Reeksboeke

Die term “reeksboek” verwys na ‘n reeks boeke waarin dieselfde karakters optree in situasises wat wissel en tog ‘n eendersheid van opset openbaar. In sommige reeksboeke ontwikkel daar benewens die intrige in elke boek ook ‘n intrige wat die grense van enkelboeke in die reeks oorskry. Karakters word ouer, sodat daar ‘n oorkoepelende storielyn ontwikkel. Jeugreeksboeke bly oor die jare heen gewild, enersyds omdat daar universele intriges is wat in tieners se emosionele, sosiale en intellektuele behoeftes voorsien.

Bekende voorbeelde van jeugreeksboeke is die Trompie– en Saartjie-reekse en sedertdien is daar ook die Reënboogrant-, Grillers-, Monstermaan, en Harry Potter-reekse. Wie kan die Uile– en Frits Deelman-reekse vergeet? Dan was daar ook Maasdorp– en Mientjie-reekse. Deesdae is dit ook die Thomas@- sowel as die Tersia Thom-reekse wat tieners boei.

Reeksboeke vir die jeug sluit die volgende kategorieë in:

  • kosskoolverhale
  • plaasverhale
  • dorp- en stadsverhale
  • avontuurverhale
  • historiese verhale
  • fantasieverhale
  • spioenasieverhale

Leave a Reply

Your email address will not be published.