Ouers

Verduidelik aan ouers (let weer op styl, ens.) waarom ‘n sekere jeugboek (uit ‘n ander genre as die vorige opdrag) sal bydra tot hul tiener se volwassewording met behulp van die funksies van jeugletterkunde.

Beweeg na die resensies vir onderwysers.

48 Responses to Ouers

  1. Knersus says:

    Ons besef nie aldag wat die uitdagings rondom die druk van vriende en die media is nie. Tog maak lees ‘n uiters belangrik deel uit van hulle ontwikkeling, of dit nou op ‘n psigologiese, maatskaplike of intellektuele vlak is (Kruger, 2004).

    Jeugliteratuur soos “Droomwa” van Barrie Hough kan tieners op verskeie vlakke stimuleer. In “Droomwa” worstel die hoofkarakter met sy pa se dood en terselfdertyd die veranderinge wat daarmee gepaardgaan. Sy ma moet skielik harder werk en hulle moet uit hulle bekende omgewing trek. Die boek spreek ook die rassekwessie aan in die vorm van ‘n man wat die opsigter is van die woonstelblokke en wat tot in ‘n mate die rol van die hoofkarakter se pa in sy lewe oorneem. Tieners kan sterk met die boek identifiseer in baie opsigte en ook iets leer van menseverhoudinge.

  2. AfriDromer says:

    “Vlerkdans” deur Barry Hough

    Kontroversiële temas word met ’n bepaalde rede in klaskamers behandel. “Vlerkdans” is spesifiek gekies as gevolg van sy maatskaplike en psigologiese funksies. Leerders word in die samelewing met verskeie kwessies gekonfronteer en dit is daarom belangrik om dit reeds op skoolvlak aan te spreek. “Vlerkdans” spreek maatskaplike kwessies soos Vigs, dwelms, stigma en diskriminasie aan. Leerders kan ook deur die boek hul eie identiteit vind en leer om verskille tussen mense te aanvaar (psigologies). Ander temas soos vriendskap en passie vir die lewe word ook ondersoek. Kontroversiële kwessies bevorder verder debat en logiese denke wat belangrik is vir leer.
    Hier is ʹn skakel na ʹn webwerf oor kontroversiële temas in Engelse klaskamers

    http://www.readwritethink.org/classroom-resources/lesson-plans/censorship-classroom-understanding-controversial-203.html

  3. Hannelie Nel says:

    “Kringe in n bos” deur Dalene Matthee.

    In hierdie jeugverhaal word die hoofkarakter Saul gekonfronteer met die verwagtinge, norms en gedragspatrone van die gemeenskap. Die rol wat die natuur in die boek speel, kan die leser lei om die karakter en sy omgewing beter te verstaan, aangesien ons plattelandse leerders lei om met die hoofkarakter te identifiseer.

    Die verhaal kan bydra tot die leerder se begrip van die samelewing en sy/haar rol daarin. Die boek dek dan ook aspekte soos die eerste liefde van n tiener en sy gevoelens daaroor. Die hoofkarakter dra dus by tot die leerder se begrip van homself, sy tienerstadium en die samelewing.

  4. Esté Theron says:

    Jeugverhaal stereotipes
    Ons weet dat vandag se tieners is nie meer so bewus is van hoe dit was nie. ’n Teks wat my net weer bewus gemaak het van ons geskiedenis is “Die verdwyning van Mina Afrika” deur Zuretha Roos.
    Dit maak die jeug weer bewus van hoe dit was en hoe moeilik dit was wanneer daar ’n bruin dame in die straat loop met ’n wit kind.
    Ons leer hier vir Mina Afrika ken en hoe moeilik dit was vir haar om in te pas, want sy het nie net in een groep gepas nie.
    Die tieners kan ook met haar identifiseer, want almal voel soms of hulle nie in pas nie.

  5. Willy* says:

    Vyf, ses Skerp Mes
    Biblioterapie en of kontroversieël
    Tieners het verskillende behoeftes en ouers weet hoe moeilik dit is om al hierdie behoeftes suksesvol te bevredig. Bekommer nie meer, Vyf, ses Skerp Mes is net die boek vir u unieke tiener om te lees.
    Dit handel oor die maatskaplike kwessies waarmee u tiener te doen kry.
    Dit stel die tiener ook bloot aan ‘n wêreld wat dalk anders is as hul eie en die tiener kan die avonture maar ook die struikelblokke van die karakters in Vyf, ses Skerp Mes saam met hulle beleef.
    Fokus val op situasies by die skool en in die huis waar ‘n broer en suster uiteenlopende karakters toon. Dit is kwessies waarmee u tiener kan identifiseer.
    Gee hulle dus die geleentheid om hierdie boek te leerken.

    • Willy* says:

      As u nog meer goeie boeke soek vir u tiener om te lees is dit die webtuiste om te besoek. Hierdeur kom u ook met ander ouers in aanraking en hoor wat hulle sal aanbeveel.connectwithyourteens.blogspot.com/…/books-for-teens-great-websites-for.html

  6. Amori Stols says:

    “Harry Potter en die Towenaar se steen” deur Rowling, J. K.

    Die boek beeld die verhaal van ʼn tiener uit wat gaan na ʼn skool vir towenaars waartydens hy op ʼn reeks avonture gaan. Dis gekies omdat die leerders met die hoofkarakter Harry kan identifiseer omdat hy soos hulle ‘n tiener is en gevolglik word die leerder se emosionele intelligensie ontwikkel . Deur om te lees is die leerder ook besig om te ontspan en sonder dat hy daarvan bewus is sy verbeelding en kreatiwiteit te gebruik om ‘n fantasie wêreld vir hulle self op te toor. Omdat die boek so geweldig boeiend is, kan dit die leerders inspireer om verder te lees en dit sal die leerder se woordeskat verbreed en lees- en skryfvaardighede verbeter.

  7. Kristian Bezuidenhout says:

    Ouers wat hulle tieners se ontwikkeling belangrik ag, kan gerus “Rekordtyd – 1:49,2” van Johan Volschenk vir hulle kinders aanskaf. Die verhaal handel oor twee seuns wat radikaal verskil, maar dieselfde doel nastreef, saam swaarkry en uiteindelik slaag. Die boek plaas die klem op belangrike waardes wat noodsaadlik is vir tieners se volwassewording en sosiale ontwikkeling. Dit fokus spesifiek op die opbouende rol wat goeie vriendskappe in tieners se lewe kan speel. Die tema van die verhaal is deursettingsvermoë en selfbeheersing en sal bydrae tot tieners se emosionele ontwikkeling.

    “Rekordtyd – 1:49,2” – Johan Volschenk (sluit beste aan by kontroversiële temas)

  8. Timara Wyngaard says:

    Elke individu het ‘n ruimte nodig waarbinne hul hulself kan uitdruk, waar hul kan ontspan en net hulself wees. “Hemelhel“ deur Martinus de Beer vertel die verhaal van ‘n homoseksuele man wat verval in depressie vanweë die feit dat sy familie en kollegas nie sy lewenskeuse aanvaar nie. Die boek maak mens opnuut attent op die belangrikheid van ‘n ondersteuningsnetwerk.

    Alle tieners beleef ten tye van puberteit besonders uitdagende omstandighede – druk om akademies goed te presteer, om maats te wees met die populêre groep in die skool, om te voldoen aan ouer-verwagtinge en om hul eie identiteit te ontdek. Vir sommige tieners raak alles net te veel. Die trefkrag van hierdie boek is opgesluit in die feit dat, ongeag die rede, almal soms alleen voel; ‘n tema waarmee tieners kan identifiseer. Die boek spreek dus verskeie psigologiese en maatskaplike faktore aan wat tieners op ‘n emosionele reis van selfontdekking sal neem.

    • Timara Wyngaard says:

      Alhoewel die boek die innerlike kwessies waarmee die hoofkarakter worstel aanspreek, voel ek dat dit nie genoeg diepte bevat nie. Te veel aandag word gegee aan die daaglikse roetine binne ‘n inrigting wat die leser soms verveel. Die wyse waarop die worstelingproses geskied is wel nuttig aangesien dit leerders ‘n idee bied van hoe om hul eie probleme te ondersoek. Die boek kan dus as vorm van biblioterapie gebruik word. Verder sal daar ook vir leerders ‘n duidelike verband getrek moet word tussen die lewenservaringe van die hoofkarakter en hoe dit aansluit by hul uitdagings as tieners, want op die oppervlak mag sommige leerders voel dat aangesien hulle nie homoseksueel is nie, die storie nie betrekking op hulle het nie. Die onderliggende tema, naamlik die effek en hantering van ‘n moeilike situasie wanneer jy geen uitlaat vir jou emosies het nie, is ‘n universele tema waarop leerders moet let.

  9. Christelle Larke says:

    “Charlie en die Sjokolade Fabriek” – Roald Dahl

    Hierdie is ‘n boek wat elke tiener moet lees. “Charlie en die Sjokolade Fabriek” is ‘n boek wat jou tiener terug sal neem na kind wees, maar terselfdertyd karaktereienskappe soos nederigheid, opregtheid en respek bevorder. Dit is ‘n boek wat maklik leesbaar is. Hierdie boek bied ook vir jou tiener die geleentheid om weg te breek van gebreke en onvolkomendheid van die werklikheid waarin hy leef. Dit kan ook as middel gebruik word waarmee hy homself kan handhaaf en sy eensaamheid en verveling kan verminder.

  10. Josua die Oos-Takaraniese Vegmuis says:

    Ons het al vergeet hoe dit is om tieners te wees. Ons het al vergeet ons wou nie met ons ouers praat oor seks en dwelms nie as ons so gelukkig was om die geleentheid te kry.

    Die sleutel tot `n oop verhouding met jou tieners kan lê in jeugliteratuur met kontroversiële temas. `n Boek soos „Breinbliksem“deur Fanie Viljoen, skep `n platform waarop gesprekke oor dwelmisbruik, depressie, seks en ander onderwerpe gebasseer kan word. Omdat die karakters in hierdie boek baie oordrewe is, is dit vir tieners makliker om daaroor te praat siende dat die realiteitselement ietwat verwyderd is.

  11. Darkangel says:

    “Dis ek, Anna”, handel oor ‘n meisie wat deur haar stiefpa gemolesteer word. Dis n verhaal wat vertel van vernedering, woede en haar identiteit word van haar gesteel terwyl niemand haar noodkreet hoor nie. Die boek is in gemaklike “spreektaal” geskryf en is dus toeganklik vir enige leser veral vir tieners. Eksplisiete woorde kom wel voor in die boek, maar stel dinge soos dit is.
    Baie kinders word in hierdie land van ons gemolesteer en baie het niemand om na hulle te luister nie. Met die lees van hierdie boek sal kinders leer om te sê “nee”. Dis ‘n boek wat mens ruk tot in jou diepste wese en jou oë, en hopelik ook ore sal oopmaak vir wat rondom jou aangaan…of dalk in jou midde. So koop gerus hierdie boek vir u tieners dan kan u ook dalk dit lees.

  12. hanneke says:

    “Jakkalsvoël” deur Kobus Maree.

    Ons tieners word elke dag gekonfronteer deur talle kwessies. Hulle moet kop bo water hou en probeer om sosiaal aan te pas. Deur gebruik te maak van jeugliteratuur, kan tieners gestimuleer word om hulself en hul omgewing beter te verstaan. In hierdie boek, sukkel die hoofkarakter met sy selfbeeld. Hy sukkel om aan te pas en ondervind telkens vorme van verwerping – deur sy pa, die skool, sy meisie en selfs die rugby. Hierdie is alles aspekte waarmee tieners sukkel en kan daarby aanklank vind. Verder dui die verhaal hoe terapie en denke oor jou gevoelens `n effek op jou kan hê, maar ook hoe verkeerde besluite jou hele lewe kan verwoes. Hierdie verhaal spreek baie aspkte van tienerwees aan en kan leerders help met die moeilike besluite wat hul elke dag moet neem. Tienerliteratuur in die klaskamer kan `n baie goeie uitwerking op die leerders hê.

  13. Carmen says:

    Mina Afrika deur Zuretha Roos

    Dit is ‘n goeie boek vir enige kind om te lees, veral as ouers vir hulle kinders wil leer om sosiaal verantwoordelik op te tree. Hierdie boek deel die ervaring van Mina se tiener ervarings en hoe sy as naïewe jong meisie deur die wêreld gaan. Soos die verhaal verloop groei haar karakter en word sy meer bewus van kwessies.

    Die boek help dus kinders om te identifiseer met die hoofkarakter in terme van kwessies soos hoe skoolmaats baie kere lelik met ander is as gevolg van jaloesie. Dit help dus kinders in hulle sosiale lewens ook. Die lees van die boek is ook ontspannend en kinders is nie eers daarvan bewus dat hulle gelyktydig intelektueel gestimuleer word met hierdie kwessies nie.

  14. KênsTillie Moolman says:

    Ons kinders soek iets waarmee hulle kan identifiseer. Jeugliteratuur is van belang vir tieners aangesien dit die psigologiese, maatskaplike en intellektuele funksies (Kruger, 2004) vervul wat noodsaaklik is vir ontwikkeling tot `n volwassene.

    Fransi Phillips se boek, `n Baie lang brief aan Rolf sal `n waardevolle bydrae lewer tot tieners, (veral dogters) se siening oor die lewe, liefde en die harde realiteite daarvan. Hierdie verhaal illustreer op ‘n ‘mooi’ manier aan tieners dat die lewe nie altyd uitdraai soos mens beplan nie.

  15. Jane Eyre says:

    Zuretha Roos se meesterstuk “Die verdwyning van Mina Afrika” is ‘n boek wat elke ouer vir hul kinders moet gee (beide seuns en meisies). Dit speel op die idee dat elke aksie ‘n gevolg het, en hoe sekere gevolge jou lewe onherroeplik kan verander.
    Die boek is skerp met uitdagende temas soos tienerswangerskap, verkragting en liefde oor die kleurgrens, en die soeke of verlies van identiteit. Dit is ʼn boek wat die leser forseer om hulself in die hoofkarakter se skoene te plaas, wat jou oopmaak tot die feit dat die wêreld n donker plek ook is. Lees dit en vra jouself wat jy sou doen as jy Mina was.

  16. Lauri says:

    Hanna Hoekom deur Marita van der Vyver
    Hierdie boek lewer ‘n interessante blik op die ingewikkelde en soms onverstaanbare lewe van ‘n tiener. Die boek spreek hedendaagse probleme soos die volgende aan: egskeiding, aanpassing tot ‘n vreemde en nuwe stief-familie, homoseksualiteit, vriendekringe asook die uitsluiting van portuurgroepe. Hierdie probleme word vanuit ‘n tiener se perspektief aangebied en skep dus insig in hul ervaringswêreld.
    Die tema van buitestander figureer ook sterk in hierdie roman en is Hanna ‘n individuele karakter met ‘n sterk sin vir eie identiteit waarmee tieners verder kan identifiseer.
    Weens die identifikasie met die kernaspekte van die roman asook die humoristiese element wat aan dit verleen is, is hiérdie boek ‘n moet lees vir elke tiener.

    • Liewe Heksie says:

      Ek stem saam. Dit is ook lekker dat daar nou ‘n fliek ook is – leerders reageer dikwels op die visuele. Mens kan ook die boek met die fliek vergelyk. Ek hou ook van die feit dat die boek in die eerste-persoon geskryf is.

      • Jane Eyre says:

        Ek stem met jou, van alle tienerboeke wat ek al gelees het, was Hanna Hoekom beslis een van die bestes. Dit maak ‘n moeilike onderwerp (die soeke na identiteit) soveel makliker vir tieners.

        • Calamity Jane says:

          Hanna Hoekom is beslis die beste tienerboek wat ek al gelees het. Dit sal nie veel verg om leerders geintereseerd te hou in die boek nie, hulle sal dit nie wil neersit na die eerste paar bladsye nie. En soos Jane Eyre noem maak dit moeilike onderwerpe makliker vir tieners. Ek is mal oor die komiese aspekte in die boek

          • Lusanne says:

            Hanna Hoekom is definitief een van gunstelinge. Ek sou die fliek ook aanbeveel sodat leerders die storie op hierdie manier ook kan geniet.

  17. Pieter se pan of DwarsAbel (ek besluit nog) says:

    Kinders soek nou eenmaal leesstof met ‘skop’: gewoonlik ook met ‘n tikkie ‘skiet’ en ‘n tikkie ‘donder’, of ‘n boek met ‘n romantiese ‘geurtjie’. Daar is ook dikwels onder die jeug ‘n aanvraag vir leesstof wat iets vir die verbeelding oorlaat. Meng dan hierdie resep met ‘n knypie misterie en siedaar: jou kind is vir ‘n dag uit jou hare!

    Etienne van Heerden se Toorberg voldoen aan ieder en elk van die bogenoemde behoeftes rakende jeugliteratuur. Dié boek bied ook verskeie keuses aan kinders deurdat daar teenstrydige perspektiewe deur diverse karakters weergegee word. Toorberg help gevolglik “die jong kind […] om te sosialiseer, want hy maak keuses sonder die invloed van sy portuurgroep” (Kruger, 2004).

  18. Liezl Fouche says:

    “Charlie en die Sjokoladefabriek” deur Roald Dahl
    Roald Dahl het geen bekendstelling nodig nie. Hy word beskou as een van die grootste kinderboekskrywers van alle tye. Die verhaal handel oor die avonture van die jong Charlie Bucket binne die misterieuse sjokoladefabriek van die eksentrieke sjokolade – en lekkergoedmaker, meneer Willy Wonka. Hierdie verhaal is al beskou as die mees geliefde kinderverhaal van die 20ste eeu. Kobus Geldenhuys se voortreflike vertaling, gryp die verbeelding aan, en voer jou weg op wye fantasievlugte…oor sjokoladeriviere, vanieljeroom, eetbare malvalekkerkussings en tower-handfudge. Hierdie kinderverhaal is voorwaar aan te beveel.

    • Dawie se kabouter ;) says:

      Hierdie verhaal leer aan jeug ‘n ongelooflike hoeveelheid waardes en lewenslesse. Die goedheid van die mens word op die voorgrond gestel en dit wys vir kinders dat mense wat met goeie waardes en optredes teenoor ander lewe, daarvoor beloon word. Op dieselfde tyd word ‘n fantasie wereld aan kinders oopgesluit wat hul kreatiwiteit en verbeelding laat ontwikkel.

  19. Marli says:

    “Vlerkdans” deur Barrie Hough

    Vigs, diskriminasie en die aanvaarding van die self is slegs ‘n paar temas wat voorkom in hierdie boek. Tieners sal hierdie boek geniet omdat die hoofkarakter uitstaan en sy eie reels volg, maar tog ‘n noue band met sy familie en vriende het. Dit is vir tieners belangrik om te voel dat hulle ook rebels is, maar tog is daar immers ‘n hunkering na ‘n noue verhouding met hul ouers. Tog is die kontroversiële temas in die boek ook skokkend en maak dit duidelik die gevolge van onbesonne dade. As ‘n ouer is dit belangrik om u kind attent te maak op die gevolge. Die boek wys nie net die gevolge nie, maar ook ‘n goeie manier waarop dit hanteer kan word. Die boek is ook ‘n goeie aanknopingspunt vir ‘n gesprek tussen ouer en kind. ‘n Moet lees boek.

  20. Liewe Heksie says:

    As ouer is dit belangrik om jou kind aan die lees te kry sodat hy/sy die nodige taalvaardighede kan ontwikkel en algemene kennis kan uitbrei. Op hierdie manier kan skoolprestasie ook ‘n hupstoot kry.

    Dit is geen maklike taak om tieners aan die lees te kry nie, maar boeke waarmee hulle kan identifiseer kan met die proses help. Reeksboeke is ‘n goeie opsie, aangesien die karakters al meer bekend word – met die uiteindelike gevolg dat jou tiener die volgende boek in die reeks sal wil lees. Ek beveel Reënboogrant vir meisies aan – dit handel oor twee susters wat baie verskillend is, maar elk hulle unieke probleme het. Die Malan-huisgesin is stereotiep die moderne gesin wat deur algemene probleme gaan – ouma wat nie na ‘n tehuis wil gaan nie, irriterende maar lieftallige kleinsus, ouers wat lang ure moet werk ensovoorts. Jou tiener sal ook meer leer oor gewigskwessies, die gevare van populariteit en selfs tienerswangerskappe afhangende van die betrokke boek van die reeks.

    Daar is egter ook ander opsies soos Maasdorp, speurverhale en Harry Potter beskikbaar. Laasgenoemde is veral gefokus op fantasie. Met al die opsies sal jy wel jou tiener aan die lees kan kry.

  21. louiseb says:

    Ekologie – Ditsem, Dawid! deur Hans Du Plessis.

    Ek stem saam met Hannelie oor die tiener se behoefte tot begrip van homself en die samelewing in ‘n stadium van sy lewe waar alles baie onseker is. Die rede waarom soveel boeke aangemoedig word omdat u tiener homself daarmee kan identifiseer, is omdat wanneer dit gebeur kan hy ‘n ander perspektief kry op ‘wie hy is.’ Deur met ‘n hoofkarakter in ‘n boeke te vereenselwig voel hulle dikwels nie so alleen nie.

    Nog ‘n boek met ‘n hoofkarakter waarmee u seun sal kan identifiseer en meer van homself en sy rol in die samelewing sal kan leer, is Ditsem Dawid! deur Hans du Plessis. Dit handel oor ‘n seun wat voor dieselfde vraag as u seun te staan kom: Wie is ek en hoe skakel ek in by hierdie wereld waarin ek leef?

    U kan die boek by die volgende internetskakel aanskaf:
    http://www.kalahari.net/books/Ditsem-Dawid-Gr-8-11/632/6816.aspx

  22. mangO*** says:

    Droomwa deur Barry Hough speel af in die laat-sestigerjare en vertel die storie van Paul van Zyl. Vir Paul is sy standerdvyfjaar ’n baie moeilike jaar. Dis in hierdie jaar dat hy skielik sy pa verloor en moes aanpas by ’n nuwe omgewing. Paul herleef telkemale sy gunsteling herinneringe van sy pa en sukkel om sy dood te verwerk. In hierdie jeugverhaal moet Paul vrede maak met wat gebeur het en leer om verantwoordelik te wees.
    Na soveel jare is hierdie boek steeds relevant. Tieners sal veral vir Droomwa geniet omdat hulle met die emosies en geestestoestand van die hoofkarakter kan identifisieer. Hierdie verhaal sal tieners boei en moedig hulle sodoende aan om te lees.
    Gaan na http://www.kalahari.net/ om “Droomwa” te koop.

  23. mangO*** says:

    “Droomwa” deur Barry Hough speel af in die laat-sestigerjare en vertel die storie van Paul van Zyl. Vir Paul is sy standerdvyfjaar ’n baie moeilike jaar. Dis in hierdie jaar dat hy skielik sy pa verloor en moes aanpas by ’n nuwe omgewing. Paul herleef telkemale sy gunsteling herinneringe van sy pa en sukkel om sy dood te verwerk. In hierdie jeugverhaal moet Paul vrede maak met wat gebeur het en leer om verantwoordelik te wees.
    Na soveel jare is hierdie boek steeds relevant. Tieners sal veral vir Droomwa geniet omdat hulle met die emosies en geestestoestand van die hoofkarakter kan identifisieer. Hierdie verhaal sal tieners boei en moedig hulle sodoende aan om te lees.
    Gaan na http://www.kalahari.net/ om “Droomwa” te koop.

  24. Ilze says:

    Flipom deur Francois Bloemhof is ‘n baie interessante jeugteks wat die leser die geleentheid gee om twee stories te lees wat die aksie belaaide lewe van die jeug karakters Anina en Arno uitbeeld. In hulle togte word hulle met bo-natuurlike kragte, mal wetenskaplikes en ‘n gevaarlike „spinnekop-ding“ gekonfronteer. Hierdie boek het ‘n sterk visuele aanleg, behalwe vir die paar illustrasies, word daar beelde in die kind se verbeelding geskep soos wat hulle deel in die karakters se ervaring. Dit lei tot die kans om die kind se kreatiwiteit en self-ontdekking te ontwikkel. So doen jou kinders ‘n guns en moedig hulle aan om te lees.

  25. Juffrou Norval says:

    Moenie bekommerd wees indien u al die volgende gehoor het nie: “Julle is nie regverdig nie” en “Hoekom kan ek nie maar ’n ander lewe hê nie”. Een kenmerkende eienskappe van die adolessent is dat hulle gedurig met die self besig is. As dit wel is hoe u soms u tiener beleef, kry gerus die treffer “Lien se lang staan skoen”, deur Derick van der Walt.

    Hierdie verhaal vertel die storie van ’n tiener meisie, Lien, wie se gesin skielik in armoede verval en so word sy tot die uiterstes gedryf om brood op die tafel te sit. Dit is hartroerend en realisties en sal aan u kind vergoeding bied vir die gebreke en onvolkomenheid wat hy/sy beleef. Jou tiener mag dalk in die vervolg twee keer dink voor ’n ander lewe oorweeg word.

  26. Dawie se kabouter ;) says:

    “Droomwa” – deur Barry Hough

    Jeugliteratuur word grotendeels op kinders gemik wat in die adolessente fase van hul lewe is. Soos elke ouer hopelik kan onthou, is hierdie fase van enige tiener se lewe ‘n baie deurmekaar tyd. Harry Hough se “Droomwa”, wat afspeel gedurende die laat sestigerjare, beeld die onskuld en tog uitdagende tyd van ‘n tiener uit. Hierdie boek bied ‘n karakter waarmee tieners kan assosieer en so ook insig tot hulself en die situasies waarmee hul daagliks gekonfronteer word. Hierdie boek is ook ‘n goeie ontspanningsgeleentheid waarin die leser nie eens sal agter kom dat persoonlike ontwikkel plaasvind nie. Tieners word ook deur behulp van hierdie boek geleer om te sosialiseer en natuurlik dra lees by tot enige leser se kognitiewe ontwikkeling. “Droomwa” leer vir tieners hoe om ‘n variasie van situasie te hanteer, hoe om vrede te maak met dinge wat buite hul beheer is en ook hoe om verantwoordelikheid te aanvaar. Terselfde tyd is hierdie verhaal baie interessant en sal lesers aanmoedig om meer te wil lees en dus ‘n liefde vir lees skep.

  27. diebmann says:

    Geagte ouers/voogde

    Van die skool se kant af wil ons u verseker dat ons ten alle tye u kind se belange op die hart dra. Dus moet u nie bekommer oor die verpligte leesboeke wat u kinders vir Afrikaans lees nie. Die skool se vakspan neem ten alle tye die hierdie worstellende kwessie (bv. morele waardes, lewenslesse, ens.) in ag.

    Die voorgeskrewe boek Breek (deur Barrie Hough en Lizz Meiring) bied die lesers (d.w.s. die leerders) ’n goedgeskrewe verhaal, met intriges, drama, liefde en avontuur. Die storielyn en karakterontwikkeling is vars en spreek tot die hedendaagse jongmens – sonder om geforseerde of uitloklike sake in die leerder se keel af te dwing.

    Indien u verdere inligting verlang, lees gerus die onderhoud met Barrie Hough van “Storiewerf” http://www.storiewerf.co.za/onderhoude/oh_barriehough.htm

  28. blommekind says:

    Al ooit gewonder hoe sommige kinders dit regkry om vir ure aaneen te konsentreer? Boekereekse is die beste manier om kinders se konsentrasie te oefen omdat dit kinders vir ure geboei hou. Daarmee saam oefen dit sy/haar taalvermoë en verbeelding. As hierdie boek nog afspeel in `n skool waar jou kind met die hoofkarakter se onsekerheid kan identifiseer en baie kan leer uit die mentorfigure wat die hoofkarakter deur sy lewe moet stuur, soveel te beter. Kyk dus gerus na Harry Potter van J.K. Rowling, self `n ma en onderwyser, en sien hoe jou kind saam met die hoofkarakter groei.

  29. Calamity Jane says:

    Die Ongelooflike avonture van Hanna Hoekom
    Die boek is ‘n baie goeie keuse om leerders geintereseerd te kry in lees. Kwessies waarmee tieners gereeld sukkel in die deurmekaar samelewing van ons, word in hierdie boek behandel en dit op hul vlak van verstaan. Dit maak tieners bewus van die samelewing asook van hul eie worstelinge en bied terselfdertyd intellektuele stimulasie.

  30. Natasha says:

    Ek is tans besig om aan die leerders “Hospitaal tyd” ’n trefferboek in die genre “grillers”, geskryf deur Francios Bloemhoef, voor te lees.
    Die psigologiese funksies van hierdie boek is dat u kind insig verwerf is sy/haar gevoels- en ervaringswêreld gebaseer op kinders se natuurlike vrese en voorts word hul gelei om hul vrese te konfronteer.

    Die maatskaplike funkies behels dat u kind uitgedaag word om sosiale besluite op sy/haar eie te maak, net soos Rudi in die griller-verhaal, wanneer die kinders wat deur motors omgery word skielik anders optree wanneer hul uit die hospitaal kom.

    Die Intellektuele funksies van hierdie verhaal dra veral by tot u kind se taalverwerwing en kognitiewe ontwikkeling,omdat dit terselfde tyd uitdagende woordeskat sowel as woorde uit u kind se verwysingsraamwerk bevat.

  31. AlexAnder says:

    Die jeugboeke wat kinders lees speel ‘n groot rol ten opsigte van hul volwassewording daarom is dit verstaanbaar dat ouers al hoe meer betrokke raak by die keuse van voorgeskrewe jeugboeke in ons skole. Dis positief om te sien hoe besorg ouers is en daarom kan U gerus wees dat “Fila se Kind” deur Dalena Mathee een van die leerders se voorskrewe boeke is.

    Hierdie boek is uitstekend geskryf en kan uit en uit net vir genot gelees word, maar dit beskik ook oor belangrike lewenslesse. Die boek het nie net ‘n intellektuele funksie wat die leerders se woordeskat verbreed nie, maar dit het ook ‘n psigologiese funksie waar leerders saam met Benjamin (die hoofkarakter) deur ‘n identifikasieproses gaan sowel as ‘n maatskaplike funksie wat ‘n mens leer om sensitief te wees vir die sogenaamde “Ander”.

  32. Mel says:

    In die debuut album “Diekie van die Bo-Kaap” deur Zulfah Otto-Sallies, vind daar ‘n kultuur oordrag van die mense van die Bo-Kaap plaas. Hul aksent/ dialek, leefwyse en tydverdryf, veral die van die jong klomp, word uitgebeeld aan die leser met al sy kleure en geure – letterlik. Die leser kan ook die probleme wat die jong garde van vandag ervaar vergelyk met die van die roman (seks voordie huwelik, dwelms, drank, groepsdruk, druk van ouers ens.) en meer van hierdie probleme se oorsake en gevolge lees. Dit is waarlik ‘n inspirerende roman wat jou traanvliese prikkel en jou lagsnare trek. Hou dus ‘n boks sneusies byderhand.

  33. Romantikus says:

    Ieder en elk van ons wil hê dat ons dogters jonk en onskuldig moet bly. Ons wil nie hê dat ons dogters in ouer mans se lokvalle beland nie en ok nie dat ons seuns dalk eendag een van daardie ‘glibberige’ mans raak nie.

    Dit is van kardinale belang dat ons, ons kinders so moet opvoed dat hulle bewus is van die “big bad world” daar buite. “Dis ek Anna” deur Elbie Lotter, is een van die beste boeke wat ek kan voorstel wat jou dogter moet lees tydens haar tienerjare. Dit is een van die belangrikste en gevaarlikste ontwikkelingsfases in ‘n meisie se lewe en daar is baie wat verkeerd kan loop met die neem van verkeerde besluite. Met die lees van hierdie boek sal sy bewus raak van wat kán gebeur en dalk vooraf besluit wat sy sal doen ingeval sy besluite moet maak indien sy in ‘n soortgelyke situasie beland.

  34. Lusanne says:

    Beste Ouer/Voog
    Ons kinders is vandag nie meer ongekunsteld nie. Ons kinders raak/is wêrelds alles te danke aan die blootstelling hetsy deur die televisie, kontroversiële boeke, musiek en die media. Hulle moet deur korrekte inligtig en nie Dit is belangrik dat kinders blootgestel word aan die korrekte inligting oor belangrikke aspekte van die lewe en nie deur wanvoorstelling van eksterne invloede, beleef nie. Ek glo dat Barrie Hough se Skilpoppe ‘n uitstekende bron van “inligting” is, omdat hierdie boek ‘n wye spektrum kontroversiële onderwerpe aanraak. ‘n Opsomming van die boek sal volg:

    Skilpoppe is ‘n roerende en insuggewende novelle oor die lewe van ‘n Suid-Afrikaanse gesin. Ons kyk deur die oë van ‘n 17-jarige meisie wat worstel met kulturele en seksuele toleransie, die kommunikasiegaping tussen twee generasies; geweld en misdaad; selfmoord en die hantering van ‘n geliefde se dood; kreatiwiteit en die belangrikheid van uitdrukking, asook dwelms. In die middel van die verhaal staan ‘n werklik beminlike heldin, ‘n bloedwarm standerd agt-kind met ‘n aptyt vir die lewe en ‘n absolute hartstog vir die verwesenliking van die uitnemendheid in haarself. En sy kry dit reg ook, in ‘n goed genuanseerde en dig vervlegte verhaal wat sonder twyfel hope te sê sal hê vir ‘n klomp jongmense in klompe voorstedelike huise in ons land.

  35. Elana says:

    André le Toit(Koos Kombuis) se “Raka die Roman” bied aan leerders ‘n ontsnap na ‘n bekende ruimte. Die ruimte van die Afrikaanse gesin. Sonder om moedswillig te wees, bied hierdie boek ‘n satiriese, maar ook insiggewende kyk na die alledaagse doen en late van die alledaagse gesin.

    Die roman spreek kwessies aan soos depressie, hartbreuk, die verbrokeling van die goeie huisgesin en nog vele meer aan, wat vir baie leerders ‘n vereikende invloed kan bied. Die roman is opsommend van baie eietydse kwessies en iedere en elk kan hom/haarself daarmee verryk. In die hedendaagse lewe waarin jong volwassenes hulself vind kan daar baie geleer word uit hierdie roman. Laat u kinders toe om hierdie humoristiese ervaring te geniet.

  36. Vickey says:

    “Swartskaap” deur Odette Schoeman
    Swartskaap is ʼn grootwordroman wat vele kontroversiële temas bevat. Dit is ʼn ware lewensverhaal van Cluadie Thomson. Sy vertel die verhaal uit ʼn volwasse oogpunt en fokus op die tydperk tussen haar derde verjaarsdag tot die einde van haar matriek jaar. Cluadie kom uit ʼn baie disfunksionele huishouding en vertel die soms skokkende gebeure in haar lewe en hoe sy tog bo hierdie omstandighede uitgestuig het en tog ʼn sukses van haar lewe gemaak het.
    Deur hierdie boek te lees sal tieners besef dat ten spyte van hoe moeilik hul lewensomstandighede is, dat daar tog ʼn manier is om die probleme in jou lewe te oorkom en dat jy nie die enigste persoon is met stuikelblokke in jou pad nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published.