Onderwysers

Probeer om onderwysers (let weer op styl, ens.) met kreatiewe onderrigidees te oorreed om ‘n jeugboek (uit ‘n ander genre as die vorige opdragte) voor te skryf vir tieners deur te verwys na die literêre gehalte van die teks – kyk spesifiek na die onderskeie genres se kenmerke en strukturele elemente. Soek daarvoor deur te kliek op die onderwerpskakels bo-aan hierdie blog – dit behels die volgende:

Beweeg na die opdrag oor taalgebuik in Afrikaanse jeugletterkunde.

43 Responses to Onderwysers

  1. Marli says:

    In “Jokkie vir die sweetvos” deur Adriaan Snyman word daar baie gespeel op die stereotipes wat die mens skep. Elke karakter het ‘n vooropgestelde idee van hoe die ander persoon moet wees en sal optree en dit lei tot struwelinge tussen die karakters. Die bereiking van drome en die paaie wat almal moet stap tot sukses is ‘n groot tema in die boek en sal ook die tieners interesseer. Siende dat die boek oor perde wedrenne gaan sal dit interessant wees om die leerders eers bekend te maak met sommige aspekte van perderesiese deur byvoorbeeld ‘n “clip” te wys of daaroor te praat. Dit vang hulle aandag en hulle is dus vinniger betrokke by die boek.

  2. AfriDromer says:

    “Skilpoppe” deur Barry Hough is ’n voorgeskrewe verhaal wat verskeie stereotipes bevat. Die behandeling van stereotipes is belangrik omdat leerders moet besef dat hul vooropgestelde idees dalk nie die waarheid weerspeël nie en dat daar verskeie perspektiewe bestaan om ’n saak te benader. “Skilpoppe” leen homself uit vir interessante onderrigmetodes. Die verhaal is op video beskikbaar wat tydens klastyd gewys kan word. Klasbesprekings is altyd ’n wenner en hier kan verskeie stereotipes in die samewlewing bespreek word. Integrasie met Filosofie word deur die nadenking van die idee dat mense soos skilpoppe is, gedoen. Verder kan leerders ook kunstig raak deur hul eie skilpoppe te maak wat hul persoonlikhede uitbeeld.

  3. Liewe Heksie says:

    As onderwysers is dit vir ons belangrik om boeke te kies wat tieners sal geniet, maar ons wil ook he dat hulle sekere literere elemente verstaan. ‘n Goeie boek wat aan albei bogenoemde vereistes voldoen is “Raka die roman” deur Koos Kombuis.

    Die boek handel oor ‘n gesin in Stellenbosch – ‘n dominee pa wat die fashion channel kyk en ‘n verhouding met sy vrou se suster aanknoop, ‘n studente seun in die politiek met ‘n joolkoninging vir ‘n meisie, jonger kinders en “drugs” wat uithang by die mystic boer ensovoorts.

    Jy kan veral fokus op karakterisering deur na die tema van die bose en goeie wat in elkeen van die karakters in die boek voorkom te kyk. Jy kan kreatief te werk gaan en karatersketse van elke karakter maak waar jy die goeie en slegte van elke karakter vir die leerders beklemtoon. Verder kan jy die satiriese elemente in die boek vir die leerders aandui – ‘n Konsep waarmee leerders dikwels sukkel. Jy kan die karaktersketse, temas en satiriese elemente op kleurvolle plakkate aanbring.

  4. Willy* says:

    Suur-Lem+oen! deur Jaco Jacobs is ‘n jeugroman wat deel vorm van die humor genre. Dit is ‘n storie oor “rock“, liefde en ‘n tuinkabouter, dit is ‘n lekker lees roman vir die leerders by u skool. Humor spesifiek in die tiener kultuur en die ruimtes by die skool word veral op gefokus in die boek. Dus sal dit vir u as onderwyser toelaat om saam met die leerders te ervaar hoe ander leerders interaksie met die skool omgewing het. Dit is beslis ‘n boek wat die leerders se aandag sal aantrek en ook behou. Hierdie boek sal ook as uitlaatklep dien vir die emosies wat die leerders somtyds strem. Kry Suur-Lem+oen! en lag lekker deur die proses met u leerders.

    • Willy* says:

      jefferson.lib.co.us/teen/reads.html. Is ‘n webtuiste waar blogging ook plaasvind en kan gebruik word as u as onderwyser die leerders meer wil motiveer om te lees.

  5. Etienne van Heerden se roman “Toorberg” kan die eienskappe van magiese realisme vir leerders op `n praktiese wyse oopsluit. Hierdie tipe literêre tekste dra grootliks by tot die ontwikkeling van leerders se verbeelding. Daar is verskeie kreatiewe aktiwiteite wat jy as onderwyser met leerders kan doen om die aspekte van magiese realisme te verken. As leerders bekend gestel word aan die wonderlike wêreld van die verbeelding sal dit hulle ook aanspoor om meer te lees.

    Leerders sal ná hul wandeling verby Toorberg se boorgate en om die “dakskaduwee” waar die dooies saam met die lewendes woon, `n nuwe wêreld binne die letterkunde en hul eie verbeelding kan betree.

  6. KênsTillie Moolman says:

    http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2003/08/09/KA/04/01.html

    Lees die berig oor die elemente van magiese realisme in “Toorberg”.

  7. Hannelie Nel says:

    As onderwysers sukkel ons daagliks met gepaste voorgeskrewe boeke in die skool, wat deur die tieners as interessant gevind word. Hierdie boeke moet hulself ook uitleen aan aan die verskeie literere elemente.

    Koos Kombuis se boek, “RAKA, die roman”, is ‘n goeie voorbeeld waaruit stereotipering bespreek kan word, aangesien die karakters juis verskil van die stereotipes waaraan ons hulle in die alledaagse lewe sou koppel. Die pa in die verhaal is ‘n dominee van beroep, maar hy het al vir jare ‘n verhouding met sy skoonsuster. Hy verlustig hom aan die meisie oop die televisie en sy vrou kyk maar in ‘n ander rigting.Die studie van literêre stereotipes kan bydra tot onderwysers en leerders se bewussyn van basiese waardes, oortuigings vanuit verskeie perspektiewe. In hierdie boek word leerders gekonfronteer met die teinerkarakters se gebruik van dwelms. Lesers word ook uitgedaag deurdat hulle met onbekende of selfs n afwyking van die normale te doen kry in hierdie boek. Hieride teks laat die lesers dus wyk van stereotipering, aangesien die karakters ‘n afwyking van hulle stereotipes is.

    Ek stem ook saam met Liewe Heksie dat dit ‘n goeie teks is om karakterisering uit te onderrig. Hou ingedagte dat intertekstualiteit ook bespreek kan word.

    Daar kan vooraf aan die leerders gevra word om dominees, hul vroue, n politieke student, ‘n hoërskool seun en ook meisie, en hulle persoonlikhede te bespreek en n opsomming van hierdie mense, hulle stereotipe en uitdagings te bespreek. Die teks kan dan behandel word om die teenstelling aan te dui en ‘n vergelyking tussen die stereotipe en die karakters kan aan die einde gemaak word.

    Om verdere inligting kan jy gaan na die skakel, Onderrigidees, waarin parodieë bespreek word. Jy kan ook gaan kyk na resensies en ander blogs by: http://www.litnet.co.za

  8. Knersus says:

    Daar is ‘n verskeidenheid voorgeskrewe materiaal wat deur die onderwyser in die klaskamer gebruik kan word. “Eenkantkind” deur Marita van der Vyver kan bydra by tot die leerder se verstaan van die Self en die Ander. Volgens Kruger (2002:198) kan “’n kennis van die Self en die Ander in die klaskamer of buite die formele leersituasie … bydra tot wedersydse begrip en respek“. Die leerder kan identifiseer met die “[e]enkantkind“, omdat die karakters tog iets weergee van die werklikheid en die stereotipes wat wel bestaan. Kruger (2002:207) redeneer dat “[d]ie hoofkarakter meestal as ’n buitestander uitgebeeld“ word. In die klaskamersituasie kan leerders dus ’n rolspel doen om hierdie verskillend stereotipes uit te beeld om sodoende meer van mekaar te leer.

  9. Kristian Bezuidenhout says:

    “Kringe in ‘n bos” van Dalene Matthee is baie waardevol ten opsigte van die vervaardiging van kreatiewe onderrigidees, juis omdat die boek belaai is met is met ‘n magdom elemente wat in hierdie verband aangewend kan word. Aktiwiteite kan byvoorbeeld geskep word wat wentel rondom spesifieke aspekte van die boek, en wat aanspraak maak op verskeie vorme van intelligensie. Naturalistiese intelligensie kan byvoorbeeld gestimuleer word deur leerders te vrae om die ruimte waar in die boek afspeel te bespreek, so ook kan interpersoonlike en intrapersoonlike intelligensie aangspreek word deurdat leerders Saul se verhouding met die mense in die bos, en die mense van die dorp, te laat bespreek. In groepwerk kan laasgenoemde goed werk siende dat leerders se verskeie sterkpunte na vore sal kom by die verskillende vrae. Op hierdie wyse help leerders mekaar ontwikkeling en kan mens die verhaal meer interessant maak vir die leerders. Daar kan ook baie ander idees ontgin word uit hierdie boek omdat dit van goeie literêre gehalte is.

  10. Darkangel says:

    Dit is belangrik om selektief te werk te gaan as ons boeke vir leerders kies. Dit kan ʼn groot invloed op hulle lewens hê en sommige se denkwyses oor bepaalde aspekte dalk verander.
    “Fiela se Kind‘ deur Dalene Matthee is myns insiens ʼn boek wat wat voorgeskryf moet word vir die leerders. Dit val binne die genre van stereotipes. Dit handel oor ʼn kleurlingvrou se liefde vir haar wit optelkind. Hulle gesin word uitmekaar geskeur wanneer Benjamin weggevat word deur ʼn magistraat as gevolg die politieke situsie van die dag.
    Leerders sal dan kennis maak met die stereotipes wat hulle self oor ander het. Hierdie boek is ʼn poging om dit verander. Die boek was ook ʼn film en dit kan dan in die klas gewys word wanneer die leerder eers die boek gelees het.

  11. Amori Stols says:

    “Kringe in die Bos” deur Dalene Matthee
    Die boek is ʼn voorbeeld van ʼn ekologiese roman. Die boek spreek die kwessie van die bewaring van die Knysna woude aan. Dit kan kontroversiële besprekings ontlok en leerders se bewustheid verbreed en hulle laat dink en redeneer. Die leerders leer deur die boek te lees om abstrak te dink en metafore en beeldspraak te ontleed. Die leerders sal dit alles leer en terselfde tyd vas geboei word met ʼn spanningsvolle liefdes intrige. Daar is ook ruimte om biblioteek terapie te gebruik wanneer die boek in die klas behandel word. Daar is ook ʼn verhoogproduksie wat die leerders kan kyk om die boek lewendig te maak.

  12. louiseb says:

    Humor – Raka, die Roman deur Koos Kombuis

    Boeke is ‘n goeie manier om tieners wat oor die algemeen ongeïntereseerd in die klaskamer is d.m.v. kreatiwe onderrig the inspireer om deel te neem. Humor is een van die maklikste maniere om hulle aandag te prikkel en ‘n boek soos Raka, die Roman is om verskeie redes hiervoor gepas.

    Die stereotipering wat in die boek voorkom is reeds bespreek, maar dit kan ook gebruik word om tieners met parodieë te laat kennis maak. Parodieë spot met eietydse kultuur en oertektse, en leerders wat Raka deur NP van wyk Louw behandel het sal hierdie eienskappe van die parodie veral kan waardeer.

  13. Christelle Larke says:

    “Dis Ek, Anna” van Elbie Lotter is ‘n boek wat talle kontroversiële tema’s aanspreek en terselfdertyd ruimte laat vir ‘n rigtingsverandering van denke. Deur hierdie boek, ontwikkel leerders ‘n verstaan van diverse opinies en kry ook die geleentheid om buite hul allerdaagse gemaksone te beweeg. Leerders se kognitiewe, verbeeldings- en affektiewe vermoëns word ook uitgedaag, verwerk en opgelos deur die kennismaking met onbekende, selfs irriterende verskynsels in jeugletterkundige tekste. “Dis Ek, Anna” is ook ‘n boek wat verskeie stereotipes aanspreek en integreer kan word met ander uitkomstes. Dis maklik leesbaar en sterk emosioneel van aard. Hierdie boek moet beslis deur elke tiener gelees word!

  14. Carmen says:

    Vuil skottelgoed deur Derick Muller
    Hierdie boek behandel kontroversiële tema’s soos die konflik wat tieners by die skool, huis en in die sameleweing ervaar. Die verskeie kwessies is veral van toepassingtot leerders, want dit spreek huidige kwessies aan wat vandag se tieners raak. Die hoofkarakter, Bastian, woon in Kimberley en vind dat die alledaagse verveelig. Die doel van skoolgaan, hard werk en planne vir die toekoms vind hy oorweldigind en dus rebelleer hy teen hierdie norme. Soos die verhaal verloop besef hy hoekom hierdie reëls en norme so belangrik is en leer uit sy foute.

    Dit is daarom ideaal vir die gebruik in ‘n klaskamer opset, want leerders word gemotiveer om te lees oor kwessies wat aanklank vind by hulle. Leerders se voorkeure word dus aangespreek moedig hulle aan om meer Afrikaanse boeke te lees.

    • Carmen says:

      oops dit was die verkeerde een. Hier volg die korrekte weergawe. Jammer julle:-)

      Vuil skottelgoed deur Derick Muller

      Hierdie boek behandel kontroversiële temas soos die konflik wat tieners by die skool, huis en in die sameleweing ervaar. Die verskeie kwessies is veral van toepassing tot leerders, want dit spreek huidige kwessies aan. Die hoofkarakter, Bastian, woon in Kimberley en vind dat die alledaagse dinge verveelig is. Die doel van skoolgaan, hard werk en planne vir die toekoms oorweldig hom en dus rebelleer hy teen hierdie norme. Soos die verhaal verloop besef hy hoekom hierdie reëls en norme so belangrik is en leer uit sy foute. Dit is daarom ideaal vir die gebruik in ‘n klaskamer opset, want leerders word gemotiveer om te lees oor kwessies wat aanklank by hulle vind. Leerders se voorkeure word dus aangespreek en moedig hulle aan om meer Afrikaanse boeke te lees.

  15. Lauri says:

    Dalene Matthee se “Kringe in ‘n bos” is ‘n ryk bron van simboliek, motief en tematiek. Dit handel oor kwessies wat vandag nog relevant is. Die uitbuiting wat die houtkappers van ouds ervaar kan met leerders se hedendaagse kennis en ervarings van uitbuiting skakel en sodoende ‘n identifikasie proses by leerders openbaar. Rolspel kan hier effektief aangewend word om die betrokke partye by uitbuiting, uit te beeld.
    Meervoudige intelligensies word ook deur hierdie roman gestimuleer, veral die naturalistiese intelligensie. Leerders verkry ‘n aanvoeling vir die natuur en omgewingsbewustheid en word deel van Saul se frustrasie met die afbreking van die bos sowel as sy onderneming om die bos te red. Leerders kan dus omgewingsveldtogte voer en deur middel van navorsing saam met hom veg.
    Verder kan die kunssprokie, “Die Houtkapper” deur Belcampo ook integreer word binne hierdie tema.
    Vir verdere inligting oor Dalene Matthee en “Kringe in ‘n bos” besoek gerus http://www.litnet.co.za.

  16. Ilze says:

    „Kringe in ‘n bos“ deur Daleen Matthee is ‘n ekologiese roman wat handel oor die hoofkarakter Saul Barnard se ervaringe as inwoner van die Knysna bos. Die lees van hierdie boek het verskeie voordele vir die ontwikkeling van die leerders in U klas. Saul se hegte band tot die natuur en sy tog om dit te bewaar ontwikkel die leerders se naturalistiese meervoudige intellegensie en maak hulle bewus van hierdie baie belangrike hedendaagse kwessie. Leerders kan op ‘n uitstappie gaan waar hulle in hierdie omgewing bogenoemde ervaring kan stimuleer. Die boek bied ook ‘n kans aan U om leerders se emosionele groei ook te stimuleer deurdat hulle deur Saul se ervarings morele waardes ook ontwikkel.

  17. Esté Theron says:

    Koos Kombuis se “Raka die roman” kan vir die leerders die elemente van humor beklemtoon. In hierdie tipe literêre teks sal die leerders kan saam lag en leerders sal ook gefassineerd wees deur die karakters wat in die roman voorkom. Hierdie tipe roman kan moontlik die leerders se ‘lus vir lees’ aanwakker. ’n Mens kan dan ook verwys na N. P van Wyk Louw se Raka en dat Koos Kombuis dit geparodieer het.
    So kan ’n mens ook die leerders bewus maak van parodieë, hoe dit werk, hoekom jy ’n parodie sal skryf. ’n Mens kan ook ’n aktiwiteit vir die leerders gee, hulle moet dan hul eie parodie(ë) skryf van ’n sprokies of enige ander bestaande teks.
    Hier is ’n teks wat handel oor hoe om humor te gebruik om kreatiewe skryf te onderrig in Afrikaans.
    http://www.highbeam.com/doc/1G1-178187509.html

  18. blommekind says:

    As mens kyk na die Eerste Addisionele Taal klaskamer waar die leerders reeds negatief is omdat hulle sukkel met die taal, kan `n boek soos Vincent van Gogga ideaal wees. Veral Phillip de Vos se boeke is goed omdat dit nie die bagasie van dieper betekenis het nie (tensy jy op universiteit kom). Sy perfekte, suiwer Afrikaans sal leerders ook help om die taal baas te raak terwyl die lawwe tema’s gebruik kan word om lawwe uitvoerings te doen en leerders deel te laat neem aan die klas omdat die humor hulle help ontspan sodat die affektiewe filter verlaag.

  19. Juffrou Norval says:

    Dit is heel waarskynlik dat u as opvoeder ’n reeks diverse leerders in u klaskamer het. Wat staan u as opvoeder egter te doen om ’n omgewing van aanvaarding en respek vir ander in u klaskamer te kweek? In die navorsing van Hattingh oor interkultureel gefokusde taal onderrig het leerders in hul terugvoering aangetoon dat hulle “deur hul eie betrokkenheid by die interpretasie van die tekste tot die besef gekom het dat hulle self kan bydra tot ‘n minder gepolariseerde Suid-Afrikaanse samelewing deur stereotipering te probeer vermy (1996:167).

    In hierdie opsig kan Zuretha Roos se meester skryfstuk “Die verdwyning van Mina Afrika” wonderlik in die klaskamer geïntegreer word. Die hoofkarakter, Mina gaan deur ’n reeks verskillende belewenisse en sal dus verseker dat die tema van stereotipering van onderskeie invalshoeke aangespreek kan word. Dit maak ook geleentheid vir die aanspreking van leerders se veelvuldige intilligensie wat ondermeer klas aktiwiteite soos groepbesprekings, rolspel, persoonlike refleksie oor leerders se eie belewenis van stereotipering asook die integrasie van statistiese inligting oor stereotipering, kan in sluit.

  20. Calamity Jane says:

    Dis ek Anna

    Die kwessie van bloedskande,verkragting, swak ouerskap en mishandeling word aangeraak in hierdie boek. Dele van die boek kan skokend wees vir die leerders, maar dit is kwessies waarmee ons op ‘n daaglikse basis in ons samelewing mee gekonfronteer word. Genoemde kwessies was eers taboe kwessies, tot ‘n mate is dit nogsteeds die geval. Onderwysers kan die boek as vertrekpunt gebruik om ander kwessies ook aan te raak wat as taboe beskou word en die boek kan selfs in ander leerareas gebruik word soos lewensoriëntering.

  21. Natasha says:

    Is u raadop om leesboeke vir hul klas te kies? Is u bang dis vervelig en onvanpaste boeke?
    Graag beveel ek die Harry Potter-reeks in die fantasie genre aan! Onderwysers kan die volgende onderrigidees toepas wanneer hul hierdie reeks kafdraf:
    • Vlotheid
    Laat die leerders ’n lys maak van al die aktiwiteite / situasies wat in die reeks voorkom wat in kontras met hul eie ervaring(s) van skoolsituasies is.
    • Buigsaamheid
    Moedig die leerders aan om ‘n ander slot vir die reeks te skryf wat byvoorbeeld op misterie/ hartseer gebaseer is.
    • Oorspronklikheid
    Beveel leerders om ander name vir die karakters te kies sodat die naam die karakter se persoonlikheid effektief uitbeeld.
    • Uitbreiding
    Laat die leerders ’n rolspel doen omtrent ’n sekere situasie uit die verhaal, maar die vereiste is dat hul nog ’n onbestaande karakter bygevoeg moet word.

  22. Liezl Fouche says:

    “Fiela se Kind”, deur Dalene Matthee, val binne die genre van stereotipes. “Fiela se Kind” vertel die aangrypende verhaal van ‘n bruin vrou en haar familie se liefde vir hulle wit optelkind. Nege jaar later word die kind weggeneem en geforseer om saam met ‘n wit familie van houtkappers te woon wat beweer hy is hulle verlore seun. Die ironie is dat sy omstandighede met die wit familie heelwat slegter is as met die mense was gesien was as van ‘n laer klas as gevolg van hulle ras. Die klimaks van die storie ontvou ‘n paar jaar later as sy “wit” moeder erken hy is nie haar regte seun nie, en hy na sy oorspronklike familie terugkeer. In hierdie roman sal leerders kennis maak met rasse-stereotipering. Na die roman behandel is kan die leerders ook na die film kyk. Hierdie geheelbeeld oor die storie sal leerders in staat stel om hulle stereotipes oor ander te verander. Dus is “Fiela se Kind” ‘n baie goeie keuse vir die klasakmer.

  23. Jane Eyre says:

    Raka die Roman van Koos Kombuis is ‘n uitstekende boek om met die klas te behandel. Dit is tipies van Koos Kombuis om lesers tot aan die einde te boei met sy kontroversiele skryfstyl!Dit bied eindelose idees vir aktiwiteite, soos onder andere kan jy as onderwysers die onderwerp van stereotipies in die konstruksie van die karakters se identiteit behandel: Kyk byvoorbeeld na Me. Dominee wat die gefrusteerde huisvrou teenwoordig of Wouter wat die perfekte oudste kind teenwoordig. Daar is ander figure wat ook ander beelde in die samelewing teenwoordig. Daar kan ook lekker debatte uit die boek kom soos tienerswangerskap en dwelm misbruik. Moet ook nie vergeet dat Raka oorspronklik uit die pen van N.P. van Wyk Louw vloei nie, so intertekstualiteit is ook ‘n aktiwiteit wat behandel kan word. Raka sal jy en jou klas op baie vlakke verryk!

  24. mangO*** says:

    “Raka: die roman”,’n satire met donker ondertone, is die alombekende jeugroman deur Koos Kombuis.
    In hierdie verhaal beeld Kombuis die Afrikaanse samelewing uit.Die fokus val op ‘n predikantsgesin en beeld
    die vrese van die moderne Afrikaner in die oorgangstyd van die oue na die nuwe Suid-Afrikaner,uit.
    Hierdie verhaal vertel die storie van Ds. Opperman wat swig voor die vlees en sy geloof in die proses verloor.
    Die fokus val ook egter op die ander Oppermans in die huis: die kinders wat met dwelms eksperimenteer en hulle pa se gesag konstant ondermyn.

    Kombuis gebruik humor in die verhaal om die aandag van sy lesers deurgaans te behou.Met snaakse segoed en situasies stimuleer
    Hierdie verhaal die kreatiwiteit en verbeelding van die lesers.”Raka:die roman” is dus gepas omdat dit verskeie hooftemas soos seks en dwelmmisbruik, te bespreek.Terselfetyd raak dit ook aan verskeie literere elemente.

  25. AlexAnder says:

    Dit is moeilik om in ‘n paar woorde te kyk na al die verskeie onderrigmetodes wat ‘n mens as onderwyser kan toepas met ‘n boek soos “Raka, die Roman” deur Koos Kombuis. Dit is egter ‘n boek wat ek sterk sal aanraai vir enige onderwyser. Die boek verleen homself aan verskeie genres en kan op verskillende maniere benader word vanuit ‘n humoriestiese oogpunt tot stereotipisering ten einde soveel moontlik van die leerders met hul verskeie meervoudige intelligensie geintereseerd te hou. Dit skep ook ‘n geleentheid om die leerders bekend te maak met die konsep van intertekstualiteit deur N.P van Wyk Louw se gedig “Raka” te inkorporeer en sodoende die parodieëring van Koos Kombuis hiervan raak te sien en te waardeer.

  26. Mel says:

    Die Harry Potter reeks is waardevol vir die onderrig van klasse verskil, verwys na Hermoine, wat uit ‘n huwelik spruit van gemengde bloed, en as minderwaardig gesien en behandel word. Die reeks bied ook waardevolle lesse ten opsigte van goed en boos, reg en verkeerd en die element van goed wat altyd kwaad oorwin. Die leerders kan ook hulself vereenselwig met die volwassewordings proses waardeur die karakter van die reeks gaan. Ek sal hierdie boek aarraai vir enige onderwyser wat leerders se verbeeldingswêrelde wil verbreed, vanwee die fantasie en magiese element, en sodoende die leerder se kreatiwiteit wil stimuleer vir kreatiewe skryfwerk. Die reeks kan ook geintegreer word met die films wat na aanleiding geskiet is en dus met die onderrig van film studie.

  27. Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) says:

    Ek is daarvan oortuig dat Dalene Matthee se Kringe in ‘n bos op ‘n doeltreffende manier deur opvoeders aangewend kan word, om leerders met jeugliteratuur vertroud te maak. Hierdie ekologiese roman sal veral leerders met ‘n sterk naturalistiese intelligensie prikkel vanweë die strek klem wat op ‘natuurlike ruimtes’ geplaas word. Die roman bied egter ook vir die restant van die leerders die geleentheid om omgewingsgeletterd te word.

    Aangesien dié verhaal in die alom bekende Knysnabos afspeel, kan die leerders ook hulself met die fisiese ruimtes van die verhaal vereenselwig. Hierdie vertroudheid met die omgewing waarin die verhaal afspeel kan daartoe lei dat leerders, net soos die hoofkarakters, die figuurlike ‘kringe in die bos’ bewandel. Opvoeders kan dus ook hierdie boek as Biblioterapie gebruik:
    Identifikasie is ‘n proses waardeur die kind hom met die karakters in
    die media vereenselwig[…]met modellering maak hy homself met die
    karakters gelyk.
    (Smith, 1982:1)

  28. Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

    “Toko” deur Leon de Villiers is `ʼn verhaal wat in die klaskamer baie voordele tot die tafel kan bring. Die verhaal het `ʼn sterk primitiewe menswees aanslag wat sorg vir `ʼn boeiende boek wat jou steeds wegvoer na `ʼn fantasie wêreld en `ʼn ander tyd.
    Temas soos familie, die ontwikkeling van die mens, stereotipering en selfs die simboliek agter haarmodes kan in hierdie verhaal identifiseer word. Dit skep `ʼn platform wat onderwysers kan gebruik vir nuttige gesprekke en verdere taalonderrig. Die ekologiese element sal die natuurbewustes fassineer en u sal verseker u leerders se belangstelling in lees hiermee prikkel!

  29. die B-MANN says:

    Dit is verskriklik moeilik om ’n goeie gehalte literêrewerk vir skoolgaandekinders te kies, veral vir onderwysers. Dit word grotendeels vermoeilik omdat daar’n groot verskeidenheid boeke op die winkelrakke staan en die letterkundekwaliteit is soms (of in meeste gevalle) swak. Daarom stel ek voor dat Roald Dahl se reeks vir die aanbeveelde voorgeskreweboekelys gebruik word. Ek sal spesifiek na “Charlie en die Groot Glashyser” kyk. Ek sal aanraai dat dit met die Junior Sekondêr (d.w.s. Senior AOO-fase) leerder gelees word. Dit bied die lesers ’n uitgebreide kreatiewestorielyn, en grens op die “absurde”, wat hul eie skeppendedenke sal prikkel. Dit bied die leser humor, avontuur en terselfdertyd moraliteit – insluitende regverdigheid – aan. ’n Definitiewe lees in enige klaskamer, die leerders, volgens myns insiens, sal hulself gate uit geniet! Roald Dahl is immers ’n bekende skryfmeester.

  30. Romantikus says:

    Humor is een van die lekkerste en interessantste temas wat bespreek kan word in die klaskamer. “Spud” deur John van de Ruit is dus ‘n unieke boek wat in die klaskamer bespreek kan word. Die feit dat die verhaal in ‘n skool afspeel tel ook in die boek se guns. Die leerders, spesifiek seuns wat in ‘n seunskool en koshuis is, sal die boek baie geniet en lekker aanklank kan vind met die intriges asook die verskillende karakters. Stereotipes is ook dus ‘n lekker onderwerp wat bespreek kan word met die leerders. Die leerders sal aangespoor word om meer te lees.

  31. Dawie se kabouter ;) says:

    Artemis Fowl – Eoin Colfer

    Om leerders se aandag binne die klaskamer te verkry en te hou kan uitdagend vir enige onderwyser wees. Leerders se lees gewoontes is skrikwekkend en voorgeskrewe boeke is nie ‘n uitsondering nie. Daarom is dit baie belangrik dat onderwysers boeke kies wat leerders sal interesseer en hul aandag trek, sowel as om vir hul die struktuurelemente leer van verskillende verhale. ‘n Verhaal wat beide hierdie funksies verrig is Eoin Colfer se “Artemis Fowl”. Tog is dit nie al wat hierdie jeugverhaal aan lesers bied nie.

    Hierdie jeugverhaal bied ‘n geleentheid vir lesers om hul verbeeldings te prikkel en verryk. Die verhaal is propvol van al die fantasie karakters wat ons almal ken, maar hul word op nuwe unieke maniere na vore gebring. Universele temas en waardes word aangespreek en daar word ook van baie humor in hierdie verhaal gebruik gemaak wat leerders sal interesseer en leerders aanspoor om hierdie verhaal te wil lees.

  32. Lusanne says:

    As ‘n onderwyser is dit ongelooflik uitdagend om korrekte leesstof vir die klaskamer te kies. Daar is tog soveel genres en onderwerpe om van te kies en ongelukkig stagneer die meerderheid onderwysers by dit wat hulle ken en vertrou.

    ‘n Onderwyser behoort boeke te kies wat die leerders sal prikkel om verder te WIL lees en nie omdat hulle moet nie. Die klaskameratmosfeer, graad en omgewing sal definitief die keuse van leesstof beinvloed, hetsy humoristies of ekologies van aard. Ek glo dit is belangrik om ‘n boek te kies waarby die leerder aanklank sal vind, dit kreatiewe denke stimuleer en die kind op ‘n verbeeldings/ervaringstog neem.

    ‘n Humorisiese boek: Philip de Vos se Vincent van Gogga
    Die verhaal van Vincent van Gogga begin in ‘n pretpark, op ‘n leë erf in ‘n groot stad. Langs die spooktrein en langs die stalletjie met sy Donald Duck-eende met koppe wat op en af wip, staan ‘n donkerblou woonwa, vol sonne en mane en sterre geverf. En op die sykant van die woonwa pryk in groot geel letters: Madame Zelda. Egiptiese sigeuner vir liefde, geld en geluk.

    Nou wat op aarde het madame Zelda en haar woonwa vol sonne en mane en sterre uit te waai met Vincent van Gogga? Wie de joos ís Vincent van Gogga?Die antwoord is baie eenvoudig: Lees en vind uit!Vincent van Gogga is ‘n boek vir kinders van alle soorte: klein kinders en kleinkinders, groot kinders en oorgroot kinders en voorkinders en agterkinders en agterstevoorom kinders.

    U as onderwyser moet altyd tred hou met nuwe leesstof en wat daar beskikbaar is om enige onderwerp/tema met u klas te behandel. Die leerders kan eerder in die klaskamer met kontroversiële onderwerpe te doen kry as deur die media of ander eksterne faktore soos byvoorbeeld vriende.

  33. Hanneke says:

    “Vlerkdans” – Barry Hough

    Die jeug ondergaan baie veranderinge, sosiaal en persoonlik. Deur dus jeugliteratuur te kies waarmee hulle kan identifiseer, is nie `n maklike saak nie. Hierdie boek bevat baie kontroversiële temas, soos Vigs, dwelms, homoseksualiteit en stereotipes. Leerders kan hiermee identifiseer en dus sal hulle meer nut uit die leeservaring neem. Die boek handel oor `n jong seun wat sukkel om sy identiteit te vind en hoe `n hegte vriendskap hom tot insig bring. Hierdie vriendskap, soos alle vriendskappe, is egter nie sonder probleme nie en hulle kry met sosio-maatskaplike kwessies te doen. In die klaskamer, kan hierdie boek baie handig gebruik word om die leerders bewus te maak van probleme en hulle te help om te weet hoe om dit te hanteer. Klasgesprekke oor die verskillende kwessies voor die boek gelees word, kan leerders help om te sien hoe hulle en hul mede-klasmaats oor dit dink en hulle kan reflekteer daaroor na die boek gelees is. Leerders kan dagboek hou oor hoe hulle voel oor die verskillende kwessies en deurentyd hul gevoelens neerpen. Dit sal hul groei aandui. “Vlerkdans” is `n uitstekende verhaal oor hoe `n jong seun bo uitkom afgesien van negatiewe gebeurtenisse en dit kan leerders help om te besef dat `n mens nie moet tou opgooi nie.

  34. mang0*** says:

    “Raka-die roman”- Koos Kombuis

    “Raka: die roman”, ‘n satire met donker ondertone, is die alombekende jeugroman deur Koos Kombuis. In hierdie verhaal beeld Kombuis die Afrikaanse samelewing uit. Die fokus val op ‘n predikantsgesin en beeld die vrese van die moderne Afrikaner in die oorgangstyd van die oue na die nuwe Suid Afrika, uit. Hierdie verhaal vertel die storie van Ds. Opperman wat swig voor die vlees en sy geloof in die proses verloor. Die fokus val ook egter op die ander Oppermans in die huis: kinders wat met dwelms eksperimenteer en hulle pa se gesag konstant ondermyn.

    Kombuis gebruik humor in hierdie verhaal om die aandag van sy lesers deurgaans te behou. Met snaakse sêgoed en situasies stimuleer hierdie verhaal die kreatiwiteit en verbeelding van die lesers. “Raka:die roman” is dus ‘n gepaste boek omdat dit verskeie hooftemas soos seks, dwelmmisbruik, en nog ander bespreek. Terselfdetyd raak dit ook aan verskeie literêre elemente.

  35. Elana says:

    Agtervolger van Johan Van Lill
    Die boek handel oor vier vriende wat op ‘n avontuur gaan, soos wat die verhaal verloop word daar spaning opgebou oor wat voorentoe gaan gebeur. Vier vriende met hulle eie persoonlike probleme en opinies word saam in ‘n situasie gevind waar hulle moet saamwerk. Geeste, spookhuise, iemand wat hulle agtervolg- niemand is seker nie. Almal behep met hulle eie probleme van geld, leuns, verlies, vriende, liefde en nog meer.

    In die klaskamer kan dit wys wees om as onderwyser hierdie avontuur te gebruik as rolspel. Leerders kan in groepe voorstel wat hulle in sekere situasies sou doen. Nog ‘n idée is om al die kwessies waarmee verskeie karrakter worstel te bespreek en groot temas met video snippe ook in te bring. Alle kwessies wat genoem word kan die hedendaagse jeug hulself tot ‘n mate mee vergelyk. Die belangrikheid van om jouself in iemand ander se skoene te plaas kan goeie vertrekpunte wees vir gesprekke. Die belangrikheid van vriendskappe en vertroue word ook uitgewys in die verhaal. Dit kan dien as ‘n goeie bond vorming proses in ‘n klaskamer en leerders motiveer om hulle vriende meer te vertrou. Die verhaal kan die hele klas en jouself tot insig dwing en ‘n verrykende ervaring vir almal betrokke wees.

Leave a Reply

Your email address will not be published.