Refleksie

Skryf ‘n kort refleksie oor jou deelname in hierdie aanlynjoernaal.

Maak melding van …

  1. Die  aktiwiteite en jou gevoelens wat jy in die proses ervaar het;
  2. Jou gedagtes en interpretasie van die proses – wat het jy agtergekom of geleer wat jy nie geweet het nie;
  3. Jou toepassing en/of integrasie van hierdie soort onderrig in jou toekoms as onderwyser – hetsy as virtuele kletskamers in aanlynjoernale, of enige ander vorm van rekenaarondersteunde taal- en letterkunde-onderrig.

38 Responses to Refleksie

  1. Timara Wyngaard says:

    Die aard van hierdie aanlynjoernale het vereis dat ek met ‘n meer gefokuste, kritiese blik na die onderskeie boeke kyk. Tot ‘n mate moes ek afstand doen van my eie subjektiwiteit ten einde ‘n realistiese weergawe van die inhoud te kon gee. Verder het ek hierdie oefening baie nuttig gevind aangesien ek ander se menings oor boeke wat ek self nog nie gelees het nie kon bekom. Sodoende is kennis uitgeruil. Hierdie proses het ook by my idees verwek van hoe ek soortgelyke programme binne my onderrigproses sal inwerk. Leerders is tegnologies-georiënteerd. Dus sal dit doeltreffend wees om ‘n virtuele kletskamer te skep waarbinne vraag-en-antwoord sessies kan plaasvind, waar leerders resensies oor boeke kan plaas en kommentaar lewer op mekaar se reaksies. Dit skep dus die geleentheid vir interaktiewe leer.

  2. AfriDromer says:

    Ek het die aanlynjoernaal baie positief ervaar. Soos Tamara reeds noem, was dit nuttig om te sien wat ander skryf oor die boeke wat hulle gelees het. Dit kan van groot hulp wees wanneer ons in die praktyk keuses oor voorgeskrewe boeke moet maak. Aanlynjoernale is defnitief ’n innoverende manier om by skole met die nodige tegnologie taal en letterkunde te behandel. Leerders kan vrae vra, mekaar in leer ondersteun en interaktief deelneem. Interessante inligting kan ook gedeel word terwyl die onderwyser kan monitor dat inligting relevant bly. Dit sal egter net by ryk skole kan geskied waar almal toegang tot die internet het.

  3. Knersus says:

    In die begin was ek redelik skepties daaroor, omdat ek nie juis hou daarvan om my mening in die openbaar te lug nie. Tog was dit ’n verrykende ervaring en het ek die geleentheid geniet om aan iets anders blootgestel te word. Dit is duidelik in die proses leer om vinniger te lees en te dink. Ek het dit veral geniet om jeugliteratuur te lees. Die kletskamer kan ’n ongelooflike geleentheid skep vir idees rondom tegnieke om leerders te kry om te lees en deel te neem, indien die skool oor die nodige hulpbronne beskik. Leerders kan krities na jeugliteratuur kyk.

  4. Hannelie Nel says:

    Ek het nie geweet hoe ek sal baat hieruit nie, maar ek kan nou aan die einde van die proses erken dat ek baie daaruit geleer het. Dit het my uit gedaag om aspekte van verskeie boeke aan te spreek en kommentaar daaroor te lewer.

    Dit is ‘n baie interessante manier om lees en ‘n leeskultuur in die skool aan te moedig. Leerders kan na ander se opinies luister en ook hul eie opinies die lug laat sien. Ek wil dit amper beskou as die moderne manier van ‘n groepsbespreking. Leerders het ook toegang tot skakels om navorsing oor ‘n roman te doen of vinnig n resensie op die internet te gaan lees.

    Hierdie proses het my gemotiveer om weer na die tekste te gaan kyk en ook ander se opinies daarin raak te sien.

  5. Carmen says:

    Die aanlynjoernaal was baie effektief om lees meer interressant te maak vir vandag se tegnologie gedrewe lewe. Ek het baie geleer in terme van verskeie aspekte in jeugliteratuur en hoe dit gebruik kan word om mense se verbeelding te verryk. Dit was veral nuttig vir my om hieraan blootgestel te wees, want dit gee vir my idees oor hoe om lees in die praktyk vir leerders lekker te maak. Met behulp van hierdie skakel kan ek dalk self ‘n soortgelyke webblad vir leerders skep en dit aanpas tot hulle spesifieke behoeftes. Wat uitstaan is die feit dat verskillende mense hul kennis met mekaar kan deel op ‘n wyse wat anders as die normale klas opset is en voorsien geleentheid vir optimale leer ook op so ‘n wyse. Dit was vir my ‘n positiewe ervaring wat ek graag met ander sal wil deel deur dieselfde geleenthede vir hulle te skep.

  6. Willy* says:

    Net die gedagte aan die blogging proses in die Afrikaanse lesings het my opgewonde gemaak. Dit was vir my ‘n heel nuwe wêreld want ek het nog nooit self aan so iets deelgeneem nie. Wat genotvol was van die blogging was die feit dat ons op ‘n akedemiese wyse sosiaal kon verkeer. Die boeke wat ons vir die proses moes gelees het was om die minste te sê, verrykend. Dit is was ‘n wonderlike leerervaring vir my, en ek glo dit sal ook so deur leerders ervaar word. Die kinders van vandag is tegnologies ingestel daarom voel ek hulle sal maklik kan vereenselwig met die medium van leer.

  7. Juffrou Norval says:

    Aanvanklik was ek glad nie positief oor die aanlyn kletskamers nie. Ek geniet dit baie eerder om persoonlik met mense in gesprek te tree en ’n deurlopend vloei van kommunikasie te handhaaf waar jy nie noodwendig vir ’n rekenaarskerm moet wag op ’n eendimensionele respons nie. Tog met inagneming van Knersus se aanmerking wil dit vir my voorkom asof hierdie proses ook sekere voordele inhou. Dit kan spesifiek nuttig wees in ’n klaskamer omgewing om aan alle leerders, self die wat nie so spraaksaam is nie, gelyke geleentheid te bied om hul menings en opinies te lug.
    Die sinvolheid van die onderskeie opdragte het my wel een stappie verder in die kuberruimte ingetrek en as toekomstige opvoeder sal ek graag wil poog om aan kletskamers soos hierdie wil deelneem om ander opvoeders se menings oor jeug boeke in ag te neem en sodoende meer sinvolle keuses te maak ten opsigte van die inkorporasie van leesboeke in my eie klaskamer.

  8. Marli says:

    Tydens hierdie proses het ek defnitief nuwe en ander boeke gelees en het besef om te kies tussen boeke is moeiliker as wat ek gedink het. Dit het my die geleentheid te gee om te kan lees wanneer ek wil, want dan kan ek sê dit is vir werk. Ek het ook meer oor die rekenaar geleer en hoe om te kommunikeer met ander oor wat ek gelees het.

    Deur die blog te gebruik stel dit mense in staat om hulle menings te lig en ook anoniem te bly. Dit sal bruikbare gereedskap wees vir ‘n onderwyser. Elkeen kry die geleentheid om te sê hoe hulle voel, maar hoef nie aan die res van die klas blootgestel te word nie. En dit is interessanter as net ‘n gesprek en ‘n paar vrae. Defnitief ‘n verrykende ondervinding.

  9. Christelle Larke says:

    Die aanlynjoernale wat vir my baie opwindend, maar ook uitdagend. Ek het dit geniet om elke week aktiwiteite op die rekenaar te voltooi en het besef hoe baie mens
    leer, wanneer jy oor boeke reflekteer en jou opinies met ander deel. Ek het dit soms uitdagend gevind om my gevoelens oor boeke neer te skryf. Ek dink dat die interaksie
    ‘n baie effektiewe metode is om leerders aan te moedig en lus te maak vir lees en selfs om hulle taal te verbeter. Ek sal beslis poog om hierdie aanlynjoernaal in die toekoms in my klasse te gebruik, sodat leerders aan wye perspektiewe met betrekking tot sekere boeke blootgestel word, ten einde krities werk te evalueer en verskeidenheid opinies inkorporeer wanneer hierdie boeke evalueer word.

  10. Calamity Jane says:

    Die aanlyn joernaal was ‘n heel nuwe ervaring (het nog nie deel geneem aan so iets nie), om uiting te gee van jou menings oor boeke. Dit is ‘n baie interessante manier om mense met mekaar en met boeke interaktief te kry. ‘n Goeie leer ervaring wat nuwe idees gee oor hoe om lees te benader en ook om dit te bemark.

  11. blommekind says:

    Die hele ervaring was lekker, ek moet met Marli saamstem dat dit lekker was om `n paar boeke nader te trek en `n slag voorkeur te laat kry omdat dit vir “werk” was en, ditto, die anonimiteit het vir my die hele blog gemaak. Dit was `n fantastiese student-gesentreerde reeks lesse wat ons gelei het om self beheer te hê oor wat ons lees en hoe ons daarop reageer terwyl die verpligte leeswerk ondersteundend en leersaam was. Dit is baie van toepassing op die nuwe kurrikulum. Mens sal baie interessante blogs kan skep waar leerders byvoorbeeld spesifieke hoofstukke uit `n boek of gedigte bespreek vir punte. Mens kan selfs die leerders se belangstellings toets en elkeen `n boek uit hierdie genre laat lees waarna hulle iets daaroor op die blog moet skryf vir punte.

  12. blommekind says:

    http://www.storiewerf.co.za/
    Doen jouself `n guns en maak ten minste EEN keer `n draai by hierdie webblad. Dis IDEAAL om allerande jeugboek-verwante vrae te beantwoord!!!

  13. Ilze says:

    Die aanlynjoernale was nie vir my so ‘n opwindende ervaring nie. Ek is nie so tegnologies ingestel nie en verkies liewers ‘n mondelinge groep bespreking as die “blogging”. Ek verstaan ook dat dit wel voordele het aangesien rekenaar tegnologie besig is om oor te neem en rekenaarvaardigheid vir die skool leerder baie belangrik is. Tog dink ek dat die ervaring van boeke juis objektief moet wees en dat ‘n interaktiewe groepsbespreking binne ‘n klas baie meer effektief kan wees omdat meings nie altyd net met woorde oorgedra kan word nie.

    Die gebruik van aanlynjoernale kan wel in die klaskamer baie voordelig wees omdat dit ‘n ander perspektief van onderrig en leer bied en dit ook die leerders se kennis in ‘n tegnologie gedrewe samelewing kan verbreed. Tog, omdat ek in my skoolbesoek by ‘n skool was waar daar min rekenaars was en die toegang tot hierdie rekenaars en dan gevolglik ook die internet beperk was, is die gebruik van rekenaarondersteunende onderrig geleenthede nie baie effektief nie. Die leerders, wat meestal van minder bevoorregte omstandighede kom het ook nie die vaardighede wat ‘n leerder wat openlik toegang tot rekenaars het, het nie en dit kan dus intimiderend wees vir hulle. Dus dink ek die gebruik van hierdie rekenaarondersteunde onderig kan slegs werk as daar wel vrye toegang is tot die nodige hulpbronne en as dit beskikbaar is kan dit definitief vooruitgang aanmoedig.

  14. Liezl Fouche says:

    Ek was redelik skepties oor die hele proses aangaande die aanlynjoernale, maar was die ervaring heel opwindend. Hierdie proses het gemaak dat ek heekwat meer Afrikaanse boeke gelees het en ook ‘n groter verskeidenhied. Ek haak gewoonlik vas by Fantasie en Griller romans, maar was ek nou verplig om ook kennis te maak met ander romans.

    Ek dink hierdie aktiwiteit sal goed in ‘n klaskamer werk. Dit sal die klaskamer baie kreatief maak. Leerders is gewoonlik baie optimisties wanneer die klas op ‘n ander wyse anders aangebied word.

    Dit was vir my ‘n baie positiewe en verrykende ervaring.

  15. Jane Eyre says:

    Rekenaars is nie op my “gunsteling dinge” lysie nie, so ek was glad nie ten gunste van die idee nie, maar ek het genot daarin gevind. Dit was nie moeilik om aan die eintlike proses deel te neem nie siende die feit dat ek myself as ‘n semi-boekwurm beskryf, maar dit het baie geverg om my gedagtig neer te pen sodat dit wat ek se logies sin maak. Die element wat ek die meeste geniet het was om ander se sienings te sien. Om so iets toe te pas in die klaskamer dink ek sal moeilik wees want nie alle leerders het toegang tot rekenaarfasilieteite nie, maar indien suskesvol toegepas kan word sou ek beslis iets soos ‘n “facebook blad” stig waar ek met leerders boeke bespreek, of ‘n virtuele boekklub besperkeing met my klas begin, waar ons ander boeke buite die kurrikulum behandel. Die ervaring was ten einde ‘n goeie leerervaring!

  16. Liewe Heksie says:

    Ek was aanvanklik baie skepties en selfs bang toe ek meegedeel is van die bloginskrywings wat ons moet doen. Dit was egter glad nie so moeilik of onaangenaam soos ek gedink het nie – inteendeel. Ek het dit geniet om ander se kommentaar en inskrywings te lees. Op hierdie manier het ek baie geleer oor die boeke wat ek self nog nie gelees het nie. Die aanlynjoernaal het my ook gehelp om my eie gedagtes oor boeke neer te le en krities daaroor te dink. Dit was vir my soms uitdagend om in ‘n sekere hoeveelheid woorde te probeer skryf. Ek dink dit was ‘n uitstekende manier om meer van jeugliteratuur in ‘n kort rukkie te leer en te dink watter van hierdie boeke in klaskamers gebruik sou kon word. Verder sal so ‘n blog in van die meer bevoorregte skole met rekenaars ook leerders kon help om hul skryfvaardighede te verbeter en kennis te verkry- veral vir die millenier leerder wat se wereld baie tegnologies is.

  17. AlexAnder says:

    Aangesien ek nie grootste “rekenaarboffin” in die wêreld is nie was ek aanvanklik baie skepties oor die hele aanlynjoernaal storie. Dit het my egter nie lank vat om agter te kom dat dit eintlik baie eenvoudig is nie. Ek het al hoe meer rondgespeel en al die interesante fasette van die aanlynjoernaal ontdek.

    Hierdie manier van kommunikasie is nie net lekker en eenvoudig nie, maar is ook baie vinnig en prakties. Dit is ’n uitstekende manier om te leer van ander en hulle opinies in ag te neem wanneer daar veral gereflekteer word oor boeke wat jy al gelees het.

    Ek het dit baie geniet en sal definitief moeite doen om dit eendag as onderwyser te inkorporeer in my klasse. Dit is verseker die toekoms van onderwys en dit gaan die leerproses soveel makliker maak.

  18. Lauri says:

    Die aanlynjoernaal het my geleer om ‘n meer kritiese benadering te volg met die lees van jeug letterkunde. Dit het my ook geleer dat daar baie faktore betrokke is by die skryf van ‘n jeug boek. Ek het gehou van die interaktiwiteit verbonde aan hierdie soort onderrig en voel dat dit geleentheid vir mense met intrapersoonlike intelligensies bied, om ook hul menings en idees te lewer.
    Verder was dit ook ‘n interessante benadering tot onderrig en sal ek hierdie soort onderrig integreer in die toekoms. Dit sal leerders leer om hulself uit te druk. Verder is blogging ook ‘n intellektuele oefening: leerders leer reflekteer, beoordeel, kommentaar lewer en hul kritiese en analitiese denke word bevorder.
    By skole waar daar nie rekenaargeriewe is nie, kan hierdie soort onderrig geimplementeer word deur groepbesprekings te hou en kan die onderwyser steeds die bogenoemde vaardighede by hierdie besprekings integreer.

  19. Mel says:

    Hierdie aktiwiteit was vir my ‘n groot “eye-opener”. Dit was werklik die eerste keer wat ek met so ‘n aanlyn joernaal te doen kry en dit was fantasties, nuut en baie opwindend. Ek het baie oulike onderrig idees gekry van die ander leerders af en verskeie maniere waarop ons verskillende leesboeke in die klaskamer kan gebruik. Ek het ook baie, bekende boeke onder ander, ontdek soos Raka van Koos Kombuis wat ek graag sal wil lees aangesien soveel ander dit al gelees het. Die joernaal is defnitief ‘n groot motivering om meer kinderboeke en tienerverhale te lees en te verken.

    Vir diegene wat net so min weet van aanlynjoernale en graag verder daaroor wil lees, besoek: http://af.wikipedia.org/wiki/Webjoernaal

  20. Natasha says:

    Tydens hierdie aanlynjoernaal – ervaring het ek soms frustreerd gevoel, aangesien dit vir my ’n nuwe ervaring was. Dit was ’n proses verwyderd van my gemaksone en die feit dat ek ’n klein bietjie tegnologies gestremd is, het bygedra tot my frustrasies!
    Ek het geleer om meer krities na boeke, veral jeugboeke, te kyk en myself in ’n kinderrol te plaas. Ek is geneig daartoe om net uit een of twee genres te lees en hierdie proses het my gedwing om my “leeswêreld” te verbreed.
    Ek sal beslis ’n aanlynjoernaal in die toekoms aanwend, nie net om die leerders aan te moedig om meer te lees nie, maar ook om hul skryf- en redenasievermoë op te skerp.

  21. Louise Brown says:

    Ek stem saam met Ilze dat alhoewel almal dink die aanlynjoernale ‘n baie interessanter manier van klas aanbied is, dit maar moeilik sal wees om dit te implimenteer in baie skole omdat die hulpbronne net nie daar is nie.

    Tog is dit ‘n goeie manier vir leerders om anoniem opinies te lewer terwyl die onderwyser kan monitor wat gese word.

    Dit het my defnitief uit my gemaksone forseer en sal waarskynlik tot ‘n mate dieselfde effek op die leerders he. Selfs as dit net een voordeel het, sal dit wees dat dit die rekenaar ‘junkies’ kry om te praat oor boeke d.m.v. ‘n medium wat hulle verstaan: rekenaars.

  22. Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) says:

    Ek was nog altyd ‘n voorstander vir die die gebruik van diverse media in die klaskamer en sal graag ook van ‘n aanlynjoernaal binne die konteks van ‘n Afrikaansklas wil gebruik maak. Alhoewel hierdie kort reeks van aanlyn-aktiwiteite my ‘n aantal nuttige uitkomste in terme van lees- en skryfteorie laat bereik het, is ek egter spyt dat ons (voornemende opvoeders) nie ook die aanlynjoernaal se administrasie kon behartig nie. Dit sou nuttig wees om as ’n administrateur van hierdie aanlynjoernaal te kon optree sodat ons ook die nodige vaardighede aanleer wat benodig word om só ‘n leergeleentheid aan leerders te bied.

    Laastens was dit vir my insiggewend om op ‘n metavlak met jeugliteratuur om te gaan. Ek het sodoende krities nagedink oor die aard en funksie van jeugliteratuur en glo dat leerders daarby kan baat vind om aan soortgelyke aanlynjoernale deel te neem.

  23. Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

    Dit was vir my ongelooflik vreemd om weer jeugliteratuur te lees. Ek was gewoond aan die boeke en verhale van Cor Dirks, Topsy Smith en PH Nortjé. Ek het gevind dat ek meer krities na jeugverhale gekyk het en nie in ag geneem het dat ek dalk nie meer deel is van die jeugkultuur waarop dit gemik is nie.
    Deur die blog te doen het dit aan my duidelik geraak dat ek my subjektiwiteit vir `ʼn slag moet laat eenkant staan, iets wat moeilik gebeur.
    Die aanlyn ervaring was nie vir my so opwindend nie siende dat ek ietwat geïrriteerd kan raak deur tegnologie. Ek dink egter daar is baie potensiaal in hierdie tipe onderrig en as ek die hulpbronne tot my beskikking het, sal ek dit graag wil probeer implementeer.
    Ek sal graag die opsie van onderrig oor Mxit wil verken.

  24. Darkangel says:

    Aan die begin was ek bietjie bang oor die idee van blogging. Ek wou nie my idees so oop en bloot met die ander deel nie. Met verloop van tyd het dit nogal lekker geword. Dit het van my vereis om meer subjektief na die boeke te kyk en ne so pessimisties te wees daaroor nie. Dit was ook lekker om die ander se idees en denkprosesse waar te neem terwyl hulle opinies oor sekere boeke gee. Dit het my ook laat besef daar is nog baie van die jeugliteratuur wat ek nog nie gelees het nie. Dit was verfrissend om weer van hierdie boeke te lees omdat dit het my laat ontspan.

  25. die B-MANN says:

    Ek was aanvangklik angstig en huiwerig om hierdie taak met volle vertroue aan te pak. Ek is altyd bang ek druk die verkeerde knoppie en my werk word verwyder óf word verkeerd gepubliseer. Verrassend het ek ná die eerste blogplasing agter gekom ek met meer selfvertroue om te skryf en publiseer. Dit was verskiklik interessant en prikkelend om my gedagtes, so kort en krag as moontlik, te publiseer, én ander studente se gedagtes te lees en komenaar op te lewer. Die interaktiewe wyse waarmee die opdrag georganiseer is was doeltreffend en geïntegreerd (en het die blog doeltreffend gemaak). Hierdie tipe opdrag hoort meer in die toekoms gebruik word om take te assesseer. Dit het definitief rekenaarvernuf gebeitel en idees vir toekomstige onderriggeleenthede gegee.

    • die B-MANN says:

      *ek bedoel sekerlik “kommentaar” en nie “komenaar” nie! 😀 (Dit is was ek met “Ek is altyd bang ek druk die verkeerde knoppie en my werk word verwyder óf word verkeerd gepubliseer.” meen.

  26. KênsTillie Moolman says:

    Ek hou van rekenaars. Nou dat dit uit die pad is; wil ek byvoeg dat ek hierdie proses baie positief ervaar het. Ek is geneig om met die “Vegmuis” en Juffrou Wyngaard saam te stem ten opsigte van persoonlike subjektiwiteit wat buite moet wag – dit was nie maklik nie, maar tog verrykend. Ek het geleer hoe om op `n ander manier krities na boeke te kyk en sodoende een te kies wat die tegniese aspekte bevat wat ek wil ondersoek.

    Die meerderheid van vandag se leerders (en onderwysers) het iewers `n virtuele wêreld waar hulle op `n kreatiewe wyse met ander in gesprek tree – daarom dink ek leerders sal ook baie opgewonde raak oor aanlynjoernale. Meeste leerders het ook selfone. Dit kan dalk die proses meer toeganklik maak in skole wat nie oor die nodige hulpbronne beskik nie.

    Ek is van mening dat ons as onderwysers `n verantwoordelikheid het teenoor ons leerders om nuwe maniere van onderrig en leer te verken. Ek sal beslis hierdie ervaring gebruik om in die toekoms die leerproses vir my leerders kreatief en pret te maak.

  27. Pieter Kristian Bezuidenhout says:

    Hierdie aktiwiteit was werklik vir my verfrissend, siened dat ek nog nie van te vore aan hierdie tipe onderrig blootgestel was nie. Die oefeninge was ten tye uitdaging, maar tog verrykend, meestal ten opsigte van die kritiese inspanning en die spesifieke taalgebruik van die oefeninge.

    Hierdie tipe oefeninge kan baie goed geïntegreer word in ‘n letterkunde program. Leerders kan byvoorbeeld deelneem aan gesprekke rondom voorgeskrewe boeke, om hierdie wyse kan hulle dalk meer bymekaar leer as by die onderwyser. Indien ek so iets in die toekoms kan implimenteer sal ek dit definitief doen sienend dat ‘n vrugtevolle oefening sal wees. Leerders behoort dit ook baie te geniet.

  28. Romantikus says:

    Ek het nie geweet hoe ek voel oor die aanlynjoernaal idee aanvanklik nie, maar hoe meer ons dit gedoen het, het ek besef dat dit ‘n ongelooflike eenvoudige manier kan wees om jou mening te lig. In dieselfde asem wil ek byvoeg dat ek saam met Juffrou Norval stem in terme van in ‘n gesprek tree met iemand eerder as om dit net om ‘n rekenaar te tik. So kan daar argumente en besprekings ontwikkel en ek persoonlik druk myself beter uit as ek in meer as honderd woorde iets mag verduidelik. Ek moet dan nog ‘n stertjie aanlas deur ook te sê dat ek dink dit ‘n baie goeie idee is om so tipe onderrig te gebruik sienende dat alle mense nie altyd daarvan hou om in die klaskamer te praat en hul mening te lig nie. So tipe onderrigstyl gee hierdie tipe leerder die kans om sy opinie te lig sonder om te voel dat ‘n paar mense se oë net op hom/haar gefokus is.

  29. Amori says:

    Ek gaan nie lieg nie, toe ek hoor ons moet ‘n blog skryf was ek bang. Die rede hiervoor is groot en deels omdat ek tegnologies gestremd is en nie altyd baie goed spel nie. Dit het my beslis uit my gemaksone geneem en ek hou van sulke ervarings. Ek dink dis naïef om te dink dat jy die generasie vir wie ons gaan skool gee gaan bereik sonder om tegnologie te gebruik. Hulle word groot met dit, hulle kan sms’se tik voordat hulle kan skryf. Hulle verkies dit ook om eerder op hulle selfone ‘n opdrag te doen as om dit in ‘n boek te skryf. Die realiteit is dat ons almal nie in middelklas skole gaan skool gee nie en mag moontlik nie toegang hê tot die fasiliteite nie, maar vir die res van ons dink ek dis ‘n baie innoverende manier om leerders geïnteresseer te kry in lees. Ek is bly ek het geleer hoe om dit te doen.

  30. Dawie se kabouter ;) says:

    Hierdie aanlynjoernaal was vir my ‘n vreeslik interessante ervaring aangesien ek nog nie van te vore so iets gedoen het nie en graag wou sien hoe dit werk. Van die tegniese gedeeltes van hierdie proses het ek ‘n bietjie uitdagend gevind, soos byvoorbeeld hoe om ‘n “avatar” te skep, maar dit was vir my verrykend om dit te probeer reg kry. Deur hierdie proses het ek ook gevind dat so ‘n aanlynjoernaal baie hulpvaardig is omdat dit aan jou die geleentheid skep om oor boeke wat jy nog nie gelees het nie te leer en daar volgens kan besluit of jy dit wil lees of nie.

    Hierdie proses was dus defnitief ‘n verrykende een en my leeslys vir die vakansie het heelwat langer geword as gevolg daarvan. Ek sal graag so aanlynjoernaal wil gebruik as onderwyser omdat ek glo hierdie proses vir leerders baie meer sal interesseer as om net ‘n klasbespreking oor ‘n boek te he. Op hierdie manier sal hul ook hul tegniese vaardighede kan benut. Ek het ook al met ander rekenaarondersteunde taal- en letterkunde-onderrig programme gebruik gemaak en gesien hoe leerders hierdie tipe onderrig geniet en hul aandag baie makliker na sulke tipe onderrig gelok word. Daarom sal ek graag vir leerders so ‘n spasie wil skep waar hulle anoniem hul kommentaar oor boeke kan lewer en die kans kan he om krities en kreatief hul idees met ander te deel.

  31. Lusanne says:

    Ek het die aanlyn “blogging” redelik geniet. My rekenaar is elke dag aan, my internet is gedurig oop en lees kort-kort ‘n nuwe e-pos of “FB-update”. Ek is nuuskierig van aard en ek wil alles sien en weet. Deur te “blog” kon ek almal se kommentaar op my eie tyd lees en daaruit leer. Ek het die meeste vrae se antwoorde/kommentaar in Word-dokumente gestoor vir latere wysiging.

    Ek het geleer dat ek nie sommer gou weer sal “blog” nie, want ek hou nie van die idee dat daar brokkies van my kommentaar vir ewig in die kuberruim gaan rond hang nie.

    Hierdie aanlynjoernaal is ongelooflik goed georganiseerd en baie effektief beplan en ek glo dat ‘n soortgelyke joernaal, indien effektief toegepas, in enige skool situasie nuttig sal wees. Dit sal die leerders nodige reknaarvaardighede aanleer, asook hul lees en skryfvaardighede slyp vir die toekoms. Die leerders sal eers moet sit en nadink oor hul antwoorde, anders as tydens ‘n klasgesprek waar hul kommentaar binne sekondes vergete mag gaan. Ek sou wel wou leer hoe om self so ‘n aanlynjoernaal te skep soos Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) reeds genoem het.

  32. mang0*** says:

    Ek sal erken dat ek baie bly was dat ons aan hierdie aanlynjoernaal kon deelneem. Nie net het dit my gedwing om jeugliteratuur te lees nie, maar dit het my ook gedwing om krities na verskeie aspekte van jeugliteratuur te kyk. Dit was interessant om my klasmaats se kommentaar en opinies op die “blog” te lees. Hulle idees en opinies het net weereens bewys dat ons almal op verskillende maniere tekste interpreteer. Dit is seker as gevolg van ons agtergrond wat ons persepsies gevorm het. Jeugliteratuur speel werklik ‘n belangrike rol; dit kan of leerders aanmoedig om te lees of hulle laat glo dat lees vervelig is. Die boeke wat ek gelees het was insigwend, interessant en gepas vir tieners. Ek weet wel dat nie alle voorgeskrewe boeke so is nie.

    Ek sal wel die aanlynjoernal of enige ander vorm van dit gebruik omdat dit dit as ‘n platvorm vir kreatiweit kan dien. Leerders kan, soos ek, op so ‘n manier hul opinies en idees kreatief uitdruk.

    Ek is definitief gemotiveerd om nog sulke tekste te soek om volgende jaar vir my leerders te laat lees.

  33. Hanneke says:

    Aanvanklik het ek nie geweet wat ek uit hierdie ervaring sou leer nie. Ek besef egter nou dat ek die geleentheid gebied is om op ander wyses na jeugliteratuur te kyk. Voorheen het ek gedink dit is geslaagd om die boeke te lees en daaroor na te dink op my eie tyd. Die verskillende aktiwiteite wat ons moes doen, het my egter op ander maniere oor die boeke laat dink. Dit was interessant om te sien hoe ek die boeke beskryf en aanbevelings maak vir verskillende groepe. Die feit dat ek van die ander se kommentaar kon lees het gehelp en dit was interessant om die verskillende menings oor boeke te sien. Alhoewel ek en tegnologie nie altyd goed oor die weg kom nie, dink ek hierdie idee is baie goed om in skole te implementeer. Leerders hou daarvan om met rekenaars te werk. Baie dink ook lees is vervelig. Met hierdie idee kan jy die twee kombineer en dit kan help om `n beter leeskultuur onder die jeug te verkry. Ek het dit as baie positief ervaar en dit was goed om op verskillende maniere na die boeke te kyk.

  34. Elana says:

    Dit was vir my persoonlik ‘n aangename ervaring gewees. Ek was effens gedruk vir tyd, aangesien ek baie ander werk gehad het tussen deur. Soos wat ek opdragte uitgevoer het was dit interresant om ander se meenings oor boeke wat ek al gelees het of graag wil lees te sien.

    Die gebruik van die aanlynjoernaal as ‘n leergeleenthied wil vir my voorkom asof almal baie van hulself geleer het asook van hoe om kritiese denke toe te pas. Ek persoonlik het geleer om die literatuur wat deesdae verskyn op rake vanuit ‘n ander oogpunt te benader en die moontlikhede wat in elke teks lê te ondersoek.

    Dit was ‘n ervaring wat ek enige dag weer sal deurgaan en ook iets wat ek moontlik in ‘n klaskamer graag sal wil gebruik indien ek die nodige fassiliteite beskikbaar het daarvoor.

  35. Vickey says:

    In die begin het ek gevoel dat die die idee van die aanlynjoernaal nie vir my is nie en ek was nie baie opgewonde om te begin met deelname aan die gesprekke nie. Tog toe ek begin kyk na die ander deelnemers se mening oor boeke het dit my gretig gemaak om my mening ook te lig.
    Dit het my ook blootgestel aan nuwe boeke wat ek graag sal wil lees en ek sal beslis ʼn punt maak daarvan om die boeke te lees. Ek hoop ook dat ander dieselfde voel oor boeke wat ek bespreek het veral “Swartskaap” omdat dit by vêr in van die beste boeke is wat ek al ooit gelees het en ek glo dat elke onderwyser hierdie boek behoort te lees.
    Ek weet steeds nie of leerders die deelname aan so ʼn aanlynjoernaal sal geniet nie, maar ek glo dat dit beslis die moeite werd sal wees om leerders te probeer motiveer om soortgelyke aktiwiteite te doen

  36. Esté Theron says:

    Refleksie
    Ek voel dat hierdie is ’n baie goeie opdrag om vir leerders asook onderwysers te gee. Die leerders/onderwysers raak dan bewus van die verskillende besluite wat gepaard gaan met die keuse van ’n geskikte roman wat in die klaskamer en die konteks van die klas gebruik/moet kan word.
    Taa1 is ook ’n baie belangrike aspek van ’n roman. Die taal wat die roman gebruik word kan ook die taal in die klaskamer bepaal. Dit is belangrik om te vir sekere as daar ’n sekere taalgebruik in die roman voorkom dat dieselfde taalgebruik in die klaskamer kan/gaan begin voorkom. As die leerder deel vorm van hierdie tipe besluite wat in die klas geneem word sal hulle die roman meer waardeer en beter verstaan hoekom hulle die storie en die simboliek agter die roman moet begryp.
    Hierdie onderrig styl kan baie goed gebruik word in die toekoms, solank al die leerders toegang het tot ’n rekenaar. In hierdie manier kan die onderwyser bewus raak van watter tipe romans die leerders wil lees in die klaskamer.

Leave a Reply

Your email address will not be published.