Stereotipes

Stereotipering gaan gewoonlik gepaard met veralgemenings, oorvereenvoudigings en vooroordeel, dit is meestal sterk emosioneel van aard. Wanneer ‘n mens geneig is om te stereotipeer, sif jy op irrasionele wyse alle inligting om dit in ooreenstemming te bring met die stereotipes wat deel van jou denkraamwerk is. Ons is almal vatbaar vir stereotipering, want dit is deel van die manier waarop ons die werklikheid leer verstaan en hanteer.

Tieners is blootgestel aan inter- en intrakulturele konfrontasie wat dikwels op etnosentrisme en vooroordeel berus – dit kan manifesteer in stereotipering, wat op politiese en/of genderverskille berus. Die studie van literêre stereotipes kan bydra tot onderwysers en leerders se bewussyn van basiese waardes, oortuigings vanuit verskeie perspektiewe. Die leser se kognitiewe, verbeeldings- en affektiewe vermoëns kan uitgedaag, verwerk en opgelos word deur die kennismaking met onbekende, selfs irriterende verskynsels in jeugletterkundige tekste.

Voorbeelde van Afrikaanse jeugletterkunde waarin stereotipering as deel van die konflik en intrige literêr vergestalt word, is die volgende:

1 Response to Stereotipes

  1. Darkangel says:

    Dit is belangrik om selektief te werk te gaan as ons boeke vir leerders kies. Dit kan ʼn groot invloed op hulle lewens hê en sommige se denkwyses oor bepaalde aspekte dalk verander.
    “Fiela se Kind” deur Dalene Matthee is myns insiens ʼn boek wat wat voorgeskryf moet word vir die leerders. Dit val binne die genre van stereotipes. Dit handel oor ʼn kleurling vrou se liefde vir haar wit optelkind. Hulle gesin word uitmekaar geskeur wanneer Benjamin weggevat word deur ʼn magistraat as gevolg die politieke situsie van die dag.
    Leerders sal dan kennis maak met die stereotipes wat hulle self oor ander het. Hierdie boek is ʼn poging om dit verander. Die boek was ook ʼn film en dit kan dan in die klas gewys word wanneer die leerder eers die boek gelees het.

Leave a Reply

Your email address will not be published.