Wetenskapfiksie

Volgens De Waal Venter, skrywer van jeugletterkundige tekste met wetenskapfiksie as intrige, gaan dit in hierdie soort fiksie oor die volgende aspekte:

  • die werklikheid wat ons deur rekenaartegnologie ervaar;
  • die verhouding tussen die menslike liggaam en die elektroniese masjien.

Die vraag wat in hierdie soort jeugtekste ontgin word, is wat die eintlike werklikheid eintlik is – die een wat ons uitsluitlik deur ons sintuie ervaar, of die ander wat ons deur elektroniese sintuie ervaar. Hierdie vraag is tipies van die postmodernisme en Venter meen dat die huiwering tussen die natuurlike en die anders-as-natuurlike een van die belangrikste eienskappe van wetenskapfiksie is; ook dat daar drie subgenres is wat onderskei kan word:

  1. die soort wat “what if…” genoem kan word;
  2. die soort wat sprokieselemente het (hieronder val heelwat feministiese sienings);
  3. die soort wat romanse of fantasie as grondmotief het.

Voorbeelde van Afrikaanse wetenskapfiksie waarin tieners hoofkarakters is, is die volgende:

1 Response to Wetenskapfiksie

  1. Lusanne says:

    The Hitchhikers Guide to the Galaxy is ‘n humoristiese, wetenskapfiksie reeks boeke. Douglas Adams is ‘n meester op hierdie terrein en ek kan hierdie boeke weer en nog ‘n keer lees. Daar is ook ‘n fliek (2005) van dieselfde titel vrygestel.

    http://www.imdb.com/title/tt0371724/
    http://www.fantasticfiction.co.uk/a/douglas-adams/

Leave a Reply

Your email address will not be published.