Onderrigidees

Hier kan spesifiek gekyk word na die integrasiemodel waar die resepsieteorie sowel as oorkoepelende aktiwiteite geïntegreer word met literêr-strukturele elemente van jeugtekste.

Navorsing dui aan dat skrywers van jeugtekste lesergerig is en dat tieners se leesgedrag in aanmerking geneem word. By implikasie behoort die onderrig van jeugletterkunde ook leerdergerig te wees – dus kan hulle meervoudige intelligensies en leerstyle geïntegreer word in onderrigaktiwiteite. In hierdie verband kan ook gekyk word na die kenmerke en behoeftes van die sogenaamde Millenniërgenerasie.

‘n Voorbeeld van die integrasie van jeugtekste met rekenaarondersteunde taal- en letterkunde-onderrig, is ‘n gevallestudie waarin die Harry Potter-reeks as onderwerp van bespreking in ‘n virtuele kletskamer deur middel van ‘n anonieme rolspeldebat gebruik is. In ‘n ander gevallestudie is die pikturale folklore van TO Honiball met verskillende groepe gr. 10-leerders behandel.

Sprokies en ander bekende tradisionele verhale kan kreatief omskep word in parodieë om op postmodernistiese manier te spot met eietydse kultuur, oer- en intertekste.

Leave a Reply

Your email address will not be published.