Tieners

Verwys na enige genre en motiveer tieners (let veral op die styl, register, stem en toon waarmee jy hulle aanspreek) om ‘n jeugboek in hierdie genre (wat jy gelees het) te lees. ‘n Wenk: kyk na die kenmerke en behoeftes van Millenniër-leerders.

Dalk verkies jy dit om ‘n jeugteks saam met ‘n tiener deur te werk met die oog op biblioterapie. Dan sal jy veral moet let op die emosionele behoeftes van tieners. Voorbeelde hiervan is die integrasie van  Skilpoppe en Vlerkdans.

Beweeg na die opdrag oor resensies van jeugboeke vir ouers.

45 Responses to Tieners

  1. Liewe Heksie says:

    Hou jy van flieks wat jou op die punt van jou stoel laat sit van die spanning? Stories vol spanning en dinge wat jou laat ril en gril? Dan is Francois Bloemhof se boek, “Die nag het net een oog” ‘n moet vir jou om te lees.

    Hierdie boek skop af met van mens se grootste nagmerries – om lewendig begrawe te word! Iemand is lewendig begrawe en weet nie of hy in die regte rigting boontoe of ondertoe moet grou om uit te kom nie…

    Dan begin die res van die storie – ‘n reeksmoordenaar met amper bomenslike magte wat om een of ander rede al die ou stigterslede se familie van die klein dorpie Botmasdorp vermoor. Hoekom vermoor hy juis hulle? Gaan hy jou gunsteling karakter in die hande kry voordat iemand in die dorp besef mense word vermoor? ‘n Boek vol spanning wat jy nie sal kan neersit nie.

  2. Liewe Heksie says:

    Gaan gerus na https://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/2316 vir meer inligting oor die gotiese elemente van hierdie boek.

  3. Knersus says:

    Voel jy dat niemand, veral nie die ouer geslag, jou verstaan nie? Beperk hulle jou televisie en rekenaarspeletjie tyd tot ‘n minimum, terwyl jy eintlik daarna smag om te ontsnap van die werklikheid? Dan is “Marius se Merkwaardige Medisyne” (Roald Dahl) vir jou!

    Die boek is komies en prikkel ‘n mens se verbeelding (fantasie). Marius bevind homself in ‘n verknorsing. Sy ouma is neulerig en veeleisend en tog verwag sy ma dat hy na haar sal kyk as sy weg is. Die vraag is natuurlik hoe raak ‘n mens ontslae van mense wat jou lewe versuur? Lees “Marius se Merkwaardige Medisyne” om meer uit te vind.

  4. Timara Wyngaard says:

    Voel jy soms uit? So asof jy nêrens inpas nie… jy dra nie name-klere nie, jy’t nie ‘n “touch” foon nie, jy hou nie vakansie in Hong Kong nie, jy eet nie elke week “MacDonald’s” nie, jy’t nie die “regte” velkleur nie en kom nie uit ‘n “upstairs,” ryk familie nie. Jy behoort nie.

    Jy’s nie alleen nie; lees “‘n Stringetjie blou krale” deur E.K.M. Dido. Dit skets die lewe van ‘n vrou wat nie gemaklik is in haar eie vel nie. Dit vertel van die dinge waarmee sy worstel totdat sy besef wat werklik saakmaak – dis nie hoe jy lyk of wat jy het wat tel nie, dis wie jy is!

    • Timara Wyngaard says:

      Die hooftema in hierdie boek hou verband met rassekwessies. Alhoewel dit belangrik is vir leerders om hiervan kennis te dra, voel ek dis nie nodig om binne ‘n Afrikaanse klas ‘n boek te lees wat ook hieroor handel nie.

      Die aangeduide relevansie van hierdie boek is die verband tussen die hoofkarakter se worsteling met identiteit en haar reis van selfontdekking en –aanvaarding teenoor die kwessies wat tieners ervaar soos om nie tevrede te wees met hulself en hul omstandighede nie. Alhoewel hierdie dieperliggende verband tussen die inhoud van die boek en die lewens van leerders bestaan, sou ek persoonlik nie hierdie boek binne my eie klaskamer behandel nie, maar eerder ‘n alternatief wat ‘n soortgelyke tema op ‘n wyse anders as ras aanspreek, gebruik.

  5. AfriDromer says:

    “Engele en Aliens“ deur Leon de Villiers
    Ontmoet Pieter en sy baksteen-troeteldier, Nebiekatneser. Verbeelding is mag en hierdie boek gee jou vlerke om ’n ruimtelike wêreld te skep. Pieter glo vas dat sy gekeide ouers mekaar weer sal vind, maar hy leer gou dat dit nie gaan gebeur nie. Hy vind ontvlugtig in sy verbeeldingwêreld en Oom Neil is die enigste persoon wat hom verstaan. Oom Neil verduidelik van engele en aliens en onsigbare mense wat deur God raakgesien word. Die boek is wat jy daarvan maak en gevolglik kan jy jou eie idees oor die verhaal konstrueer.

  6. Kristian Bezuidenhout says:

    “Leon die Lokvink” van Pieter Delport is een van daardie boeke wat jy nie sal kan neersit as jy dit eers begin lees het nie. Jy word gebombardeer met baie vrae en kry aanvanklik min antwoorde, maar jy moet agter die kap van die byl kom! “Leon die lokvink” is treffend in die sin dat jy as tiener sal kan assosieer met van die situasies wat in die verhaal uitgebeeld word, dit is boon-op `n boek wat maklik lees en is vol intrige! Vir die van hele wat nie van vervelige eindes hou nie, moenie bekommerd wees nie, dié verhaal ontrafel stadig, maar klimaks met ‘n “zero” to “hero” ontploffing!

    “Leon die lokvink” – Pieter Delport (spanningsverhaal)

  7. Ilze says:

    Ek onthou in skool het ons “Skilpoppe” gelees. Dit was nuut, anders en iets wat soos hulle sê, “met ons tieners gepraat het”. “Skilpoppe” deur Barrie Hough is ‘n kontroversiële boek wat vir ‘n slag oor iets gaan waarvan tieners weet. Jong liefde, selfmoord, dwelms en ‘n gevoel dat jy nêrens hoort nie is mos temas wat jy iewers in jou tiener lewe sal teëkom. Hierdie boek is in die taal van en uit die oogpunt van ‘n standerd 8 meisie, Anna geskryf. Dus aan die einde daarvan sal jy saam met haar huil, skrik, lag en verlief raak asof julle al lank vriende is.

  8. Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

    Awe.

    Ek lees die anderdag `n boek, which doesn’t happen often.

    Picture die: Jou pa is `n dominee wat sy faith verloor, dit preek aan die gemeente en dan nasionaal bekend raak daarvoor. Jou broer is `n wannabe politician wat so vasgevang is in sy perfekte wêreldjie dat jy hom net daaruit wil klap. Jy begin `n band genaamd Raka en speel Stellenbosch se bars aan die brand.

    “Raka, die roman” is `n storie geskryf deur `n man wat my en my wêreld verstaan.
    Koos Kombuis het „Raka, die roman“ geskryf. Koos Kombuis is `n friggin legend. Punt.

  9. Amori Stols says:

    Kom ons wees eerlik, ons ouers is nie altyd perfek nie, die kerk nie altyd reg nie en alhoewel dit so mag voorkom is ons middelklas gesinne nie gelukkig nie. In “Raka die roman“ word daar sonder skaamte gepraat oor seks, dwelms en die rol wat die kerk in ons samelewing speel. Dit beeld ʼn skynheilige Afrikaner familie uit wat geweldig hard probeer om perfek voor te kom en glad nie daarin slaag nie. Die boek gaan jou nie ʼn traantjie laat pik nie, maar jou laat lag, jou walg en die werklikheid van wat dit deesdae beteken om ʼn Afrikaners te wees laat besef.

  10. Carmen says:

    As jy van fantasie hou het ek net die regte boek vir jou. Harry Potter en die towenaar se steun deur J.K. Rowling – vertaal deur Janie Oosthuyse.

    Dit maak my opgewonde om dit te lees, want een na die ander avontuur volg daarop. Daarom is dit ‘n baie verbeeldingryke boek. Daar is veral baie humor tussen Harry en die karakters in hierdie verskeie opwindende gebeure. As jy mal is oor komedies, gemeng met fiksie en fantasie is Harry Potter se reeks boeke defeinitief die beste ding wat met jou kan gebeur!

  11. Esté Theron says:

    Gotiese spanningsverhaal
    As jy nie ’n persoon is wat hou daarvan om te lees nie, maar wel daarvan hou om oor die naweke na ’n fliek te kyk terwyl jy agter die kussing wegkruip dan lees Francois Bloemhof se “Hospitaaltyd”.
    Hierdie is ‘n tipe teks wat jou aandag sal kan behou, dit is spanningsvol maar jy sal gretig wees om te weet wat verder gebeur. Die teks is goed geskryf en geformuleer, en dit kan by jou ’n liedfe vir woorde laat ontwikkel.
    Deurdat jy ’n interessante onderwerp gelees het is dit moontlik dat jy besef jy het ’n passie vir lees.

  12. Willy* says:

    “Eenkant Kind” deur Marita van der Vyver
    Soek jy ‘n held of heldin, moenie meer verder soek nie want “Eenkant Kind” het die held vir jou. Somtyds voel dit asof jy nerens in pas nie, jy voel niks maak sin nie. Jy ervaar gevoelens wat jou tot raserny dryf en weet nie hoe om dit aan ander te verduidelik nie. Dit is waarom jy ook “Eenkant Kind” moet lees, dit behandel die kwessies wat jy nie in woorde kan verduidelik nie en sal jou ook help om dit in die toekoms beter te hanteer. Die boek wys jou dat jy net moet praat met iemand.
    So as jy voel jy is vreemd lees “Eenkant Kind” en vind ‘n karakter net soos jy.

  13. Hannelie Nel says:

    Is jy n dromer, lewe jy in n borrel wat skeiding tussen jou en die werklikheid veroorsaak? Tyd om terug te keer na die werklikheid! Lees “Thula-Thula” en word geskok deur die lewens wat die karakters in hierdie boek lei.

    In hierdie boek word die hoofkarakter deur haar pa gemolesteer en kan sy nêrens na vertroosting soek nie. Haar ma glo haar nie en sy is te skaam om met ander daaroor te praat. Haar hopeloosheid kan die leser soms frustreer, maar die positiewe einde dui tog geluk aan.

    Hierdie karakters e tragiese lewensverhaal sal jou diep skok en tot die besef bring dat daar wel iemand anders is wat groter probleme en hartseer ervaar as jy.

  14. Christelle Larke says:

    “Breinbliksem” – Fanie Viljoen

    Is jy die tipe persoon wat slegs in jou gemaksone beweeg, konserwatief is en glo in gelukkige eindes?

    Tyd om jou horisonne te verbreed!

    “Breinbliksem” deur Fanie Viljoen is nie ‘n alledaagse boek met gelukkige eindes en mooi boodskappies nie. Dit is nie die tipe boek waar jy meer oor jouself en ander gaan leer nie. Dit is beslis nie vir sensitiewe lesers bedoel nie!

    Wees gewaarsku: Hierdie boek gaan jou “brein bliksem!”

    Is jy gereed?

  15. Lauri says:

    Spanningsverhaal: “Leon die lokvink”

    Is die lewe vir jou ‘n raaisel wat opgelos moet word? Verbeel jy dat jy die Sherlock Holmes van die 21ste eeu is? Droom jy van skelms vang en misdade oplos? Dan is Pieter Delport se “Leon die lokvink” die boek vir jou!
    Snuffel saam en sien watter snaakse dinge aan die broei is in Leon se tuisdorp. Wie is verantwoordelik vir die dwelmsmokkelary en hoekom kruip Leon vir die polisie weg?
    So as jy ‘n bietjie adrenalien en aksie soek, lees hierdie boek en ontdek ‘n paar interessante kinkels in die kabel!

  16. Darkangel says:

    Dagdroom jy gedurig oor die liefde? Is jy mal oor romantiese flieks? Voel jy dat daar geen ander liefde bestaan soos die van wat tussen jou en jou kêrel/ meisie bestaan nie? Dan is ‘Diekie van die Bo-Kaap” deur Zulfah Otto-Sallies net die boek wat jou hartsnare sal roer en ook deur ʼn hele boks sneesdoekis vat .
    Die eerste Bo-Kaapse jeugroman in Afrikaans. Ice en Diekie , soos Romeo en Juliet, glo dat geen liefde soos hulle s’n bestaan of ooit sal bestaan nie. Tot die nag toe gloeiende -sirenes en skote wat kliphard klap alles verander het. Die boek gee jou ook ʼn bietjie agtergrond in die lewe en kultuur van die mense in die Bo-Kaap.

  17. KênsTillie Moolman says:

    Hier is jy: jy gaan deur die lewe met die vrees dat iemand jou op `n ‘alleenstilnag’ met `n baseball bat van agter teen die kop gaan bliksem. Hierdie boek is nie vir jou nie – “Warning!” stop hier.
    Maar, as jy die een is wat jou sinne met voegwoorde begin en dit like om klein kiddies bang te maak – my bru, “press play to begin”.
    Fanie Viljoen se boek Breinbliksem skop jou in die guts en dan wil jy lag daaroor, want jy is net cool soos dit. Maak jouself gereed vir `n reis wat jy nooit sal vergeet nie – dis nou as jy nie bang is nie…

  18. Jane Eyre says:

    Voor “Twiligth” die wêreld gerule het was daar Harry Potter the boy who lived! Harry ‘n doodnormale seun wat toe bestem was om een van die magtigste towenaars ooit te word. As jy al ooit gevoel het dat jy tot niks sal amount nie, dat onregverdigheid hoogty vier of dat die skurk altyd wegkom.
    Doen jouself die guns en begin lees aan die “Harry Potter-boeke” van J.K. Rowling. Dit sal jou wys hoe om in jouself te glo, hoe jy tot enige iets in staat is if you just put you mind to it! Lees dit en dalk ontdek jy, jou inner wizard.

  19. Romantikus says:

    “Wie is ek en wie de moer is jy?” As jy hierdie vrae vir jouself of iemand anders al gevra het, kan jy beslis jou brein verloor in die boek Breinbliksem. Niemand is dieselfde nie en elke tiener het vrae in hulle kop wat net hulself kan beantwoord. Hoe vind ‘n mens die antwoorde en hoe hanteer jy die antwoorde wat jy vind op hierdie vrae?
    Burns, die hoofkarakter, kom voor as ‘n doodnormale tienerseun, maar is hy normaal? Bestaan daar so iets soos ‘n normale tiener? Ja, jy is abnormaal so gaan lees die verhaal van Burns se lewe en voel dalk net ‘n titseltjie meer normaal… As dit ooit moontlik is.

  20. hanneke says:

    Rekenaaars, die onderwêreld, spanning…Praat hierdie elemente met jou? Stel jy belang om die ins and outs van rekenaars, en veral ander se rekenaars, te weet? Hou jy daarvan om aan die donker kant van die lewe te speel? Is raaisels en spanning jou brood? Dan is hierdie verhaal beslis vir jou. “Onderwêreld“ handel oor die spanning en verslaafdheid van hacking. Dit handel oor `n goeie, voorbeeldige hoofseun wat betrokke raak by onderduimse aktiwiteite. Hy begin twyfel oor alles wat hy as vanselfsprekend aanvaar het en ontdek `n nuwe lewe. Hierdie boek het `n wrede twist en is nie voorspelbaar. Lees dit beslis as jy braaf genoeg is om die onderwêreld aan te durf en die spanning te beleef.
    “Onderwêreld” deur Fanie Viljoen

  21. Willy* says:

    Vyf, ses Skerp Mes
    Biblioterapie en of kontroversieël
    Tieners het verskillende behoeftes en ouers weet hoe moeilik dit is om al hierdie behoeftes suksesvol te bevredig. Bekommer nie meer, Vyf, ses Skerp Mes is net die boek vir u unieke tiener om te lees.
    Dit handel oor die maatskaplike kwessies waarmee u tiener te doen kry.
    Dit stel die tiener ook bloot aan ‘n wêreld wat dalk anders is as hul eie en die tiener kan die avonture maar ook die struikelblokke van die karakters in Vyf, ses Skerp Mes saam met hulle beleef.
    Fokus val op situasies by die skool en in die huis waar ‘n broer en suster uiteenlopende karakters toon. Dit is kwessies waarmee u tiener kan identifiseer.
    Gee hulle dus die geleentheid om hierdie boek te leerken.

  22. Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) says:

    Voel jy soms of jou hele lewe soos ‘n rooi tapyt voor jou uitgerol word? En dat die ‘rollers’, dit is nou die OUER-figure in jou lewe, met behulp van hul ‘MAgiese’ derde oë weet waarheen jy op pad is (of waarheen jy op pad behoort te wees!)? Wonder jy nie dan sommer of jy dié paadjie moet byster raak nie, jy weet, jou eie ‘tapytjie’ rol en hom dan nog sommer moet rook ook nie?

    Jeanne Goosen se Ons is nie almal so nie bied sy lesers dan net die regte dosis van rebelsheid. Dié boek vlek jou ouers se skynheiligheid oop en neem jou op ‘n kragtoer van die lewe se onafwendbare euwels.

  23. Calamity Jane says:

    Kontroversiële temas
    “Geraamtes dra nie klere nie” bied ‘n blik op die invloed wat die verlede nog steeds op mense het. Die waarheid en versoeningskommisie wou die waarheid laat uitkom om sodoende mense te help om vrede te maak met wat gebeur het en die nasie te lei tot versoening. Daar is egter nie veel bewyse dat dit wel gebeur het nie. Die hoofkarakter in die boek se pa is in so ‘n hofsaak betrokke en dit het verrykende gevolge op hul lewens en die lewens van die slagoffer se naasbestaandes. Die waarheid kom wel uit en dit is nie so eenvoudig soos wat aanvanklik geglo is nie. Alhoewel die boek so ‘n ernstige kwessie aanraak is dit maklik om te lees en nie baie neerdrukkend nie, dit raak ook ander algemen kwessies van menslike geaardheid aan. ‘n Goeie boek om te lees.

  24. Liezl Fouche says:

    Die oorweldigende gewildheid van die Harry Potter – reeks het die hele wêreld aan die praat en ook vir ‘n goeie rede! Moggels, hekse, towenaars, towerskole, “He-Who-Must-Not-Be-Named” … wat wil jy meer hê? Hierdie reeks is uiters verbeeldingryk en laat ontsnap jou van jou “boring” lewe van skool en huiswerk. J.K. Rowling se reeks, bestaande uit sewe fantasieromans, neem jou na ‘n towerwêreld waar enige iets moontlik is en waar jy tot alles in staaat is. So sit agteroor en “embrace” die fantasiewêreld van the “boy who lived”!

  25. Marli says:

    Het jy al ooit gevoel jy pas nie in nie? Wil jy nie meer skool toe gaan nie, want niemand wil jou vriend wees nie? Dit is presies hoe Jakkie voel in Die karateka laaste in die agterste ry deur Wes Juries.
    Sy aanpassing by ’n nuwe skool in ’n nuwe stad is vir hom moeilik. Hy sukkel om gewoond te raak aan die eksentrieke familie wat langs hulle bly en die onderwyser wat heeltyd met sy ma flirt. Naderhand begin hy met Karate en hy leer hoe om sy humeur te beheer en kry hy ook die geleentheid om die skoolboelie te laat les opsê. Deur alles leer hy om te aanvaar wat hy nie kan verander nie en te werk aan wat hy wel kan verander. As jou lewe somtyds moeilik en onbeheerbaar voel is dit definitief ’n moet lees. Miskien kan jy selfs met karate begin!
    (http://www.lvshotokan.com/value%20of%20karate.htm)
    (http://www.youtube.com/watch?v=_DEVYxsihlE&feature=related)

  26. Natasha says:

    Kontroversiële tema – “Vlindervlug” deur Esta Steyn
    Ek het die opsie biblioterapie gekies. Ek sal die volgende onderrigprogram individueel aanbied vir ’n leerder wat met die dood gekonfronteer is:
    1. Lees die boek saam met die leerder.
    2. Identifikasie
    • Vra die leerder of sy haar met Sanneke kan vereenselfwig?
    • Laat die leerder ’n brief aan Sanneke skryf waarin sy haarself aan Sanneke voorstel
    3. Projeksie
    • Laat die leerder weer bl.’e 6,8,23,42,48,50,65 lees en emosies wat sy sowel as Sanneke ervaar het met die dood van hul geliefde.
    4. Modellering
    • Moedig die leerder aan om ook ’n stokperdjie te kry soos Sanneke wat begin vlieg het – verduidelik d.m.v die verhaal wat die betrokke sokperdjie vir Sanneke beteken het.
    5. Katarsis
    • Laat die leerder ’n paar dagboek-inskrywings maak sonder beperkings om haar aan te moedig om haar emosies te konfronteer – net soos Sanneke
    6. Selfinsig
    • Laat die leer ‘n brief aan Sanneke skryf waarin sy vir Sanneke raad gee oor hoe om haar emosies te konfronteer en te verwerk.

  27. mang0*** says:

    Skilpoppe vertel die tragiese verhaal van Anna Meyer, ’n skoolmeisie wat sukkel om oor die selfmoord van haar gay broer te kom. Terwyl Anna sukkel om die trauma te verwerk, verval haar ouer suster Elise in dwelms. Anna se ouers vertrek toe na Europe vir ’n kort vakansie en terwyl hulle weg is, vorm Anna ’n noue band met haar oorlede broer se Taiwanese maat, Ching-Kung. Hierdie verhouding word nie deur haar ouers goedgekeur nie en toe hulle terugkeer moes Anna die dood van haar broer en ander dinge konfronteer.
    Hierdie tragedie beklemtoon die lewe van tieners-waar tragedie en liefde deel vorm van die groei proses.

  28. Dawie se kabouter ;) says:

    Die voorbeeldige tradisionele Afrikaanse familie? Alles behalwe! Selfs ‘n dominee se huis het sy kruis! “Raka – die roman” vat alles aan. Hierdie boek gebruik satire en humor en wys vir jou die slegte in almal, al probeer hul hoe hard om dit weg te steek, dit bespreek elke “taboe” onderwerp wat daardie fake mense se hare laat rys en wys die wêreld soos wat dit regtig is! As jy ons samelewing wil sien vir wat dit regtig is en so bietjie die boosheid in jouself vir raaksien beleef Koos Kombuis se “Raka – die roman”.

    • Dawie se kabouter ;) says:

      Hoe om ‘n avatar te skep:

      – Jy gaan na http://www.wordpress.com.
      – Daar skep jy ‘n dieselfde rekening as wat jy op boekwurm het, want hierdie blog is deel van wordpress.
      – Wanneer jy ‘n rekening het kan jy jou avatar oplaai.
      – Jy gaan na my profile en aan die regterkant van die bladsy staan daar “Change jou gavatar” en volg daar die instruksies.

  29. Juffrou Norval says:

    Dis op die Tv, dis in jou brein, dis moord, hongersnood, armoede, pyn, seks, dwelms, geweld en dood! Kan die wêreld nie net vir ’n slag ’n freakin chill pilletjie drink en ontspan nie?

    Ontsnap ’n bietjie van al die ernstighede van die lewe en kom maak saam met James ’n fantasie-avontuurbelewenis mee wat prettige ontvlugting bied. Ek belowe jou hierdie boek sal jou behoorlik weer laat voel hoe dit voel om diep uit jou maag uit van pure lekker kry te lag.
    “James en die reuse perske” deur Roald Dahl is ’n moet!

  30. Juffrou Norval says:

    PS: As hierdie boek nie klink soos jou tipe nie, gaan loer gerus watter ander lekker boeke daar vir jou is om te lees op die holderstebolder solder http://www.holderstebolder.co.za/.

  31. Louise says:

    Kontroversiële temas: Tippex dit uit deur Anna-Marie Conradie

    Hoe meer jy van iets weet, hoe groter is die kans dat jy die regte besluite sal neem wanneer jy in daardie situasie is. Om boeke te lees is ‘n wonderlike manier om eerstehandse ondervinding te kry van groot en moeilike kwessies. Tippex dit uit is een van hierdie boeke en handel oor tiener swangerskappe en aborsies. Want hoe slimmer jy is, hoe slimmer gaan jou keuses wees.

  32. die B-MANN says:

    Vra jouself ’n ernstige vraag: vertrou jy jou ouers, jou skool óf die kerk? Kom ons check die feite: die wêreld is nie so perfek soos wat die “grootmense” dit uitmaak nie. Agter die kosmetiese toegeplakte mure van hul middelklasbestaan, fake waardes en skynheilige bestaan – heers die waarheid! Sex, drugs and rock ‘n roll is die motto van die jeug, en dit word trots verkondig. As hierdie stelling jou aanspreek is Koos Kombuis se “Raka – die roman” vir jou! Die boek wat jou ouers jou teen gewaarsku het.

    Check Koos Kombuis se website uit! http://www.kooskombuis.co.za/

  33. 15149854 says:

    Ek wens my lewe wil soms net reg loop, net my in ag neem. Kan die gode nie `n slag net my gevoelens in ag neem wanneer hulle besluit om my op die slegste plek op aarde te sit nie!
    Hendrik en die reuse-perske. Volg sy ontsnapping van sy omstandighede asof dit jou eie lewe is. Beleef hoe dit sou wees as jou wildste en vreemdste fantasieë waar word. Wees die held wat jy nog altyd gewens het jy kan wees. Droom en besef dat die lewe soveel meer kan wees…

  34. AlexAnder says:

    Voel dit nie soms asof niemand jou verstaan nie? Is jou emosies partykeer so intens dat dwelms soms ʼn opsie begin raak of jou liefde so sterk dat jy nie kan ophou glimlag nie, die hartseer so seer dat jy nie kan slaap nie? Die eintlike vraag is, is jy ʼn tiener? Indien jou antwoord ja is, is die boek “Skilpoppe“ deur Barry Hough geskryf vir jou. Dit handel oor alledaagse kontroversiële temas waarmee enige tiener nog altyd gekonfronteer word soos onder andere dwelms, selfmoord en liefde. Dit is werklik ‘n boek waarby enige jongmens aanklank sal vind.

  35. Mel says:

    In teenstelling met die norm en “totally random” laat Koos Kombuis jou maagspiere kerm en jou nekhare ruis met die baie ware, sosiaal onaanvare, “comments” oor “society”in sy boek “My mamma is ‘n taal”…dit laat mens bietjie dink…hmmm! Net so “gory” en “straight forward” is die opvolg “Afrikaans my Darling”… Ek waarsku julle, dis rou, baie rou! Lees dit op eie risiko.

  36. Lusanne says:

    Awe
    Ons almal ken die verhaal van Shakespear se Romeo & Juliet. “Shame” jong, dis eintlik hartseer – die verbode liefde en al daai klas van dinge. Barry Hough se Skilpoppe is soortvan ons eie Romeo & Juliet, maar al verskil is is dat Juliet eintlik ‘n “Dude-et” is. Oh-o! Skilpoppe laat ons deur die oë van ‘n 17-jarige meisie, Anna, wat sukkel met haar “gay” broer se verhouding met ‘n Sjinese ou, die issues tussen Anna en haar ousus en die kommunikasie gap of liewer lack therof tussen die drie kinders en hul ouers, kyk. Maak jouself gereed vir geweld, misdaad, selfmoord en die hantering van ‘n geliefde se dood; kreatiwiteit, uitdrukking, asook dwelms – Skilpoppe gaan jou na jou asem laat snak! As jy die boek klaar gelees het kan jy ook die fliek kyk, dis nou op DVD te kry.
    “Check hierdie “link”:
    http://www.imdb.com/title/tt0436775/combined

  37. Elana says:

    Nie vir kinders nie deur Francois Bloemhof
    Voel jy soms dat ouers nie verstaan wat dit is om in die hedendaagse tyd groot te word nie? Voel jy jou ouers besef nie die druk wat daar soms op ‘n jou geplaas word om in te pas nie? Is daar dinge in die lewe wat vir jou aanloklik lyk, maar jy is die perfekte kind met die klaar uitgelêde toekoms?

    Seks, dwels en alles wat daarmee gepaard gaan wil jy ook beleef. Alles lyk so aanloklik, wat is die ergste wat kan gebeur? Lees hierdie verhaal en maak jou eie besluite in die lewe. “Hulle sê oud word is nie vir sissies nie. Ek sê groot word is nie vir kinders nie.”

  38. slagaar says:

    Tienerboeke bestaan nie altyd ook net op papier nie. Kyk hier:
    http://www.facebook.com/group.php?gid=94259061126
    Pynstiller is ‘n grafiese verhaal oor selfskending. Die boek is geplaas as foto’s

  39. Vickey says:

    Voel jy dat niemand jou verstaan nie, wil jy soms in jou eie wêreld wegkruip sodat die mense om jou, jou nie kan forseer om hartseer en realiteit elke dag in die oë te staar nie. Voel jy bang om anders te wees, omdat ander mense nie sal verstaan nie? Dan is Die Pro deur Leon de Villiers vir jou!
    Die boek handel oor die hoofkarakter Tiaan wat in die jaar wat hy sewentien word sukkel om met ʼn groot verlies saam te leef, terwyl almal na aan hom, hom bejammer. In dieselfde jaar word hy verlief op ʼn moslem meisie, maar hy voel raad op, omdat hy weet dat die gemeenskap en sy ouers nie die verhouding sal goedkeur nie. Sal Tiaan dit regkry om oor sy hartseer te kom en weer voluit te lewe en sal hy dapper genoeg wees om die liefde aan te durf ten spyte van wat ander mag dink? Vind self uit deur die boek te lees!

Leave a Reply

Your email address will not be published.