Kontroversiële temas

Die Latynse woord “controversia” beteken letterlik ‘n rigtingsverandering van denke – ‘n redetwis, dispuut, polemiek of meningsverskil. ‘n Kontroversiële kwessie is ‘n saak wat verskillende individue en groepe op verskillende maniere interpreteer of verstaan en waaroor daar konflikterende menings is.

Kontroversiële aspekte van tienerletterkunde word beskryf as sosio-maatskaplike probleemtemas soos: bendes, geweld in skole, kru taalgebruik, oorgewig tieners, enkelouerskap en afwesige pa’s, gestremdheid, rassisme en ander stereotipering, verkragting, seks, alkoholisme, kindermolestering, dwelms, kinderprostitusie, politiek en geloof.

Skrywers soos Elsabe Steenberg (Klawervyf en Ken jy die weerligvoël) en Maretha Maartens (‘n Pot vol winter) was van die eerste skrywers in Afrikaans wat begin het om bogenoemde sake aan te raak. Daarna het ook Leon de Villiers (Aliens en engele), Barry Hough (Vlerkdans en Skilpoppe), George Weideman (Die optog van die aftjoppers), Hans du Plessis (Disse flippen stukkende wêreld dié, my ou) en Mark Behr (Die reuk van appels) gevolg. Uiteindelik is dit veral bekroonde skrywers soos Fanie Viljoen (Breinbliksem) en François Bloemhof (Nie vir kinders nie en Slinger-slinger) wat grense oorsteek.

Leave a Reply

Your email address will not be published.