Grillers & Goties

Die Gotiese spanningsverhaal is ’n literatuurtipe van nagmerries, mites, legendes, feëverhale, romantiek, vrees, afgryse, en die boosheid van die mens. Uiteindelik bevat hierdie verhale diep psigologiese elemente. ’n Belangrike eienskap van die Gotiese spanningsverhaal is naamlik die poging om elemente van verskeie literêre en subliterêre tradisies te integreer. Spookstories en sages hoort ook in ‘n mate tot hierdie genre.

Die literêre potensiaal van die Gotiese verhaal lê daarin om deur middel van temas en metafore nuwe strominge en ervarings van die metropolitaanse moderniteit na die opkoms van hoog-moderniteit in die 20e eeu dinamies te artikuleer.

Afrikaanse jeugtekste wat elemente van Gotiese spanningsverhale vertoon, is die populêre (en vertaalde) Grillers-reeks, sowel as verskeie boeke van François Bloemhof. Ook in die Harry Potter-reeks is sodanige elemente merkbaar. Selfs Fanie Viljoen se bekroonde Breinbliksem kan deels in hierdie genre gekategoriseer word.

 

1 Response to Grillers & Goties

  1. slagaar says:

    Miserella (Fanie Viljoen) is uit en uit ‘n gotiese roman. ‘n Donker kasteel, geheime gange, spoke, kerse, vreemde diere en misterieuse sleutels wat wie weet wat oopsluit – dalk nog geheime. Aardige karakters soos Mortallus, ‘n man wat probeer opstaan uit die dood.
    En natuurlik verbode liefde …

Leave a Reply

Your email address will not be published.