Ten slotte

Hierdie lees- en aanlynjoernaal is saamgestel en ontwerp deur Estelle Kruger in 2010. Spesiale waardering word gegee aan al die onwetende medewerkers – oudstudente wat gekies het om Afrikaans as onderrigvak te studeer aan die Universiteit van Stellenbosch en gesorg het vir die lusmakers. Dankie ook vir Lucille Müller wat die grafika ontwerp het.

Met dank word verder spesiale erkenning gegee aan die insiggewende bronne wat gebruik is vir die samestelling van hierdie aanlynjoernaal. Sommige kundiges se name en publikasies is reeds met hiperskakels ingesluit, en die volgende bron is baie bruikbaar:

Wybenga, G. & Snyman, M. 2005. Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom. ‘n Gids tot die Afrikaanse kinder- en jeugboek. Pretoria: LAPA Uitgewers.