam nie, ek sien myself as meer van ʼn romantikus: Liefde laat jou Rice Krispies anders proe- Tania Brink

Leave a Reply

Your email address will not be published.